Kuns as ’n universele taal

Neil Breebaart is ’n Christen-kunstenaar met unieke kuns wat abstrakte Christelike begrippe en boodskappe op ’n eenvoudige, maar treffende manier oordra. Art Refined is sy voltydse bediening en is in 2019 gestig met die leuse: Art with a message.

“Ek is nie ’n pastoor nie, maar “preek” wel deur kuns. God het my liefde vir kuns, my liefde vir Hom en my liefde vir mense bymekaargebring,” sê Neil.

Skaf gerus vir jou die nuutste JUIG! Tydskrif aan wat tans op die rakke is, om meer oor hierdie artikel te lees. Ware mense, ware lewe, ware Christenskap!


Lehane Oosthuizen

Ses jaar gelede het die Here Lehane Oosthuizen tydens ’n tyd van vas en gebed geroep om ’n professionele bergfietsryer vir Hom te word. Dit was glad nie wat sy verwag het nie. Sy en haar man is pastore van ’n kerk en sy het geen sportagtergrond gehad nie en was ook glad nie gemaklik op ’n fiets nie.

Sy is egter nou in die topvyf van die Elite-bergfiets- Olimpiese dissipline in Suid-Afrika en het ’n hele nuwe sendingveld. Lees gerus haar getuienis en wat gebeur wanneer ons God gehoorsaam en Sy plan volg.

Skaf gerus vir jou die nuutste JUIG! Tydskrif aan wat tans op die rakke is, om meer oor hierdie artikel te lees. Ware mense, ware lewe, ware Christenskap!


10 Wenke vir ’n stresvrye gesinsvakansie

Beplan jy om hierdie vakansie tyd saam met jou familie deur te bring? Hoewel die meeste van ons wonderlike herinneringe van sulke familievakansies het, is daar baie mense vir wie hierdie jaarlikse tyd as familie saam nogal spanning kan veroorsaak.

Kersfees saam met jou familie is egter nie iets om net te oorleef nie, dit kan ’n wonderlike tyd wees wat julle saam geniet en ’n familieherinnering skep waaroor julle nog eendag met groot heimwee sal gesels. Hierdie artikel bied jou ’n paar wenke wat kan help om dit ’n genotvolle Kersvakansie te maak.

Skaf gerus vir jou die nuutste JUIG! Tydskrif aan wat tans op die rakke is om meer oor hierdie artikel te lees. Ware mense, ware lewe, ware Christenskap!


Wat as Jesus nooit gebore is nie

Wat as Jesus nooit gebore is nie? Hoe sou die lewe anders daarna uitsien? Tweeduisend jaar het gekom en gegaan; was daar vrede, was daar welbehae in die mens? Het die geboorte van Jesus hoegenaamd enige verskil gemaak?

Ons lewe in ’n uiters siniese era waarin net een vooroordeel geduld word – venyn teen Christene. Ondanks die lasterlike aanvalle op ons geloof, bly een ding onbetwisbaar staan: As Christus nooit gebore is nie, sou byna elke faset van die mens se lewe heelwat ellendiger gewees het as wat dit nou is.

Skaf gerus vir jou die nuutste JUIG! Tydskrif aan wat tans op die rakke is om meer oor hierdie artikel te lees. Ware mense, ware lewe, ware Christenskap!