Neil en Tanya Powell

Wat ’n fees om saam met die afrigter van die Blitsbokke en sy vrou te kuier. Neil en Tanya se voete is vas op die aarde, hulle harte oop vir hulle medemens en hulle oë gerig op Jesus.
Neil het rugby vir die Vry-staat, Griekwas en die Blou Bulle gespeel voordat hy by die Blitsbokke betrokke geraak het. Hy is sedert 2013 die span se afrigter en die enigste persoon wat die Sewes Wêreldreekstitel as speler én afrigter gewen het


Bring God Terug In die Politiek

Mogoeng Thomas Reetsang Mogoeng is die huidige hoofregter van Suid-Afrika. Hy speel ’n belangrike rol in die Suid-Afrikaanse politiek en bring Christelike waardes terug na die politieke arena. Hy is ’n man met vurige toewyding aan ons land se grondwet en die handhawing van die reg. En hy dien Jesus voluit! Hy is al sewe jaar in die amp en Suid-Afrikaners het groot bewondering en respek vir hom.


Bestuur Jy Soos n Christen?

Is daar enige ander situasie waar ons Christenskap so vinnig by die deur uitvlieg as wanneer ons bestuur? Hoekom word ons so irrasioneel en geïrriteerd met ander padgebruikers wanneer ons agter die stuurwiel inskuif? Verander selfs in duiwels? Onderwysers, sekretaresses, loodgieters, kerkouderlinge, presidente van maatskappye en ja, selfs predikante en pastore maak hulle hieraan skuldig. ’n Mens kan lank bespiegel oor waarom mense aan padwoede ly, maar wat ook al die redes en regverdigings, ons moet leer om ons agter die stuur te gedra.


10 Bisarre Feite Oor Noord-Korea

Ek het onlangs ’n rubriek oor Noord-Korea geskryf waarin ek voorspel het dat die verdrukkende “kluisenaarskoninkryk” vroeër of later sy deure vir die Christendom sal oopgooi en hom by die 21ste eeu sal aansluit. Baie lesers het sterk kritiek hierop gelewer, óf omdat hulle Kim Jong-un wantrou óf pres. Donald Trump van Amerika se onderhandelingsvaardighede betwyfel. Ek hou egter voet by stuk. Ek glo dat Noord-Korea se toekoms nie in die hande van Kim, Trump of enige ander mens rus nie. Ek glo dat die soewereine Here van die nasies besig is om hierdie wonderwerk te laat gebeur, want Hy wil die miljoene mense bereik wat reeds te lank deur die Noord-Koreaanse leiers verhonger, verdruk en ge-breinspoel is.