Siya Kolisi – Springbokkaptein, God se Kampioen

Siya Kolisi is bekend vir sy rugbytalent en sy vurige liefde vir die sport, maar dit is sy liefde vir Jesus wat indruk maak! Kolisi is uitgesproke oor sy geloof. Ek het die voorreg gehad om met hom oor sy Christenskap te praat.


Philip Snyman: Sukses, Versoening en Verlies

Philip Snyman is een van die suksesvolste sewesrugbykapteins met drie Wêreldbeker-sewesrugbytoernooie onder die belt – twee as die kaptein van die Blitsbokke. Hy gesels met ons oor sy bekering, die verlies van sy pa en sy ge-sinswaardes.


Deur Die See Meegesleur

Onlangs het ek, my broers en ’n groep vriende op ’n Sondagmiddag besluit om Kogelbaai toe te gaan, ’n plek op die skilderagtige kuspad tussen Gordonsbaai en Bettiesbaai. Ons het naby ’n rotslys parkeer waar daar ’n redelike val na benede was. Ons het lekker piekniek gehou en foto’s geneem. Ek en ’n vriend, Ahren, het by die rots-lys afgeklim. Ek swem baie in die see en ken die see. Die branders was nie te groot nie.


Benson Rewu: Die WattsApp-Sensasie

Onlangs het n video van n vriendelike, jong Xhosa-man soos ’n veldbrand op sosiale media versprei waarin hy die nasie in die suiwerste Afrikaans aanspoor om op te hou tou trek teen mekaar en saam in een span te begin trek, nader na Christus toe. Ons het Benson Rewu opgespoor en bietjie gaan uitvind wie presies hierdie positiewe jongman nou eintlik is.