Jesus, ons Voorsiener

Net nadat Jesus die wonderwerk van die vermeerdering van die brode en vissies gedoen het, wou die mense Hom met alle geweld koning maak. Hulle was arm, desperaat en honger en het gedink dat as hulle Jesus as hulle koning salf, dit die einde sal beteken van al hul onmiddellike probleme.

As jy arm is en gebrek ly, is kos immers gelyk aan rykdom. Jesus het natuurlik geweet dat sy missie in hierdie wêreld ’n veel groter mandaat behels het as wat die skare in gedagte gehad het…

…om die volle artikel te lees, skaf gerus vir jou die nuutste JUIG Tydskrif aan wat nou landwyd in alle vooraanstaande supermarkte te koop is!


Die wêreld se tyd loop uit

Tyd vlieg. Die jare snel verby. 2024 is egter op baie maniere ’n merkwaardige jaar. En baie gebeure herinner my daaraan dat die wêreld se tyd min raak voordat die laaste episode van ’n groot drama begin afspeel. Met ander woorde, die Kerk-era is besig om tot ’n einde te kom.

Soos profetiese gebeure vinnig ontvou, is dit duidelik dat die tyd min raak. Die wêreld nader die einde van hierdie eeu, en die dringendheid om die Evangelie te deel was nog nooit groter nie…

…om die volle artikel te lees, skaf gerus vir jou die nuutste JUIG Tydskrif aan wat nou landwyd in alle vooraanstaande supermarkte te koop is!


Karakters van die Bybel: Sara

God se interaksies in die Ou Testament betrek dikwels mense in desperate situasies. Ons karakter vir hierdie maand, Sara, is een van daardie vroeë ontmoetings. Sara speel ’n prominente rol in Abraham se verhaal in Genesis. Eerstens is sy bekend as die aartsvader Abraham se vrou; sy baar vir hom Isak, die beloofde seun van die verbond. Daarmee saam was sy die vrou van ’n man wat ’n aansienlike huishouding gehad het, ’n huishouding wat 318 “weerbare manne” opgelewer het (Gen 14:14). Sy moes ’n uiters bekwame vrou gewees het.

Tweedens was Sara bekend vir haar gasvryheid en skoonheid. Sy moes beslis aantreklik gewees het aangesien sy die oog gevang het van twee belangrike leiers, Farao die koning van Egipte en Abimeleg die koning van die Filistyne. Sara was in haar laat 60’s tydens die Egipte-episode en diep in haar 80’s tydens die Abimeleg-situasie…

…om die volle artikel te lees, skaf gerus vir jou die nuutste JUIG Tydskrif aan wat nou landwyd in alle vooraanstaande supermarkte te koop is!


God se Pêrels: Nicky se getuienis van geloof in die stryd teen borskanker

Nicky Lonte is bekend vir haar groot liefde en talent om vrouens mooi te laat lyk en voel. Sy het grootgeword in ’n huis met ouers wat die Here ken en hulle het hul liefde vir Jesus aan haar oorgedra. Haar sprankelende glimlag getuig van die vreugde wat binne haar borrel. Daardie vreugde is nie daar omdat Nicky se geloof nog nooit getoets is nie. Inteendeel, Nicky is nie een keer nie, maar twee keer, deur die pyn, vrees en onsekerheid van ’n kankerdiagnose in die gesig gestaar. Nicky deel haar getuienis van geloof in die stryd teen borskanker.

Toe Nicky met kanker gediagnoseer is moes haar man, Kobus, sy eie emosionele en geestelike uitdagings deurmaak. Kobus deel ook sy perspektief en ervarings as ’n eggenoot wat gekonfronteer word met die onverwagte nuus van sy vrou se siekte…

…om die volle artikel te lees, skaf gerus vir jou die nuutste JUIG Tydskrif aan wat nou landwyd in alle vooraanstaande supermarkte te koop is!