Die Trojaanse Perd

In ’n boek wat pas verskyn het, spreek die skrywers daarvan hulle sterk uit teen afwykende leerstellige tendense in die NG Kerk. Die Trojaanse Perd in die NG Kerk – die kanker van evolusie en liberalisme is duidelik ’n poging deur die sewe skrywers daarvan om die NGK tot besinning te bring oor wat ge¬sien word as ’n wegbeweeg van die gereformeerde be¬lydenisgrond¬slag van dié kerk.

Dit val op dat vier van die sewe skrywers nie teoloë is nie; twee is wetenskaplikes, een is ’n dermatoloog, een ’n opvoedkundige en drie is predikante. Dit is ’n aandui¬ding van die ernstige afme¬tings wat die ontevredenheid oor leerstellige dwaling besig is om aan te neem. Hierdie is duidelik ’n boek wat geskryf is vir mense wat die Here en hulle kerk liefhet en wat nie bereid is om maar net die maklike uitweg van wegvlug te volg nie.

RADIKALE HALFEEU
Dit is ook opvallend dat hierdie boek nie sommer vinnig aanmekaar geflans is nie; daar is deeglike navorsing gedoen en die boek gaan in diepte op talle sake in. Die Trojaanse Perd in die NG Kerk fokus op die radikale veranderinge wat oor die afgelope sowat vyftig jaar in die Skrifbeskouing in dié kerk plaasgevind het.
Waar die Skrif in die verlede gesien is as God se Woord aan mense, word dit tans deur baie teoloë gesien as mensewoorde óór God. Dit is volgens die skrywers van die nuwe boek ‘n onaanvaarbare aantas¬ting van die uniekheid, waarheid en gesag van die Woord en dit verhef die mens tot die regter oor die Woord. Die mens kan nou besluit wat wáár is, en wat nie. En die mens kan ook nou besluit wat die eintlike boodskap van die Skrif is – in die proses kan die boodskap van die Skrif later selfs lynreg verskil van wat dit in die verlede was.

KERNWAARHEDE BETWYFEL
In dié verband word daar dan verwys na die verskuiwing wat in praktyk plaasgevind het in die kerk se siening oor morele kwessies. “Alles word gerelativeer om by die tyd en by die mens aan te pas”. Volgens die skrywers van die nuwe boek verduister hedendaagse Skrif-uitleg die Bybel, eerder as om dit te verhelder. Dit ruk die hart uit die Evangelie, omdat dit die kern-waarhede van die Skrif bevraagteken.

So word God ook ‘verduister’. Die oorsake van hierdie ommekeer in Skrifbeskouing word helder en duidelik aangespreek: in die gereformeerde tradisie is die boodskap van die Bybel gesien as ‘n boodskap wat vir alle mense van alle tye geldig is – omdat God nooit verander nie. Daardie boodskap kom wel in ’n taal wat mense verstaan, maar die inhoud daarvan is vandag nog nét so geldig as toe dit aanvanklik gegee is.

NUWE OPVATTING OOR GOD
Maar onder invloed van die evolusie-teorie is dit alles op sy kop gekeer. Om mee te begin word die geskiedenis van die Bybel nie meer gesien as waar nie; so het dinge nie gebeur nie, dit het evolueer. Die monoteïsme het uit die politeïsme evolueer. So ook ons opvattinge oor God.

God self word nou deur baie teoloë gesien as ’n ‘konsep’ wat oor tyd verander; soos ons kennis groei, so groei ons ook in ons opvatting oor wie en wat God is. Die ‘nuwe’ teologie se wortels lê diep in die evolusie-teorie. Maar, soos Jesus ons geleer het, word die boom aan sy vrugte geken. As godsdiens evolueer verval die absolute eise van die Skrif. Ons is immers almal aan die evolueer en wie sê dat die ander godsdien¬ste nie al veel verder as ons gevorder het nie? Daarom moet ons ruimte maak vir die diversiteit van godsdienstige opvattinge.

DIVERSITEITSFORUM
Dan stig ons ’n ‘Diversiteitsforum’ waarop almal aan die bespreking kan deelneem – almal behalwe die fundamentaliste. En dan mag ons oor enigiets praat, behalwe oor die Bybelse eis dat mense tot beke¬ring moet kom. En ons amptelike webtuiste, Kerkbode-aanlyn, word dié plek waarop ateïste na hartelus kan gal braak onder die vaandel ‘die seisoen van luister’, terwyl gelowiges wat nog in die Woord glo, duidelik nie so gewild is nie. Jy kan dus ’n webtuiste kry met die naam ‘Kletskerk’ waarin die verskriklikste godslastering denkbaar geduld word en vloektaal aan die orde van die dag is, maar moet dit tog net nie waag om die Evangelie-boodskap daarop te skryf nie. As jy dít waag, word jy onmiddellik die voorwerp van hatige venyn. Hieroor word die leser ook in Die Trojaanse Perd ingelig.

DOLEANSIE ONTSTAAN
Daar word in die boek spesifiek verwys na die feit dat hierdie nuwe Skrifbeskouing in 2002 tydens ’n Sinodesitting amptelik in die NGK beslag gekry het. Teen die ver¬slag waarin die voorstel vervat is, het Dr. Willie Marais destyds uitvoerig in ’n artikel beswaar aangeteken. Maar die verslag is desnieteenstaande met ’n meerderheid goedgekeur. Die vraag oor die pad vorentoe word ook aan die orde gestel. Die moontlikheid van ‘doleansie’ word genoem; dat lidmate hulle bywoning en bydraes moet staak, totdat die kerk tot besinning gekom het. Daar word ook gewys op die vernietigende gevolge wat soortgelyke liberale teologie op kerke in Europa gehad het. Die vraag of teologiese opleiding aan universiteite moet geskied, kom ook aan die orde. Die fokus van universiteite is op wetenskap, nie op geloofsbou nie.

MAAK DIT ERNS
En omdat wetenskap deesdae per definisie evolusie as voorveronderstelling het, kom geloof in Skrif-geopenbaarde waarheid eintlik vanselfsprekend onder skoot. Kort¬om, hierdie is ’n boek vir Christene wat dit erns het met hulle geloof en hulle kerk. Dis geskryf vir mense vir wie die behoud van die gesonde leer ’n saak van groot erns is en wat bekommerd is oor die liberalistiese tendense in die leerstellings van die Kerk. Dat hierdie boek gaan opslae maak, lei nie die minste twyfel nie. Of sommige kerkleiers hulle daaraan gaan steur, is ’n ope vraag, gegewe hulle fanatiese aanhang van ’n onbewese en onbewysbare hipotese (evolusie) en die liberalisering wat dit in die teo¬logie veroorsaak het.

Dat die NG Kerk hom hard gaan vasloop teen die konsekwensies van dwaalleer in eie geledere, staan soos ’n paal bo water. Laat die Die Trojaanse Perd in die NG Kerk maar ’n profetiese stem wees vir almal wat dink hulle kan die Bybel ver¬ander soos húlle wil!


Die Nuwe Afrikaanse Armoede

Ons, as Kerk is gesamentlik die opdrag gegee om die armes, weduwees, wese, vaderloses, onaan¬treklikes en ongeliefdes te versorg. Ons behoort die verantwoordelikheid te aanvaar en die Heilige Gees toe te laat om ons harte te roer sodat ons hierdie as ‘n saak van erns sal beskou. Jesus het oral waar Hy gegaan het, met deernis opgetree. Elke Christen wat bid om soos Christus te word, behoort presies dieselfde te doen. Ons behoort nooit die desperates, hongeriges en armes se pleidooie op dowe ore te laat val nie.

Ons gegewe opdrag is om nie op te hou om goed te doen indien dit binne ons vermoë is nie. “Moenie wag om goed te doen vir iemand wat dit nodig het nie, veral as dit vir jou moontlik is om dit te doen. Moenie vir iemand sê: ‘Gaan nou weg en kom môre weer, dan sal ek jou help,’ terwyl jy dit nou al kon gedoen het nie.” Spr 3: 27-28.

ONKUNDE DIE OORSAAK
Ek besef dat onkunde en gebrek aan leierskap dikwels bydraende faktore tot ons gebrek aan dade is. Dit is só maklik om jou hande in die lug te gooi en moedeloos te raak. As jy egter werklik oortuig en toegewy is, sal jy verantwoordelikheid aanvaar om iets aan ‘n saak te doen.

Verandering begin reeds by jou gebed, om die waarheid te sê, by die lees van hierdie artikel. Vra dat God jou die wysheid sal gee om die armoede in jou onmiddellike omgewing te hanteer en om jou spesifieke opdragte te gee om uit te voer. Ek moedig jou aan om met ‘n pen en papier gereed te wees en elke idee waaraan jy dan in dié verband dink, neer te skryf. Ek noem langs¬aan ‘n paar wat moontlik ook vir jou tot hulp sal wees, maar voeg asseblief ook die by wat God op jou hart druk.

GERIEFLIKE VERSKONING
Moet tog nie in die strik trap om jou onbetrokkenheid te probeer verdedig met: “my kerk het ‘n barmhartigheidsdiens en hulle help ‘n sekere groep” nie. Indien jy nie persoonlik betrokke is nie, behoort jy God te vra om jou te gebruik. Hy wil nie net sommiges gebruik nie – Hy wil almal gebruik. Almal kán op een of ander manier betrokke raak: sommige deur ‘te gee’ en ander deur bediening en dienslewering.
Ons moet ook nie altyd wag dat die predikante en pastore die leiding neem nie. Hulle rol is om ons aan te moedig om soos Jesus te word. Hulle is daar om die Woord van God te verkondig en om ons te leer om nou só te leef dat die ewigheid vir ons daardeur verander word; om ons te leer dat ons net aan God verantwoordelik is vir ons optrede of ons gebrek aan optrede. Natuurlik kan jou predikant of pastoor toesig hou oor dié bediening, maar hy is sekerlik nié die een wat die hele saak van die grond af moet kry en bestuur nie. Die kerklidmate behoort hier hul verantwoordelikheid te aanvaar.

ALMAL IS BRUIKBAAR
Almal het leierskapseienskappe en kan kragtig deur God gebruik word. Ons moet egter presies vasstel wat die behoeftes om ons is waar ons kan help. Nader jou predikant/pastoor met jou plan en vra hom vir voorbidding. Indien hy ernstig saam met jou bid, sal hy nie hoor dat God nie wil hê jy moet help nie. Geen kerkprogram is belangriker as desperate mense nie.

Elke bediening wat God eer, tree met deernis op en wil verlorenes red. Die ‘red’ behels nie bloot net red van hul omstandigehede, siekte, nood, fisiese dood nie, maar ook deur hulle te red van die ewige dood. Jesus het mense lief, Hy het vir mense gesterf en ons behoort daarna te streef om net soos Hy lief te hê. En dit kan ons deur diensbaarheid en toewyding doen om sodoende ‘n oplossing vir die probleem te help vind.

My hartsbegeerte is dat die Heilige Gees jou sal oortuig en motiveer om die volgende artikel van Prof. Lotter deur te lees, vas te stel hoe jy betrokke kan wees, met ‘n plan vorendag te kom, jou predikant of pastoor vir gebed te nader en dan ‘n verskil in die gemeenskap te maak. Ek sien uit daarna om getuienisse in die verband te lees. Deel jou goeie idees met ons.


Corne & Justine Krige: ‘n Gesin Toegewy Aan Christus

Noem die naam ‘Captain Courageous’ aan enige rugbyspeler en hulle sal onmiddellik weet van wie jy praat. Is dit dan nie die flank wat elke rugbywedstryd van voor af gelei het en feitlik altyd bebloed en beseerd van die veld af gestap het nie? Cornelius Petrus Johannes Krige, beter bekend as Corné, het altesaam 39 toetse vir die Springbokke uitgedraf en was ook gedurende 2002 en 2003 die kaptein van die Springbokspan. Corné is baie beslis ook nie skaam om as leier vir Christus op te tree nie en JUIG! het by hom en sy gesin in Melkbosstrand aan die Kaapse Weskus gaan kuier.

Jy het as jong seun uit Zambië ‘n groot deel van jou grootwordjare in die Paarl in ‘n skoolkoshuis deurgebring. Mense sê jy is as leier gebore. Het die feit dat jou pa minder teenwoordig was in hierdie vormings¬jare, jou leierskap en karak¬ter beïnvloed?
Ek dink ‘n mens word met of sonder sekere leierseienskappe gebore en dit is reeds van jongs af sigbaar. Ek was op ‘n jong ouderdom baie stout. Ek is seker hulle wou kyk of ‘n leiersposisie my nie ietwat kan kalmeer nie. Ek dink dit het tog ‘n bietjie gehelp.

In 2002 het jy die ideaal van seker elke jong Suid-Afrikaanse seun bereik – jy is vir die Springbokspan gekies. Net voor die wedstryd het jy egter al die ligamente in jou knie geskeur. Hoe het jy dit verwerk?
Dit was vir my verskriklik moeilik om te verwerk en ek het baie met God daar¬oor ba-klei. Ek het eers baie later besef hoekom dit met my gebeur het en dat God altyd ‘n plan met jou het. Ek kon later vir jong manne soos Jean de Villiers help om soortgelyke beserings te verwerk.

Wat was die hoogtepunt in jou rugbyloopbaan van 12 jaar?
Ek was bevoorreg om in vier Curriebeker-eindstryde te speel waarvan ons drie gewen het. Die twee waarin ek in 2000 en 2001 kaptein was, was abso¬luut ‘great’. Die Wêreldbeker-toernooi van 2003 was vir my ook ‘n hoogtepunt; al het ons redelik vroeg uitgeval.

Daar is deesdae heelwat boeke van sportsterre op die winkelrakke te koop – Hershelle Gibbs s’n is die nuutste. Jy het in 2005 jou outobiografie ‘The Right Place at the Wrong Time’ gepu¬bliseer. Wat het jou gemotiveer om die boek te skryf?
Ek dink dis regtig iets groots om iets na te laat en om jou gevoelens oor sekere gebeure in jou loopbaan op skrif te sit. Terwyl ek Bok-kap¬tein was, kon ek nie my hart oor enigiets uitpraat nie – die boek was dus vir my ‘n manier om van die frustrasies wat ek gehad het, aan die publiek te verduidelik.

Wanneer het Jesus ‘n werklikheid in jou lewe geword en hoe kon jy dit in spanverband uitleef?
In 2002 het ek ‘n ongelooflike ervaring in die kerk gehad en God het my aan die keel gegryp. Ek het besef dat my lewe moes ver¬ander en dat ek ‘n persoonlike verhouding met Hom moes bou. In spankonteks het ek die meer stresvolle dinge aan Hom oorgegee en minder dinge self uit my eie krag probeer doen.

Julle familie is ‘n rukkie gelede deur die tragiese dood van jou swaer en skoonsuster se twee kindertjies geruk. Wat het jy en Justine uit hierdie hartseer insident geleer?
Ons het in die heel eerste plek geleer dat ons ten volle van God afhanklik is, maar dat ons nie noodwendig, net omdat ons Sy kinders is en vir Hom lief is en Hy vir ons, van enige tragedies of slegte dinge sal ontkom nie. In die moeilikste tye kan ‘n mens net aan één ding vashou: God sal jou dra en krag gee vir elke liewe dag. Ons weet dat Sy hart net so seer soos ons s’n is; al verstaan ons nie noodwendig hoekom so-iets moes gebeur het nie. Wat ons tog wel weet, is dat ons Kir¬sten en Phillip weer sal sien as ons Hom lief het en volgens Sy Wil lewe. En ons missie in die lewe is om hulle weer eendag te sien! Jou oë gaan absoluut oop as jy sien hoe baie mense rondom jou swaar kry of met wie iets soortgelyks gebeur het. Ons het ‘n wonderlike, en amper ongelooflike, ondersteuningsnetwerk. Ons familie is verskriklik naby aan mekaar en ons is altyd dáár vir mekaar. Ons ‘sweat’ nie meer die ‘small stuff’ in die lewe nie. Ons waardeer mekaar en is baie lief vir mekaar. Ons kan nooit genoeg vir mekaar bid en dankbaar wees vir ons kinders se liefde, gesondheid en beskerming nie. Ons kinders is net aan ons geleen en ons moet hulle na God se wense grootmaak.

Meer sportsterre bely deesdae hulle Christenskap openlik in die openbaar. Hoe voel jy daar¬oor?
Ek dink dis wonderlik, maar die dade moet op die woorde volg. Dit beteken niks as dit net woorde bly nie.

Justine, jy is nou al 10 jaar met Corné getroud. Wie is Corné weg van die veld en die ka¬me¬ras af?
Hy is ‘n wonderlike man vir my en ‘n wonderlike pa vir sy drie spruite. Hy is op sy gelukkigste by ons huis. Hy hou daarvan om na werk tyd met sy gesin te spandeer en hy en die kinders ‘surf’ gereeld in die middae na werk.

Soms lyk dit asof die vroue en meisies van sportsterre sulke glansryke lewens het; tog kan dit dikwels baie eensaam en stresvol wees. Daar is soveel kompetisie van die skoner geslag, ongeag ‘n speler se huwelikstatus. Justine, hoe het jy dit hanteer terwyl Corné WP- en Springbokkaptein was?
Sjoe, dit voel behoorlik soos ‘n leeftyd te¬rug. Dit was nooit lekker as hulle weg van die huis af was nie, maar vir my persoonlik was daar altyd net verlange. Ek en Corné het ‘n ongelooflike vertrouensverhouding – ook toe hy nog gespeel het. Ek is glad nie ‘n jaloerse mens nie – dit irriteer Corné soms, want hy wil hê ek moet darem bietjie jaloers wees.

Ek vertrou hom só volkome, want hy is ‘n verskriklike eerlike mens en God lewe in sy hart. Ek is nie naïef om te dink dat daar nie versoekings oor sy pad gekom het en nog sal kom nie, maar ek vertrou hom en bid dat hy altyd die regte ding sou en ook nog sal doen.

Wat, as Christen-vrou, is jou raad van¬dag aan die vrouens en meisies van professionele sportsterre?
Ek glo dat jy as vrou, seker moet wees van jouself. God het ons mos uniek geskape. Maak dit vir jou man lekker om huis toe te kom. Jou man wil beslis nie na ‘n ou kerm¬kous terugkom nie. Hy wil voel dat sy huis sy veilige oord is – vol liefde en weg van mense en die media af.

Wat is die belangrikste karaktereien¬skap¬pe wat julle, as ouers, in jul kinders se lewens wil vaslê?
‘n Liefde vir God, vir mekaar en ook vir hulle medemens; hulle moet andere respekteer en hulle moet goeie manie¬re hê – en dit is natuurlik harder werk as wat ons ooit gedink het.


Bevry Uit Sonde

Ek is getroud en ‘n geordende pastoor, ‘n Namibiër in murg en been met ouers wat Christus geleef het! Ek is op veertien gedoop en wedergebore op ses¬tien. Ek was egter van dertienjarige ouderdom tot in 2010 verslaaf aan pornografie…

WAAR HET DIT BEGIN?
Op dertienjarige ouderdom is ek in die skool¬koshuis bekendgestel aan baie grafiese pornografie en masturbasie. Dit was konsepte wat ek nie op daardie stadium geken het nie, maar die oom¬blik toe my kamermaat aan my verduidelik het wat dit was, was ek verslaaf daaraan.

Die paar keer wat ek aan grafiese pornografie blootgestel is, was genoeg om my ge-dagtes te voed en die beelde op te roep wanneer ek dit ‘nodig gehad’ het. Die lengte waartoe ‘n mens gaan om hierdie ver¬slawing te voed, is ongelooflik! Omdat ek oorgewig, nie eintlik aantreklik is en nie ‘n haan onder die henne was nie, het hierdie ‘donker’ aktiwiteite my goed gepas.

NA SKOOL
Ek het gaan studeer, maar het in dié tyd baie ver van die Here afgedwaal. Alkohol was vir my baie belangriker as vrouens, want ek het nog steeds nie die moed gehad om met meisies te gesels met die oog op ‘n verhouding nie. Ek kon mos nog steeds my gedagtes ‘gebruik’ vir my eie ‘aktiwiteit’ later.

Tydens my kollegejare was ek ‘n perso¬neellid by ‘n skoolverlaterskamp waar ek ‘n meisie ontmoet het. Ons verhouding het uit seks bestaan. Omdat dit ‘n langafstand verhouding was, het dit uiteindelik dood¬geloop. Ek was egter só vasgevang in my ‘pornografiese verbeel¬dingsleefstyl’, dat dit nie eintlik saak gemaak het nie.

CHRISTUS VERSKYN IN DIE PRENTJIE
Na kollege het ek gaan werk, maar in 1999 tot bekering gekom. Twaalf jaar tevore is ek weergebore, maar het die pad, uit eie keuse, byster geraak. In ’99 het ek ophou drink, ophou vloek, maar my ander twee verslawings kon ek nie prysgee nie. Ek was toe reeds voltyds in die bediening, maar my verslawing het voortgeduur.

My gedagtes het genoeg beelde bevat om my te ‘voed’ wanneer dit ‘nodig’ was! Ek het in die stad begin werk en toegang gehad tot die internet… Wow! Internet is die ‘uitkoms’ vir die verslawing van die Here se kinders. Dis anoniem, geheim, donker – net waar die vyand jou wil hê. Dit maak jou anti-sosiaal, want jou lewe word deur dit wat op die skerm is, opgeslurp.

En dit is so maklik om toegang tot die onderskeie webwerwe te kry; selfs ‘n kind van ses sal dit regkry. Ek het, t.s.v. die feit dat ek besig was om te studeer om pastoor te word, nie opgehou nie. Die skuldgevoelens het my bloots gery, maar dit was asof iets my van binne gedryf het.

GETROUD
Ek het altyd gedink as ek dinge dóén, sal die verslawing verdwyn: as ek eendag pastoor is, of as ek getroud is en meer seks met my vrou het, of… dit hét egter nie. Laataande met die afstandbeheer van die TV in die hand, het ek vinnig kanale verander as my vrou ingekom het.

Internetpornografie was egter vir my die heel beste – niemand het daarvan ge¬weet nie. Ek het op die internet begin ‘chat’ en selfs verskeie kere kuberseks gehad met vrouens wat net so verlore was soos ek. En my eie vrou het niks hiervan geweet nie.

VOLTYDS IN DIE BEDIENING
Selfs nie eens toe ek die bediening voltyds betree het, het die verslawing verdwyn nie. Dit het slegs vir ‘n paar maande goed gegaan, maar toe het ek weer die ‘donkerte van my kantoor’ opgesoek – agter ‘n toe deur onder die voorwendsel dat ek ‘tyd met die Here spandeer!’ Ek het selfs op ‘n webblad afgekom waar jy met ‘n webka¬mera ‘jou weivelde kon vergroot’.

Kuberseks het vir my ‘n nuwe dimensie aangeneem. My dubbele lewe, as eggenoot en Pa en pastoor van my gemeente, het sy tol geëis. Nodeloos om te sê, my bediening was aan die kwyn. Ek kon mense nie meer bedien nie; ek het dit selfs oorweeg om weer die wêreld te begin dien. Dit was egter nié die Here se Wil nie. Sonde is nóóit Sy Wil nie. Dit was vir my absolute hel om met myself saam te leef – dit moes dus vir my vrou net so erg, of nog erger, gewees het; al het sy van niks geweet nie.

UITGEVANG
Spreuke 10:19 sê: “Hy wat in opregtheid wandel, wandel veilig, maar hy wat sy weë krom maak, word bekend.” As jy jouself met verkeerde dinge besig hou, word jy altyd een of ander tyd uitgevang. Ek het eenkeer teen¬oor my vrou erken ek het ‘n probleem, sy het my vergewe en gedink die pro¬bleem is iets van die verlede. Maar een aand in Januarie 2010 was ek weer in my kantoor ‘besig’. My vrou het die kantoor ingestap…

LEEF IN ONTKENNING
“Eers toe ek my man uitgevang het, het ek besef wat al jare aan die gang was. Ek het aanvanklik gedink ek verbeel my – geen Christen-man sal mos pornografie op die TV kyk nie. Ek het lank in ontkenning geleef. Ek het die fout by myself gesoek.
Ek het gedink ek was nie aantreklik genoeg vir hom nie en ek het hard aan myself gewerk. Ek het sy guns probeer wen – sonder sukses. Depressie het gevolg… maar ek kon met niemand daaroor praat nie. Hoe kan ek vir iemand vertel dat my man, die pastoor, verslaaf was aan pornografie en internetseks?”

SOEK HULP
“Nadat ek hom uitgevang het, het ons besluit dat hy hulp moes kry. Pastore en predikante kan egter nie sommer by enige plek om hulp aanklop nie. Ons was bewus van Kwazisabantu in Natal en het onmiddellik ons sisteme in plek gekry sodat hy gehelp kon word.” Die rekenaar is geskuif, ander wagwoorde – net aan my vrou bekend – is ingevoer en ek is Kwazisabantu toe vir berading. Reeds tydens my eerste sessie by ‘n berader daar het hy ‘n demoon geïdentifiseer en uitgedryf. Demone maak selfs in predikante en pastore woonplek! Na gebed het ek ook van iets anders bewus geword: wanneer jy met dinge besig is soos wat ek was, lieg jy onbeskryflik baie. Die Heilige Gees het my oortuig dat ek vir elke leuen wat ek vertel het om my ‘donker leefstyl’ te verdoesel, moes vergifnis vra. Ek het die berader weer gevra om vir my te bid en toe manifesteer die demoon behoorlik. Dit het gevoel asof hy my tong uit my mond uittrek, maar toe ek uiteindelik daar uitstap, was ek waarlik vry. “As die Seun julle dus bevry, sal jul¬le regtig vry wees.” Joh 8:36. Ek kon huis toe gaan en nooit weer pornografie kyk nie!

WAT NOU?
Is jy ook vasgevang in ‘n soortgelyke ver¬slawing? Daar is hoop, daar is vergifnis. Al wat jy moet doen, is om die wortel daarvan te vind en dít dood te maak. Die Skrif sê in Luk 3:9, dat indien die boom sleg is, dit by die wortel uitgekap moet word. Vind uit wat die wortel van jou verslawing of sonde is en roei dit uit.

By my het die duiwel vatplek gekry deur die afwesigheid van ‘n sterk, leidende mansfiguur in my lewe, by jou is dit moontlik iets anders. Kry die wortel en roei dit uit! Die Here ontbloot jou nie om met jou die spot te dryf nie, maar Hy ontbloot jou om jou oorwinnaar in jou omstandighede te maak. Ek kon Kwzisabantu toe vir hulp – jy kan ook. Met God se hulp ís dit moontlik!