Is Oorlog Regverdigbaar?

Daar is dié wat hoop dat die voorbeeld, raad en versoeke van die vredeliewendes voldoende is om vrede te verseker, maar die Bybel is nie so optimisties nie. Goddelose mense verstaan nie regverdigheid of deernis nie, maar die swaard praat ‘n taal wat hulle verstaan. Die Griekse woord vir “vrees”, phobos, verskyn in baie woorde soos “akrofobie” (hoogtevrees), “kloustrofobie” (engtevrees) en agorafobie (‘n vrees vir groot ruimtes), maar dis almal sieklike of oordrewe vrese. Romeine 13 praat egter van ‘n gesonde vrees, een wat alle goddelose mense moet hê – ‘n vrees vir die gewapende gesag van die regering wat hom op oortreders wreek.
… Vir die volledige artikel, koop die nuutste uitgawe van JUIG! Tydskrif wat nou op die rakke beskikbaar is.


Hoe Lyk Die Toekoms Van Die Land?

Dit is waar dat ons as mense ‘n verantwoordelikheid het, maar die wonderlik bevrydende boodskap van die Here se Woord is: Alles hang van Hom af. Die Bybel sê duidelik dat ons hemelse Vader in beheer van hierdie wêreld is – Hy is ook in beheer van die leiers van hierdie wêreld.
Christene moet hulle daarop toespits om te bid – om ons vertroue onvoorwaardelik in ons hemelse Vader te stel. Gebed bepaal of die stryd gewen of verloor word. Suid-Afrika se toekoms gaan nie deur ‘n politieke party bepaal word nie; God sal bepaal wat ons toekoms is. Ons het die wonderlike voorreg om ons hemelse Vader se medewekers te wees in die toekoms van hierdie land. Ons moet ten volle afhanklik van die Here bly en aanhou om Sy wil en Sy seën oor hierdie land af te bid.
… Vir die volledige artikel, koop die JUIG! Tydskrif wat nou op die rakke is!


Generasie Z Se Doring In Die Vlees

Volgens die navorsingstudie deur Thomas Curran en Andrew Hill, wat in die Psychological Bulletin van die Amerikaanse Sielkundevereniging gepubliseer is, is daar drie oorsake vir die toename: die ontwikkeling van neoliberalisme (‘n aangepaste vorm van liberalisme wat vrye-mark-kapitalisme bevorder), ouers wat oorbesorg en oorbeskermend is, en toenemende klem op ‘n meritokrasie (waar die individu se vooruitgang bepaal word deur talent en vermoëns in teenstelling met aristokrasieë, waar bloedlyne en stambome die individu se vooruitgang bepaal).
… vir die volledige artikel, koop die nuutste JUIG! Tydskrif wat nou op die rakke is.


15 Gesprekke Wat Elke Pa Moet Voer

1. Meisies vs. seuns (die teenoorgestelde geslag)
Ons moet van jongs af met ons kinders oor die teenoorgestelde geslag praat, selfs totdat hulle gereed is vir ernstige verhoudings. Hulle moet verstaan hoe die geslagte van mekaar verskil en hoe ‘n mens mekaar moet hanteer.

2. Die bytjies en blommetjies
Laat dit jou ongemaklik voel? Ek weet dit het my vrou ongemaklik gemaak toe my seun se vrae dieper en dieper gedelf het. Seks is nie sleg of boos nie. Ten minste nie wanneer dit in die regte konteks en die regte grense geskied nie – binne die huwelik. Moenie wegskram van hierdie geselsie nie en moet dit ook nie ‘n eenmalige gebeurtenis maak nie.
… vir die volledige artikel, koop die nuutste JUIG! Tydskrif wat nou op die rakke is.