Inspirerende Sakevrou En Outeur

Jackie Georgiou het onlangs ‘n onderhoud met Angelique du Toit by haar huis in Spanish Farm, Somerset-Wes, gevoer. Angelique du Toit is ‘n inspirerende spreker en ‘n fenomenale Christen-sakevrou, skrywer en die uitvoerende hoof van Annique gesondheid en skoonheid. Lees in hierdie artikel hoe sy vanuit ʼn baie moeilike kinderlewe die swaarkry en pyn agter haar kon plaas om ʼn suskesvolle sakevrou en motiveringspreker te word. Sy praat oor die pad van vergifnis, verhouding met God en sal lesers inspireer met haar getuienis: “Gee God die bietjie wat jy het, want wat Hy met die klein bietjie kan doen wat jy het, plus geloof, is ver bo ons begrip!”


Die Waarheid Of n Leuen?

Die afgelope dekade is beheptheid met aardverwarming voortdurend byons ingeprent. Wat is ons verantwoordelikheid teenoor die omgewing as volgelinge van Jesus? Is dit waar dat die aarde besig is om te verwarm tot potensieel katastrofiese vlakke, wat – as ons niks daaraan doen nie – daartoe kan lei dat almal sal vergaan? Volgens ‘n onlangse Amerikaanse presidentskandidaat is klimaatsverandering “die grootste bedreiging vir ons planeet.” Wat moet Christene se standpunt oor aardverwarming / klimaatsverandering wees?
̶ deur dr. Victor Kuligin


Die Verskeie Krone Van Beloning

Die meeste van ons leef asof dít wat ons elke dag doen, net bepalend is ten opsigte van ons lewe aan hierdie kant van die ewigheid. Die waarheid is egter, wanneer ons aan die einde van ons lewe hier op aarde kom, gaan ʼn volgende seisoen aanbreek wat nooit gaan ophou nie, want een van die wonderlike geskenke wat Jesus aan elke wedergebore gelowige gee, is die ewige lewe! Daar is ʼn hele paar teksverse in die Bybel wat ons die versekering gee dat Jesus met Sy wederkoms ons gaan beloon vir wat op aarde gedoen is. Lees gerus in hierdie artikel waarmee Jesus ons sal beloon.
̶ deur Johan Schoonraad


Die Boek Johannes Word Verduidelik

Die eerste drie Evangelies in die Nuwe Testament, Matthéüs, Markus en Lukas word die sinoptiese Evangelies genoem. Die inhoud van hierdie Evangelies stem grootliks ooreen. Baie van dieselfde gebeure, leringe en voorvalle hou met mekaar verband, en word net verskillend verwoord, maar stem soms selfs woordeliks ooreen. Die grootste gedeelte van Johannes is egter uniek. Meer as die helfte van die Boek handel oor die laaste week van Christus se lewe op aarde. Johannes dokumenteer agt wonderwerke van Christus; ses hiervan word slegs in hierdie Evangelie genoem. Lees meer interessante feite oor die Evangelie in hierdie artikel.
̶ deur dr.Peter Hammond