Passie vir Jesus, passie vir mense

Henry en Justine Pike is die medeleiers van Die Bron-kerk in Bellville saam met Gary en Rhona Kieswetter – Justine se ouers. In hierdie artikel gesels die twee oor verlies, ontnugtering, suiwering en ’n opgewondenheid oor ’n nuwe geestelike seisoen.

In teenstelling met Justine, wat in ’n Geesvervulde huis groot- geword het met ouers wat in die geloof gelewe het, het Henry op hoërskool reeds ’n drankprobleem gehad en met dwelms begin eksperimenteer. “Ek was ’n humeurige ou,” grinnik hy en wys na ’n litteken oor sy oog. “Ek is nie so gebore nie! Ek was ’n kroegvlieg en het hard baklei; sommer kop eerste in gevegte ingeduik.” Dit is so moeilik om dit te glo, want hy loop oor van Jesus se liefde.

Skaf gerus vir jou die nuutste JUIG! Tydskrif aan wat tans op die rakke is om meer oor hierdie artikel te lees. Ware mense, ware lewe, ware Christenskap!


Kon vuurspuwende drake regtig bestaan het?

Kon God dinosourusse of vuurspuwende drake geskape het? Kon hierdie diere terselfdertyd as die mens bestaan ​​het? Kon hierdie wesens die basis gevorm het vir die verhale van mense wat teen drake veg? 

God sê in Job 41:6, 8-12: “Op sy rug lê die skubbe in rye vas aan mekaar gesluit … die een is vas aan die ander, hulle kleef aan mekaar en kan nie geskei word nie. As hy nies, spat die vonke, sy oë is so rooi soos die daeraad. Daar kom vuur uit sy bek, die vonke waai deur die lug. Daar trek rook uit sy neusgate, soos uit ’n kokende pot op ’n vuur. Sy asem steek vure aan, daar skiet vlamme uit sy bek.” 

Lees gerus hierdie artikel in die nuutste JUIG! Tydskrif wat tans op die rakke is en ontdek die antwoorde in God se Woord. Ware mense, ware lewe, ware Christenskap!


As jy ’n ouer of grootouer is, neem jou rol ernstig op

’n Gewone gesin se buitengewone verhaal het my aan die hart geruk. Ek praat van Amram en Jogebed, hul kinders en die besonderse rol wat hulle in die verlossing van Israel uit slawerny gespeel het.

As jy ’n ouer of grootouer is, neem jou rol ook ernstig op. Jy maak priesters, profete en konings groot wat God se wil en plan vir hulle leeftyd gaan uitvoer! Mag jy ook soos Amram en Jogebed
Godsleiers grootmaak wat nasies in God se beloftes inlei!

Skaf gerus vir jou die nuutste JUIG! Tydskrif aan wat tans op die rakke is, om meer oor hierdie artikel te lees. Ware mense, ware lewe, ware Christenskap!


Die behoefte om liefgehê te word

Daar is iets in ons wat na die innigheid van God verlang. Die rede hoekom dit deur die bank vir alle mense waar is, is omdat God ons so geskape het. Ons het almal ’n behoefte om liefgehê te word en om lief te hê. 

Dit is ’n inherente behoefte en begeerte, selfs by mense wat deurgeloop het onder die sonde van hierdie wêreld en so in hulle siele en psige verwronge is dat hulle klipharte het. Baie diep onder daardie harde kors is daar iets wat op liefde reageer. Hoe kom ons by daardie innige verhouding met God uit?

Skaf gerus vir jou die nuutste JUIG! Tydskrif aan wat tans op die rakke is, om uit te vind wat die antwoorde op hierdie vraag is. Ware mense, ware lewe, ware Christenskap!