Christene oor die wêreld vier Kersfees ter ere van die geboorte van Jesus Christus in Betlehem. Verskeie tradisies word aan Kersvieringe verbind en elke kultuur vier dit op sy eie manier. Die verenigende faktor is die historiese feit dat Jesus gebore is.
Die engel wat aan die herders verskyn het op die nag van Jesus se geboorte het gesê: “Moenie bang wees nie, want kyk, ek bring vir julle ’n goeie tyding van groot blydskap wat vir die hele volk bestem is. Vandag is daar vir julle in die stad van Dawid die Verlosser gebore, Christus die Here!” – Lukas 2:10-11 (NAV).
Category: December 2017 Issue
Rolprente En Vermaak
Die Israelse polisie het onlangs meer as 15 Israelse jeugdiges wat hulleself as narre vermom het, in hegtenis geneem omdat hulle die publiek die skrik op die lyf gejaag het. Onder hulle was ’n 13-jarige seun, vermom soos Dracula, met ’n mes.
Dié voorval is deel van ’n internasionale gier geïnspireer deur die riller It. Die rolprent is op ’n Stephen King-roman gegrond met ’n bose entiteit, na wie as “It” verwys word, as die “hoofkarakter”. Hy manifesteer homself onder andere as Pennywise die Dansende Nar, kruip in rioolpype weg en vang kinders.
Terroriste en misdadigers kan hulleself as dié skrikaanjaende nar vermom en verwoesting saai. Die kinders wat hulleself as die nar vermom, kan hul lewens verloor of gewond word as iemand hul “grap” as ’n werklike bedreiging sou beskou.
Ongelukkig het die nar-gier ook hier kop uitge-steek. Nog voor die rolprent in Suid-Afrika uitgereik is, het ek ’n koerantartikel gelees waarin ’n ouma skertsend spog oor haar kleinseun wat as 7-jarige graag sy maats as die bose nar van die 1990-video skrikgemaak het. Die artikel beskryf hoe sy nou haar 15-jarige kleinseun help om homself as die skrikwekkende moderne weergawe van die nar in die nuwe It-rolprent te vermom. Die artikel het afgesluit met ’n beskrywing van drie kinders wat histeries begin huil het toe die “nar” by ’n winkel instap.
Kim Clement Se Profesie Oor Donald Trump
Donald Trump, ’n politieke buitestander en onwaarskynlikste presidensiële kandidaat in die geskiedenis, is vroeër vanjaar teen alle verwagtinge in as die 45ste president van Amerika ingehuldig. Dié gebeurtenis is nie net ’n hoofopskrif, vandag hier en môre vergete nie. Dit is ’n oomblik in die geskiedenis waaroor Kim Clement, Amerikaanse pastoor, evangelis en profeet, reeds in 2007 geprofe-teer het. Talle Bybelgeleerdes oor profesie glo dat hierdie oomblik reeds eeue gelede vooruit bepaal is. Ongeag jou politieke ideologie moet jy as Christen wat groot waarde heg aan die durende Woord van die Here, ag slaan op profetiese woorde wat nou in vervulling gaan. Kim Clement, gebore in 1956, is in 2016 oorlede en het hierdie profesieë 10 jaar gelede bekend gemaak. Dit is wonderlik om te beleef hoe Godgegewe profesieë tot vervulling kom.
Al Wat Ek Vir Kersfees Wil He
Ek het onlangs tydens ’n oorsese reis by ’n paartjie en hulle vierjarige seuntjie tuisgegaan – hul enigste kind. Ek was verstom oor hoeveel speelgoed hy het. In byna elke kamer in die huis was daar stapels speelgoed, elke speelding waaraan jy kon dink, in die sitkamer, in die gastekamer, in die pa se kantoor en vermoedelik ook in die hoofslaapkamer.
Kan jy jou voorstel hoe moeilik dit vir hulle gaan wees om iets nuuts en unieks vir hulle
seuntjie vir Kersfees te kry? Ek raai dat enige present hom net ’n rukkie besig gaan hou voordat dit hom verveel.
Kan jy jou in teenstelling hiermee die
miljoene kinders oor die wêreld indink wat doodgelukkig is met ’n speelding wat hulle pa of ma vir hulle gemaak het? Of wat van die kinders wat niks anders behalwe hulle ouers se liefde ontvang nie? Miskien kry hulle nog die beste geskenk van almal.
Oor die Kerstyd is die winkels vol mense wat gretig soek na iets om te koop waarvan hulle vriende en geliefdes sal hou. Hulle hoop maar dat die geskenke iets is wat die ontvangers nodig het of ten minste regtig sal waardeer. Maar wat het ons regtig vir
Kersfees nodig?