Onthulling: Tekens van die eindtyd

Is die wederkoms van Jesus Christus op hande? Sy tweede koms is ’n grondliggende aspek van die Christelike geloof en een van die hooftemas van die Nuwe Testament en die Bybel waarsku ons om gereed te wees.

Wanneer die Bybel van die eindtyd praat, verwys dit na die tydperk wat die koms van Christus voorafgaan en beskryf wat ons te wagte kan wees. Al die tekens is hier – Christus se wederkoms is op hande. Dit behoort ons te motiveer om ons lewens te laat strook met wat ons glo. Sy koms kan gouer wees as wat ons dink.

Skaf gerus vir jou die nuutste JUIG! Tydskrif aan wat tans op die rakke is, om meer oor hierdie artikel te lees. Ware mense, ware lewe, ware Christenskap!


Hoe kon Adam al die diere in een dag name gee?

“Die Here God het toe uit grond al die wilde diere en al die voëls gevorm en na die mens toe gebring om vas te stel hoe hy elkeen sou noem; en wat die mens elke lewende wese sou noem, dit sou sy naam wees.” – Genesis 2:19

Genesis 2:18-23 vertel hoe Adam op die sesde dag, net voordat Eva geskape is, al die diere name gegee het. Baie skeptici is van mening dat dit onmoontlik sou wees vir hom om al die diere op een dag name te gee. Hoe het hy dit gedoen, watter taal het hy gepraat en sou dit nie makliker gewees het as God self vir die diere name gegee het nie?

Skaf gerus vir jou die nuutste JUIG! Tydskrif aan wat tans op die rakke is, om meer oor hierdie artikel te lees. Ware mense, ware lewe, ware Christenskap!


Bloedrivier: Militêre oorwinning of wonderwerk?

Was die oorwinning by Bloedrivier werklik ’n wonderwerk soos wat ons glo? Is ons eerlik om vir ons kinders te vertel dat die Here op daardie dag ’n wonderwerk gedoen het deur die Voortrekkers te laat wen? ’n Uittreksel uit ’n geskiedenishandboek vir graad 7 skets ’n ander prentjie: “Die oorwinning van die Voortrekkers was hoofsaaklik toe te skryf aan deeglike taktiese voorbereidings, militêre vindingrykheid en hul moderne wapens.”

So verklaar sommige dat die historikus nie die hand van God by Bloedrivier moet betrek nie, maar na ander menslik verklaarbare redes vir die Voortrekkers se oorwinning moet soek – dat daar “niks wonderbaarliks of bonatuurliks” in verband met die Slag van Bloedrivier was nie. Is dit die geval?

Skaf gerus vir jou die nuutste JUIG! Tydskrif aan wat tans op die rakke is om meer oor hierdie artikel te lees. Ware mense, ware lewe, ware Christenskap!


Kersfees – die geskenk van vrede

Deur die eeue heen was daar nog nooit in die geskiedenis ’n tyd van ware vrede of lang tydperke waar vrede prominent geheers het nie. Die wêreld het sedert 2020 beslis met ’n paar ongekende uitdagings te kampe gehad wat talle mense nog nooit voorheen in hulle leeftyd ervaar het nie. Ons kan met reg vra: Waar is die Vredevors?
Vrede is iets wat ons almal graag wil hê en nodig het, maar dit blyk so ontwykend te wees. As die Vredevors gekom het, hoekom ontbreek dit so aan vrede? Kan ons werklik ooit vrede ervaar? Wat was dus die doel daarvan dat Jesus, die baba in Betlehem, die Vredevors genoem word – as ons nie in vrede met mekaar en met God lewe nie?

Skaf gerus vir jou die nuutste JUIG! Tydskrif aan wat tans op die rakke is om meer oor hierdie artikel te lees. Ware mense, ware lewe, ware Christenskap!