Ons sit almal hiermee opgeskeep…Ek praat van stereotipes. Stereotipes is onjuiste, oorvereenvoudigde idees oor ander mense. Party mans huldig byvoorbeeld die stereotipe opvatting vrouens praat meer as hulle, of vrouens is swakker motorbestuurders as mans.
Baie volwassenes glo die jeug van vandag is buite beheer. Soortgelyk maak allerlei stereotipes rondom ras en statusverskille ook gedurig nes in ons kop. As ons dit nie hokslaan nie, verander dit uiteindelik in agterdog, vrees en haat.
Skokkende statistiek oor onderlinge vertroue
Van die uitwerking van stereotipes gepraat – dit lyk nie of Suid-Afrikaners se geloof enige verandering teweeg bring oor daardie diepgewortelde stereotipes oor mekaar nie.
’n Navorsingstudie deur Ipsos se Global Advisory in 2010 het bevind, slegs 52% Suid-Afrikaners vertrou hulle direkte gesinslede, terwyl net 12% ander mense buite hulle familie vertrou. In ’n 2014-studie van die Gauteng City-Region Observatory (GCRO) wat die Universiteit van die Witwatersrand; die Universiteit van Johannesburg; en die Suid-Afrikaanse
Local Government Association onder 25 000 mense onderneem het, is daar bevind dat rasseverhoudings jaar na jaar verswak.
In 2009 het 68% swart mense gesê hulle kan wit mense glad nie vertrou nie, maar teen 2013 dit het tot 73% gestyg. In dieselfde tydperk het wit mense se vertroue in swart mense darem ietwat toegeneem, van 40% tot 44%. Gegewe die feit dat meer as 70% mense in Suid-Afrika hulleself as Christene beskou, is dit skokkende statistiek.
Wat beteken “moet op prinse nie vertrou nie”?
Ons samelewing is deurtrek van die wantrouevirus. Almal is deesdae agterdogtig. Dalk sal jy self ook ’n handvol goeie redes kon opnoem hoekom dit die geval is – misdaad, korrupsie, die politiek. Dalk sal jy jou selfs op ’n Bybelteks soos Jeremia 17:5 of Johannes 2:24 kon beroep, of op Psalm 33 of Psalm 146 – dat ons nie op mense moet vertrou nie.
Kom ons sê sommer vanuit die staanspoor wanneer die Bybel ons beveel om nie op prinse te vertrou nie, moet ons weet sulke tekste niks te make het met daardie diepgewortelde wantroue teen-oor mekaar wat tans soos ’n veldbrand versprei nie.
Wanneer die Bybel sê ons moenie ons hoop op die magtiges en die sterkes plaas nie, word dit meestal in reddingskontekste gebruik. Of sulke uitsprake word in
kontekste gebruik waar ’n misplaaste vertroue in die krag en vermoëns van ander indiwidue hulle tot sogenaamde messiaanse figure verhef. Die Bybel verbied ons om ander mense in plaas van God, as ons redders te beskou. Net God is ons Redder, geen mens nie!
Lees die res van die artikel in JUIG! Desember-uitawe
Category: December 2016 Issue
Jolige Gesinsaktiwiteite Vir Die Vakansie
Kan jy glo dat dit al weer daardie tyd van die jaar is? Die dae is langer, die weer is warmer, glimlagte breër en die lewe net beter. Dit is ‘n waardevolle seisoen om kwaliteittyd saam met die gesin deur te bring, en om prettige nuwe aktiwiteite te ontdek wat almal kan geniet! Of jy nou in ʼn branderplankmekka soos Durban woon, of die skoonheid van die berge en wynplase in Kaapstad kan geniet, of jou tuis voel in ʼn middestaduithangplek soos Johannesburg, sal jy in die volgende paar bladsye beslis ʼn paar goeie voorstelle teëkom om by jou om-te-doen-lysie vir die vakansie te voeg.
Avonture
Stranddag
As jy naby die see woon, is dit altyd ‘n heerlike gesinsavontuur om strand toe te gaan. Pak jou sonskerm en strandrakette en -balle in, trek daardie geliefde baaikostuum aan, en bring die dag in die son deur en baljaar in die water saam met jou gesin. Jy gaan nie net ‘n pragtige sonbruin lyf kry nie, maar julle skep ook herinneringe vir die hele gesin!
Piekniek
Dit was nog altyd een van my gunstelingdinge om te doen! Pak ‘n mandjie propvol eetgoed, lekkernye, en snoepgoed, grawe die ou piekniekkombers uit, en geniet die natuur en die buitelug. Dit is ‘n heerlike gesinsaktiwiteit by ‘n pragtige piekniekplek in ʼn park of reservaat; of sommer in die tuin by die huis.
Vat die langpad
Dit is altyd lekker om saam die langpad te vat. Tydens die lang rit kan julle ononderbroke gesels en tyd saam bestee. Die aktiwiteit is nie die eindbestemming nie, maar die reis. Geniet speletjies soos algemene kennis vasvrae, motorkrieket en “Ek sien iets met my kleine ogies…”
Besoek ʼn mark
Dit kan ‘n wonderlike avontuur vir die gesin wees, want daar is iets vir almal. Markte het gewoonlik speelplek vir die kinders, lewendige musiek vir die tieners, en ‘n ontspanne omgewing vir die volwassenes om terug te sit en heerlike buitengewone disse te beproef.
Kampeer
As julle gesin lief is vir die buitelug, kan julle gaan kamp vir ʼn avontuur, wat heerlike herinneringe sal skep! Pak die kamptoerusting, ry na ‘n pragtige kampterrein en geniet ‘n paar dae in die natuur en om eenvoudig te lewe!
Pretpark
As jy naby ‘n pretpark, soos Gold Reef City in Johannesburg, of Ratanga Junction in Kaapstad woon, kan julle ‘n jolige dag van pret en plesier saam geniet. Dit is nog ‘n aktiwiteit wat groot pret is vir die hele gesin, en jy kan ‘n paar goeie foto’s neem om te laat raam.
Lees die res van die artikel in die JUIG! Desember-uitgawe.
Die Kersfees-Wipplank
Dit is moeilik om te glo, maar die Engelse parlement het eens op ’n tyd die vie-ring van Kersfees in Engeland verbied. Die feesvieringe het só verdorwe en luidrugtig geraak dat die viering van die vreugdevolle seisoen gestaak is. Die betekenis van Kersfees het verlore geraak in ’n maalstroom van brassery, dronkenskap, oproerigheid en on-sedelikheid. Ordentlike mense het vir hulle eie veiligheid binnenshuis gebly. Die situasie het so skandalig geraak, die parlement het in 1644 streng wette deurgevoer wat dit onwettig verklaar het om die seisoen enigsins te gedenk! Dit het ’n Christus-lose Kersfees geword, leeg en sonder enige betekenis!
Die moderne Kersfees
Dinge het sedertdien beslis verander. Kersfees het die gewildste vakansie in die Westerse wêreld geword en sowat twee miljard mense vier dit wêreldwyd. Dit het so ’n ingebur-gerde deel van die moderne kultuur geword, selfs mense in lande wat geen Christelike geskiedenis of tradisies het nie, vier dit ook in toenemende getalle.
Kersfees is die dag waarop families bymekaarkom. Miljarde word aan geskenke gespandeer (dikwels op dinge wat mense nie nodig het of werklik wil hê nie). In baie families is dit die hoogtepunt van die jaar wanneer almal rondom die fraai versierde boom byeenkom, met die sitkamer gebaai in feestelike beligting en kinders se ogies blink wanneer hulle hulle geskenke bewonder. Dit is ’n tyd wanneer jy jou daaglikse bekommernisse kan agterlaat.
Lees die res van die artikel in die JUIG! Desember-uitgawe.