Was Jesus Bang?

Johannes gee vir ons ’n uitstekende verslag van Christus se laaste paar uur van bediening. Hy begin met: “… Jesus het reeds geweet dat die tyd vir Hom gekom het om van hierdie wêreld af na die Vader oor te gaan” (Joh 13:1). Johannes gee dan vir ons 155 Bybelverse vol waarheid wat noodsaaklik is vir ons geloof. Tog weerspieël nie ’n enkele vers vrees, selfbejammering of die geringste soeke na simpatie nie.

Jesus het geweet dat sy roete deur Jerusalem, Getsemane en die ampswoning van die Romeinse goewerneur na Golgota sou lei – en Hy was vasberade om daardie pad met positiewe waardigheid te stap.

Skaf gerus vir jou die nuutste JUIG! Tydskrif aan wat tans op die rakke is, om meer oor hierdie artikel te lees. Ware mense, ware lewe, ware Christenskap!


Goeie riglyne vir aanlyn dating

Aanlyn dating is een van daardie onderwerpe waaroor Christene dikwels verskil. Die een groep glo dit is ’n gebrek aan geloof om aanlyn na liefde te gaan soek. Die ander groep kap terug dat aanlyn dating bloot ’n instrument is wat deur God gebruik kan word. Die argumente aan beide kante dra gewig. Soos baie ander dinge is aanlyn dating nie inherent goed of sleg nie.

Wat as ’n enkellopende man of vrou by ’n Christen-dating-webtuiste aansluit en iemand ontmoet? Wat is die volgende stap?

Skaf gerus vir jou die nuutste JUIG! Tydskrif aan wat tans op die rakke is, om meer oor hierdie artikel te lees. Ware mense, ware lewe, ware Christenskap!


Kunsmatige intelligensie en die ‘beeld van die dier’

Op 30 November 2022 is die beste kunsmatige intelligensie- (KI-)kletsbot ooit deur OpenAI, ’n KI-navorsings-en-verspreidingsmaatskappy bekendgestel. Die kletsbot, genaamd ChatGPT (GPT staan vir “Generative Pretrained Transformer”), het binne die eerste vyf dae meer as 1 miljoen gebruikers gewerf en het sedertdien toegeneem in gewildheid vir sy vermoë om komplekse vrae te beantwoord en gedetailleerde, mensagtige inhoud te produseer.

Wat hou die toekoms in? Moet ons besorgd wees? Is KI gevaarlik of is dit voordelig?

Skaf gerus vir jou die nuutste JUIG! Tydskrif aan wat tans op die rakke is om meer oor hierdie artikel te lees. Ware mense, ware lewe, ware Christenskap!


Jesus se kruiswoorde

Wat sê die laaste woorde van die beroemdste Man in die geskiedenis oor Hom? Toe Jesus van Nasaret meer as tweeduisend jaar gelede aan ’n Romeinse kruis gehang het, het Hy sewe kruisigingswoorde gesê wat in al vier die Nuwe Testamentiese evangelies aangetref word.

Wanneer ons hierdie verklarings ondersoek, sal ons ontdek wat werklik in Jesus, die Verlosser van die wêreld, se hart aangegaan het ten tyde van sy dood.

Skaf gerus vir jou die nuutste JUIG! Tydskrif aan wat tans op die rakke is om meer oor hierdie artikel te lees. Ware mense, ware lewe, ware Christenskap!