Suzette Hattingh Voorbidding: Die Christen Se Magtigste Wapen

Suzette Hattingh is bekend as ’n vreeslose evangelis en vurige voorbidder. Sy was deel van Reinhard Bonnke se span in Christ for all Nations (CfaN) en het met Reinhard se aanmoediging Voice in the City gestig. Sy is oor die afgelope 40 jaar by evangelisering betrokke en het al in 68 nasies lering gegee en voorbidders opgelei. In hierdie insiggewende artikel deel Suzette haar insigte oor voorbidding met ons. 

Skaf gerus vir jou die nuutste JUIG! Tydskrif aan, om meer hieroor te lees.


‘Die Here Is By My, Ek Ken Geen Vrees Nie’ Herstel Van COVID-19

Hardus Zevenster, die uitvoerende hoof van die Bloudruk Media Groep, wat onder meer Radio Tygerberg 104fm, TruthTV en GROOTfm 90.5 insluit, het onlangs met COVID-19 in die hospitaal beland. Hy het COVID-19-encephalitis opgedoen. Hy en sy vrou Cheryl, deel hulle ervaring met ons en hoe gebed hulle deur die uitdagende tyd gedra het. 

Skaf gerus vir jou die nuutste JUIG! Tydskrif aan, om meer hieroor te lees.


Haal Die Angel Uit Afleggings & Werkverlies (Vir Werkgewers en -Nemers)

Om jou werk te verloor, gaan sit nie in ’n mens se klere nie. Nog minder as jy jou besigheid se deure moet sluit en ander broodwinners ook moet aflê. Ongelukkig het COVID-19 dit oornag vir baie van ons ’n werklikheid laat word. Niemand van ons kon in 2019 voorsien dat 2020 só daar sou uitsien nie.

David Malherbe gee in hierdie artikel goeie raad oor hoe om hierdie krisis te bowe te kom en te floreer.

 Skaf gerus vir jou die nuutste JUIG! Tydskrif aan, om meer hieroor te lees.


Eksklusiewe Onderhoud Met Hoofregter Mogoeng Mogoeng

Mogoeng Thomas Reetsang Mogoeng is die huidige hoofregter van Suid-Afrika. Hy speel ’n belangrike rol in die landskap van die Suid-Afrikaanse politiek en help om Christelike waardes in die regering terug te bring. Hy is ’n man wat vurig toegewy is aan die Grondwet van ons land, aan die handhawing van die wet en lewe voluit vir Jesus! Hy beklee die amp reeds nege jaar lank en geniet beduidende steun en respek onder die Suid-Afrikaanse burgers. 

JUIG! het met hoofregter Mogoeng oor die stand van ons nasie gesels en wou hoor wat God hom op die hart lê.

Skaf gerus vir jou die nuutste JUIG! Tydskrif aan, om meer hieroor te lees.