Hoekom Kersfees hoegenaamd vier?

Kersfees is elke jaar die grootste viering ter wêreld. Daar word slegs een dag aan alle ander vakansiedae gewy, maar daar word ’n hele maand lank op Kersfees gefokus – een twaalfde van elke jaar. 

As jy egter voel dat Kersfees niks anders as ’n bron van emosionele en finansiële stres geword het nie … as jy “die rede vir Kersfees” êrens verloor het en wonder hoekom Kersfees hoegenaamd gevier moet word, is hierdie artikel vir jou.

Skaf gerus vir jou die nuutste JUIG! Tydskrif aan, om meer hieroor te lees.


Wees die goudgeskenk, die mirreboodskap en die wierook van gebed

Nadat die sterrekykers gehoor het dat die Messias in Betlehem gebore sou word, het hulle daarheen vertrek om die Messias met die geskenke te gaan vereer; met goud, wierook en mirre. Ongeag of hulle daarvan bewus was het hulle geskenke geprofeteer oor wie hierdie Messias is.

Gee jouself opnuut hierdie Kersfees as die goudgeskenk aan die Koning, wees die wierook wat voor God opgaan. Jy is gesalf om die mirreboodskap van die Kruis aan jou verlore vriende en familie oor te dra. 

Skaf gerus vir jou die nuutste JUIG! Tydskrif aan, om meer hieroor te lees.


God se Lig in die Auroras

Die poolligte of die Aurora Borealis (noordelike poollig) en Aurora Australis (suidelike poollig) is ’n natuur- en ligverskynsel wat jy in die lug oor die noordelike en suidelike poolstreke van die aarde kan sien dans. In die nag flikker en speel dit oor die helder hemelruim. Die ligspelvan die poolligte ryk tot 1 000 km na bo en vertoon as wapperende gordyne, stralekranse, ’n fyn neonlint, of hemelse waaiers van lig wat in die lug dans. Dit verskyn meestal in skakerings van groen, maar ook in ewe indrukwekkend in geel, pienk, donkerrooi en verskillende kleure blou vertoon. 

Lees hierdie interessante artikel wat verduidelik wat die poolligte veroorsaak en wat hierdie wonder van die natuur ons van God leer.

Skaf gerus vir jou die nuutste JUIG! Tydskrif aan, om meer hieroor te lees.


Staan jou man en daag op!

JUIG! se hoofredaktrise het ’n ontsaglike liefde vir die Afrikaanse mense – maar lug in haar redaksionele rubriek haar mening oor plaasmoorde en dit stand van sake vir Afrikaanse mense: 

“Ek kan nie langer stilbly nie. As ’n Engelse persoon wat die stand van sake waarneem, is ek is so gefrustreerd met wat in ons land aangaan. Om sake te vererger, lyk dit asof niemand ’n oplossing of antwoord vir die probleme het nie. Met verwysing hierna wil ek spesifiek aandag gee aan die sinnelose plaasmoorde en die gebrek aan veroordeling daarvan vanuit regeringsgeledere, asook die oënskynlik gebrek aan reg en geregtigheid. Wat het geword van die beskerming van – en reg op – lewe wat in ons Grondwet verskans word? Hoe lank gaan ons nog hierdie pad van vernietiging stap? Wanneer gaan dit end kry en wie sal dit stop? Waar is die nasionale Afrikaanse “leiers” in Suid-Afrika?”

Skaf gerus vir jou die nuutste JUIG! Tydskrif aan, om meer hieroor te lees.