Veg vir jou waardes

As Christene het ons baie verdraagsaam geword teenoor wêreldbeskouings en mense wat met ons oortuigings spot – slagspreuke skree, ons kinders met leuens indoktrineer en ons gedagtes met vullis besoedel. Ons is deur die media onder die vaandels van liefde en verdraagsaamheid ingeënt en

verdoof teen godslastering en sondige dade. Die harde waarheid is dat verdraagsaamheid aanvaarding word wanneer ons niks doen nie. Die Kerk en die wêreld lyk dieselfde, en dit is ’n ernstige aanklag teen die Kerk.

Gaan jy toekyk hoe die vyand ’n bespotting van jou God maak, of gaan jy opstaan en ’n verskil maak? Daar is drie soorte mense in hierdie situasies, watter een is jy?

Skaf gerus vir jou die nuutste JUIG! Tydskrif aan wat tans op die rakke is, om meer oor hierdie artikel te lees. Ware mense, ware lewe, ware Christenskap!


God maak gewapende rowers siende blind

Karin Wessels was in die kerk toe ’n oom van hulle gemeente voor haar kom staan en sê: “Karin, die Here sê jy sal dit met jou oë sien, maar jy moenie vrees nie, want dit sal jou nie raak nie…” Dié woorde was so kripties dat sy nie heeltemal seker was wat dit kon beteken nie.

Min het sy geweet dat sy ’n paar weke later met haar dogtertjie, wat toe in graad 1 was, midde-in ’n gewapende rooftog in ’n kruidenierswinkel sou wees…

Skaf gerus vir jou die nuutste JUIG! Tydskrif aan wat tans op die rakke is, om meer oor hierdie artikel te lees. Ware mense, ware lewe, ware Christenskap!


Suid-Afrika se gebreekte morele kompas

Onlangse gebeure in ’n dorp in die Wes-Kaap het uitgelig hoe ver Suid-Afrika se morele kompas afgewyk het van ware noord. Ons verwys na ’n voorval wat begin het met ’n plaaslike pastoor, Heinz Winckler, se eenvoudige opmerking op Facebook oor advertensieborde vir ’n onlangse seks-ekspo in Kaapstad.

Die neerhalende kommentaar wat op Heinz se boodskap gevolg het, is ’n weerspieëling van die gemiddelde burger en ouer en ’n aanduiding van hoe ons samelewing die pad byster geraak het. As Christene is ons roeping om standpunt in te neem vir die waarheid, om wagters op die muur te wees.

Skaf gerus vir jou die nuutste JUIG! Tydskrif aan wat tans op die rakke is om meer oor hierdie artikel te lees. Ware mense, ware lewe, ware Christenskap!


Craig Groeschel – Staan jou man

Craig Groeschel is die stigter en senior pastoor van Life.Church in Amerika. Hy kan homself talle titels toeëien, maar sy grootste nalatenskap sal sekerlik wees dat hy ’n baanbreker in innovasie vir die globale Kerk is. Life.Church is veral bekend vir sy innoverende gebruik van tegnologie om die Evangelie te verkondig. Een van die digitale hulpmiddels wat deur Craig ingespan word, is die YouVersion Bybel-toep wat deur Life.Church geskep is. Dié toep stel jou in staat om verskillende Bybelvertalings in 1 900 tale (insluitend die verskillende Afrikaanse vertalings) op jou selfoon te lees.

Craig deel graag sy kundigheid en ervaring met die globale Kerk en verskaf talle hulpbronne gratis op sy webtuiste. ’n Mens word nie die pastoor van een van die grootste en mees invloedryke kerke in Amerika sonder om dinge ’n bietjie anders te doen nie. Craig Groeschel pak dinge beslis vanuit ’n ander invalshoek aan.

Skaf gerus vir jou die nuutste JUIG! Tydskrif aan wat tans op die rakke is om meer oor hierdie artikel te lees. Ware mense, ware lewe, ware Christenskap!