Verhouding en geloof is my grootste twee gawes

Rooi is die kleur van liefde, warmte en lewe en dié kleur, wat oral in Maria Oosthuizen se skilderye opduik, is sprekend van haar sonnige, passievolle persoonlikheid. Sy het ’n heerlike sin vir humor en die humor in baie van haar kenmerkende figuurstudies is een van die redes dat haar skilderye so gesog is. Hier is ’n skildery met vier kinders wat op die naat van hulle rug bene in die lug lê; daar is twee wat saam op ’n skopfiets balanseer. 

Hoewel baie van haar skilderye die onskuld en genot van kindwees so goed met ’n speelse aanslag uitbeeld, is van die ander weer sprekend oor God en ons verhouding met Hom. Sy put haar inspirasie uit haar eie reis met God. 

Skaf gerus vir jou die nuutste JUIG! Tydskrif aan wat tans op die rakke is, om meer van haar pragtige kuns te sien en oor haar te lees. Ware mense, ware lewe, ware Christenskap!


Bly sterk staan in onseker tye

Hierdie pandemie het sy tol geëis, nie net van ons liggaamlike en emosionele gesondheid nie, maar ook van ons geestelike welstand. Wanneer ons voor vrees en twyfel te staan ​​kom en wanneer vrae en depressie ons hart en verstand wil oorweldig, sê God vir ons: “Bedaar en erken dat Ek God is, hoog bo die nasies, hoog bo die aarde.” – Psalm 46:10

Die mense wat hulle God in hierdie kommerwekkende tyd ken, sal sterk staan. “Maar die mense wat hulle God ken, sal vasstaan” – Daniël 11:32. Ons moet ons God ken. Dit is ’n Bybelse reaksie op die onsekerheid in ons lewens. Om God werklik op ’n intieme, persoonlike manier te ken, sal in hierdie onsekere tye duidelikheid en vrede in ons harte bring. 

Lees gerus hierdie artikel in die nuutste JUIG! Tydskrif wat tans op die rakke is, om jou geloof te versterk en om ander om jou ook te kan bemoedig. Ware mense, ware lewe, ware Christenskap!


Menslike lyding en almag en liefde van God

’n Kindjie word blind gebore of is verstandelik gestremd en die vraag word gevra: Waarom? Miljoene word dakloos gelaat in vloede en aardbewings. Waarom moet hulle ly? Iets soos die omvang van die huidige pandemie of natuurrampe is dikwels oorweldigend. Mense vra dan: Waarom laat God dit toe?

Die vrae lyk op die oog af redelik, maar dié vrae wil te kenne gee dat menslike lyding en die krag of liefde van God onverenigbaar is. Daar word van die veronderstelling uitgegaan dat ons van ’n almagtige God van liefde kan verwag om die lyding van oënskynlike onskuldiges te voorkom. Is hierdie aanname geregverdig?

Skaf gerus vir jou die nuutste JUIG! Tydskrif aan wat tans op die rakke is, om meer te lees oor wat die Bybel hieroor te sê het. Ware mense, ware lewe, ware Christenskap!


Wonderlike kleurklasies van die skepping

Het jy geweet dat daar verkleurmannetjies is wat voëltjies vreet en dat uit die meer as 160 geïdentifiseerde spesies die meeste verkleurmannetjies in Afrika suid van die Sahara en in Madagaskar voor. Daar is trouens 59 van die spesies net in Madagaskar alleen. 

Die verkleurmannetjie het ’n hele paar indrukwekkende gespesialiseerde eienskappe wat getuig van ontwerp, orde en beplanning deur ’n liefdevolle Skepper en nie bloot ’n lukrake evolusionistiese ontwikkeling nie. 

Skaf gerus vir jou die nuutste JUIG! Tydskrif aan wat tans op die rakke is, om meer oor hierdie wonderlike diertjie uit te vind. Ware mense, ware lewe, ware Christenskap!