Die verskillende beskouings oor die eindtyd, duisendjarige vrederyk en wegraping word verduidelik

Christene het te dikwels ’n wêreldbeskouing oor die eindtyd wat gevorm is deur gewilde Christelike fiksie, Hollywood-rolprente en gebrekkige lering. Daar is ’n groot behoefte in Liggaam van Christus vir teologiese insette en onderrig op hierdie (dikwels verwarrende) gebied van die Christelike leer. 

Sienings oor die eindtyd het al dikwels groot skeurings in Christelike kringe veroorsaak, maar dit hoef nie tot sulke verdeeldheid te lei nie. 

Lees in hierdie artikel oor die verskil tussen premillenialisme, posmillenialisme en amillenialisme, asook watter een van hierdie beskouings die wegraping insluit.


Put jou hoop uit die Woord van God

Dalk voel jy dat jy nie het wat dit gaan verg om die wa deur die drif te trek of om hierdie uitdagende tye te oorleef nie, maar die Here sê Sy genade is genoeg vir jou. 

In Deuteronomium 31: 6-8 sê Hy: “Hou moed en wees dapper! Moenie bang wees nie, moenie vir hulle skrik nie, want die Here julle God gaan saam met julle. Hy sal julle nie in die steek laat nie, julle nie alleen laat nie.” Wees sterk, ons dien ’n God wat bý ons is.

Lees pastoor Gerald Ferreira se bemoedigende artikel in die nuutste JUIG! Tydskrif wat tans op die rakke is!


Die Bron: ’n Fontein van herlewing

Gary en Rhona Kieswetter, die medestigters van Die Bron-kerk, is 31 jaar lank al in die bediening en het ons land 22 jaar lank deurkruis om by kerke en groepe te bedien. Ons het vandeesmaand by hulle gaan kuier om hulle beter te leer ken. Hulle nederige liefde vir God, Sy Woord en Sy Kerk tref ’n mens dadelik en al die getuienisse oor die wonderwerke, genesings en die Here se werk in hulle lewe, gee ’n mens sommer weer krag en woema om Hom ook vir hierdie jaar te vertrou.

Lees gerus meer hieroor in die nuutste JUIG! Tydskrif wat tans op die rakke is!

Skaf gerus vir jou die nuutste JUIG! Tydskrif aan wat tans op die rakke is, om meer uit te vind oor hierdie interessante onderwerp.


’n Pynvrye lewe

Ongeveer 13 jaar gelede het ’n rumatoloog vir Viv Woollon met fibromialgie gediagnoseer. Sy het voortdurend pyn in haar arms, hande, nek, rug en heupe gehad en dikwels in die nag wakker geword met haar arms en hande wat “dood” gevoel het. 

Die afgelope vyf jaar lank lewe sy ’n gesonde en pynvrye lewe. Sy slaap vir die eerste keer in haar lewe goed en haar energievlakke is hoog. “Ek is dankbaar dat my hemelse Vader dat Hy my gelei het om te leer oor Sy Godgegewe manier van gesond lewe,” sê sy.

Skaf gerus vir jou die nuutste JUIG! Tydskrif aan wat tans op die rakke is, om meer uit te vind oor haar wonderbaarlike herstel.