Dit is nie maklik om in vandag se wêreld ʼn jongmens te wees nie. Net soos volwassenes, het jongmense ook daagliks te doen met al hoe meer gekompliseerde besluite en toenemende druk. Dit is tragies, maar baie jongmense voel onbevoeg om alles te hanteer; hulle voel niemand gee genoeg om of niemand is daartoe in staat om hulle te help nie. Gevolglik word hulle desperaat genoeg om hulle eie lewe te neem. In die insiggewende artikel bespreek pastoor Jack Martin die verskillende fases van die proses wat uiteindelik in selfdood eindig.
̶ deur Jack Martin
Lees die volledige artikel in die April 2017-uitgawe van JUIG!
Category: April 2017 Issue
Is Sy goedheid Ook Vir My Beskore?
Wonder jy dalk waarom jy nie God se guns geniet nie? Val jou lewe dalk uitmekaar? Is jy desperaat vir uitkoms? Of gaan dit redelik goed met jou, maar jy wonder waarom jy net nie daardie deurbraak kry waarop jy al so lank hoop nie? Wat glo en bely jy aangaande jou lewe en jou posisie met betrekking tot ons Here? Die betekenis van guns kan in vier kort woordjies vervat word: God is vir jou! Tog leer die meeste gelowiges nooit wat God se guns inhou nie en funksioneer daarom ook nie in Sy guns nie. Lees hierdie artikel om insig te kry in God se guns en hoe dit op jou van toepassing is.
̶ deur Elza Meyer
Lees die volledige artikel in die April 2017-uitgawe van JUIG!
Is Iemand Vir Ewig Gered Sodra Hulle Tot Bekering Kom?
Wanneer iemand Jesus as hulle Verlosser leer ken, betree hulle ‘n verhouding met God wat hulle verlossing vir ewig waarborg. Verskeie Skrifgedeeltes bevestig hierdie feit. Die Bybel bevat egter ook ‘n paar ernstige vermanings teen afvalligheid. Waarom sou die Bybel so ernstig daarteen waarsku? As ons per slot van rekening nie ons verlossing kan verloor nie, hoekom word ons dan gewaarsku om nie van die Here afvallig te word nie? Die artikel behandel hierdie vrae; bespreek die begrip ‘afvalligheid’ asook wat dit beteken om ʼn Christen te wees. Die vraag of daar so iets soos ‘n eks-Christen is, word aan die hand van 1 Johannes 2:19 bespreek.
Lees die volledige artikel in die April 2017-uitgawe van JUIG!
Hy lewe! Christus Se Opstanding
“En as Christus nie opgewek is nie, dan is ons prediking vergeefs, en vergeefs ook julle geloof…en as Christus nie opgewek is nie, dan is julle geloof nutteloos, dan is julle nog in julle sondes…” (I Kor 15:14-17). ̶ Die Apostel Paulus. Die waarheid van die opstanding is die lewensaar van elke ander Evangeliewaarheid. Dit is die spil waarom alles van Christenskap draai en waarsonder nie een van die ander waarhede veel sou saak maak nie. Dit is die een leerstelling wat Christenskap bo alle ander wêreldgodsdienste verhef. Sonder die opstanding sou Christenskap blote godsdienstige spekulasie en menslike filosofie wees. Sy opstanding is die rede waarom duisende na die Evangelie van Christus aangetrek word â�’ dit is die hoeksteen waarop die vroeë Kerk gebou is. Lees in hierdie artikel oor die belang van die opstanding.
̶ deur Nico Bougas
Lees die volledige artikel in die April 2017-uitgawe van JUIG!