1,2,3,4,5,6 Winckler-vreugde

Die woelige Winckler-huis gaan in 2020 nog ’n woelwater bykry. Heinz en Aletté-Johanni, het saam met hulle drie seuns – Lian (9), Simeon (7) en
Reuben (5) – onlangs aangekondig dat die gesin met groot opwinding uitsien na die koms van ’n nuweling – of dit nou nog ’n seuntjie of ’n dogtertjie is. Die twee jongstes hou styf duim vas vir ’n sussie.


KRUISKYK n Hamer In God Se Hand

In Mei vanjaar is Clemens en Stephanie se geloof behoorlik getoets. Sosiale media het gegons nadat Kruiskyk bekendgemaak het dat hulle vanaf 1 Mei nie meer op die Open View HD (OVHD) platform te sien sal wees nie. Kruiskyk is reeds 11 jaar lank op die Free To Air-platform-dekodeerder beskikbaar en daardie kykers is glad nie geraak nie. Die laaste vier jaar was Kruiskyk egter bykomend op OVHD en dit is dié kykers wat proble-me ondervind het.
“Ons was geskok en diep teleurgesteld, maar terselfdertyd het ons ’n bomenslike vrede ervaar,” vertel Stephanie.


Kinders en Pornografie

Ouers moet nou, meer as ooit tevore, ’n wakende ogie oor hulle kinders se aanlynaktiwiteite hou. En dit geld nog meer tydens skoolvakansies.


Drank en Christene

Ek het in ’n sober huis grootgeword. My pa het net ‘n brandewyn geniet wanneer my broer kom kuier het, en my ma af en toe ’n sopie whiskey. Omdat ek ’n laatlammetjie was en my sagmoedige vader my ontval het toe ek 17 jaar oud was, het ek net een keer die voorreg gehad om ’n bier saam met hom te drink. Dit was op Nuwejaarsdag 1 Januarie 1967. Ons het in die lawende koelte van ‘n dennehoutplantasie gesit en afgekyk op die dorp wat in die vallei onder ons gelê het.