‘Wat ek in die Ruimte gesien het bevestig die Bybel’

Vir NASA-ruimtevaarder Barry Wilmore is geloof nie iets wat hy op aarde agtergelaat het nie. Terwyl hy om die planeet op die Internasionale Ruimtestasie (IRS) wentel, vind hy diepgaande maniere om met sy geloof en sy kerkgemeenskap by die huis in verbinding te bly.

Barry Wilmore is ’n toegewyde lid en ouderling van die Providence-Baptiste-kerk in Pasadena, Texas. Deur middel van tegnologie skakel hy selfs vanuit die ruimte in by gebedsbyeenkomste en eredienste…

…om die volle artikel te lees, skaf gerus vir jou die nuutste JUIG Tydskrif aan wat nou landwyd in alle vooraanstaande supermarkte te koop is!


Vestig ’n Bybelse Wêreldbeskouing

’n Bybelse wêreldbeskouing dien as die lens waardeur ons as Christene die wêreld om ons sien en interpreteer. Om hierdie wêreldbeskouing te verstaan is noodsaaklik, veral te midde van die toenemend komplekse kulturele en sosiale uitdagings waardeur ons in die gesig gestaar word.

JUIG! Tydskrif is toegewyd daaraan om Christene oor hierdie perspektief op te voed en in te lig, en om gelowiges te help om hul denke, optrede en doel in lyn te bring met God se waarheid. “U woord is die lamp wat my die weg wys, die lig op my pad” (Ps 119:105)…

…om die volle artikel te lees, skaf gerus vir jou die nuutste JUIG Tydskrif aan wat nou landwyd in alle vooraanstaande supermarkte te koop is!


Geloftedag en die Slag van Bloedrivier

Geloftedag word op 16 Desember gevier ter herinnering aan die Slag van Bloedrivier, nie net as oorwinning vir die Voortrekkers nie, maar ook as ’n oorwinning vir die Christendom in Afrika. Daar bestaan geen rekord van enige Zoeloe-Christene voor 16 Desember 1838 nie.

Ten spyte van die geestelike arbeid van die Britse en Amerikaanse sendelinge sedert 1820, was die houvas wat bygeloof op hulle gehad het, die regering van die Zoeloekonings en die vrees vir toordokters só groot dat nie een enkele Zoeloe op die prediking van die Evangelie gereageer het voor die nederlaag van Dingaan se impi’s by Bloedrivier nie. Om steeds Geloftedag te vier, is geensins teen Zoeloes gemik nie…

…om die volle artikel te lees, skaf gerus vir jou die nuutste JUIG Tydskrif aan wat nou landwyd in alle vooraanstaande supermarkte te koop is!


Wie Is Jesus Christus Van Nasaret?

Dit is die tyd van die jaar wat ons Kersfees en die geboorte van die Verlosser van die wêreld, Jesus Christus van Nasaret, vier. Maar wie is hierdie Jesus? Dwarsdeur die geskiedenis het menige “Jesus” gekom en gegaan. Die apostel Paulus het ons hieroor gewaarsku en ook dat daar selfs ’n ander “evangelie” verkondig sou word.

Aan die Korintiërs en die Galasiërs het hy geskryf: “Maar ek is bang dat julle gedagtes weggelei sal word van die onverdeelde en suiwere toewyding aan Christus, net soos Eva verlei is deur die listigheid van die slang. Ek sê dit omdat julle so maklik daarmee genoeë neem as iemand ’n ander Jesus kom verkondig as wat ons verkondig het, en julle neem net so maklik ’n ander gees en ’n ander evangelie aan as dié wat julle van ons ontvang het” (2 Kor 11:3-4, sien ook Gal 1:6-7)…

…om die volle artikel te lees, skaf gerus vir jou die nuutste JUIG Tydskrif aan wat nou landwyd in alle vooraanstaande supermarkte te koop is!