Pouvere weerlê die evolusieteorie

Het jy geweet dat die pouhennetjie eintlik aangelok word deur die beweging van ’n poumannetjie se stertvere wat geskud word? Wanneer die pou sy stert vibreer, lyk dit asof daardie “oë” die hen kan hipnotiseer. Wat met die oë gebeur wanneer die stert vibreer, is indrukwekkend. Die geheim lê in die vere se weerhakies.

Lees in hierdie artikel hoe die logiese gevolgtrekking van “intelligente ontwerp” en die einste waaierstert die evolusieteorie weerlê.

Skaf gerus vir jou die nuutste JUIG! Tydskrif aan wat tans op die rakke is, om meer uit te vind oor die interessante artikel.


Is die feite histories korrek?

Vanaf die vroegste apostoliese tyd staan die werklikheid van die leë graf – die Bybelse waarheid dat Jesus van Nasaret se dissipels Sy graf leeg aangetref het – sentraal tot die Christelike boodskap.

Al vier die evangelies beskryf die omstandighede rakende die ontdekking van die leë graf, maar is daar werklik ’n goeie rede om te dink dat hierdie bewerings wel histories akkuraat is? Kan ’n objektiewe ondersoeker tot die gevolgtrekking kom dat Jesus se graf na alle waarskynlikheid op daardie eerste Paasoggend inderdaad leeg aangetref is? 

Skaf gerus vir jou die nuutste JUIG! Tydskrif aan wat tans op die rakke is, om meer uit te vind oor die antwoorde op hierdie vrae.


’n Ware verhaal van ’n ma se geheime hartseer wat in blydskap verander is

Ons het onlangs ’n boekbekendstelling bygewoon en was so aangeraak deur die verhaal van Olga wat in 1952 haar tweelingdogtertjies moes laat aanneem. Dit is ’n verhaal van genade en versoening soos vertel deur Diane Knott, een van Olga se ander dogters.

“My naam is Diane en ek is die tweede oudste dogter in ’n gesin van vyf. Ons het in ’n middelklasgesin grootgeword, getrou, ons eie kinders gehad en is betrokke by ons plaaslike kerke. ’n Doodgewone familie … of so het ek gedink.

Op ’n Sondag in 1995 het my ouers vir ’n kuiertjie ingeloer. Ná ons gegroet het, het Mamma ’n verskoning uitgedink om alleen met my te praat. Toe ons op die bed sit, vroetel sy in haar handsak en haal twee briewe uit. Met ’n bewerige stem fluister sy: “Ek het tweelingdogtertjies gehad voordat ek met jou pa getroud is. Ek het hulle laat aanneem en nou het hulle my opgespoor en vir my geskryf.” Sy het swart-en-wit-foto’s van twee pragtige babadogtertjies in my skoot laat val …

Lees gerus meer oor hierdie familie se reis in die nuutste JUIG! Tydskrif wat tans op die rakke is!


Dit het alles met gebed begin

Verlede jaar is die land geruk deur die gebeure in Senekal ná die moord op die jong boer, Brendin Horner. Haat en rassisme is aangeblaas en almal het asem opgehou en gehoop dat die kruitvat nie ontplof en daar ’n burgeroorlog uitbreek nie.

“Civil war will not start in Senekal,” het pastoor John Mathuhle egter verklaar en toe ’n gebedsbyeenkoms op die dorp gereël. Die beeld van mense van alle rasse wat saam bid, het ’n vlam van hoop laat opflikker en salf aan oop, seer wonde gesmeer. Die voorspelde bloedbad is afgeweer en nou, ses maande later, lyk dinge inderdaad geestelik en fisies heelwat anders. Die mense van die dorp het hande gevat en die Senekal Matwabeng Community Forum (SMCF) gestig om die dorp te herbou. 

Lees hierdie artikel in die nuutste JUIG! Tydskrif wat tans op die rakke is, om meer uit te vind oor die verandering wat besig is om plaas te vind.