Clarice Visser, die 34-jarige maltrap wat onder meer deel is van die Reënboogkidz-span, getuig dat sy reinheid nagestreef het terwyl sy vir haar man gewag het. Sy en Jaco is verlede jaar getroud en JUIG! het met haar gesels oor die uitdagings daarvan om lank enkellopend te wees en natuurlik – hoe die Here vir haar en Jaco bymekaar gebring het.
Die twee se boodskap aan Christen-enkellopendes is: “Om te wag vir die regte een, is die moeite werd!” In hierdie voorbladartikel praat hulle eerlik oor die uitdagings wat “singles” in die kerk ervaar en hoe om rein te bly.
Skaf gerus vir jou die nuutste JUIG! Tydskrif aan wat tans op die rakke is om meer oor hierdie artikel te lees. Ware mense, ware lewe, ware Christenskap!