Onderstebo wêreld

Pous Francis het oor die jare heen sekerlik baie omstrede dinge kwytgeraak, maar wat hy onlangs vir ’n groep Christelike hoërskoolleerlinge gesê het, is verreweg die mees omstrede. Hy het vir ’n groep Christelike hoërskoolleerlinge gesê hulle moet nooit probeer om ander tot die Christendom te bekeer nie. 

Aan die ander kant verkondig een van die berugste kletsrymers in die wêreld, Kanye West, nou die Evangelie met trots en probeer hy soveel mense moontlik met die boodskap van die Kruis bereik. 

Koop gerus JUIG! Tydskrif se April-uitgawe wat nou op die rakke is en vind meer uit oor hierdie onderstebo wêreld waarin ons ons tans bevind. 


Sprinkaanplaag van bybelse omvang

Biljoene der biljoene sprinkane vreet op die oomblik alles in sig in Oos-Afrika en elke dag word nog meer plase totaal vernietig. 

Ongelukkig is dit wat tot dusver gesien is, maar net die puntjie van die ysberg. As uiterste maatreëls nie onmiddellik ingestel word nie, kan hierdie sprinkaanplaag binne ’n paar maande letterlik “500 keer” vererger, beweer die owerhede. 

Koop gerus JUIG! Tydskrif se April-uitgawe wat nou op die rakke is en vind meer uit oor hierdie plaag van Bybelse omvang wat reeds na die Midde-Ooste en China uitgebrei het. 


Hermanus Passiespel

Vergeet van Oberammergau, kom kyk na ons eie Passiespel in Afrikaans! 

 Die Hermanus Passiespel word vanjaar vir die 24ste keer aangebied en is uniek omdat die akteurs die toneelstuk in die maanlig op ’n buitelugverhoog van nagenoeg 230 m op die rotse van die Ou Hawe opvoer. 

Koos en Lisma Kotze het 25 jaar gelede besluit om met ’n “Passiespele” in hulle kusdorp te begin. Lisma, het aanvanklik die wind van voor gekry, maar sy het haar egter nie van stryk laat bring nie en sedertdien is die Passiespel ’n jaarlikse hoogtepunt op Hermanus se kulturele kalender. 

Koop gerus JUIG! Tydskrif se April-uitgawe wat nou op die rakke is en vind meer uit oor hierdie Afrikaanse Passiespel op eie bodem.  


Hoe om jou kind te leer bid

As ’n ouer moet jy jou kinders op ’n geestelike reis begelei en hulle verhouding met God versterk. Om kinders te leer bid, kan moeilik wees omdat hulle nog besig is om hulle idees oor God te vorm. Gelukkig kan jy hulle wys hoe om vir hulleself en ander te bid deur ’n rolmodel te wees. Dit is maklik om jou kind te leer bid as dit deel van hulle daaglikse roetine is. 

Koop gerus JUIG! Tydskrif se April-uitgawe wat nou op die rakke is en leer in hierdie artikel hoe om jou kinders met behulp van prettige aktiwiteite en speletjies te leer bid.