Is jy reg vir die verandering? 2019 word allerweë beskou as ’n maak-of-breek-jaar vir Suid-Afrika. Die verkiesing gaan bepaal watter soort leiers die koers op ’n kritieke tydstip gaan aandui. Die ekonomie balanseer op ’n mespunt. Maatskaplike stabiliteit is in die weegskaal met die verval van dienslewe-ring en die toenemende tekort aan werks-geleenthede. Vrae word gestel oor politieke partye se betroubaarheid. Elke jaar val die morele standaarde nog ’n trappie laer namate sekulêre liberalisme se uitwerking in die samelewing gesien word. Jongmense, veral, het nie meer gesonde fondamente nie. Die gevolge spreek vanself.
Category: January 2019 Issue
Oorweeg Die 7 Dinge Voor Jy Dink Om Te emigreer
Die uittog uit Suid-Afrika is kommerwekkend. Die rede vir die uittog? Bandelose misdaad, die dalende peil van gesondheidsorg en standaarde in die onderwys sowel as ’n donker ekonomiese toekoms, is van die redes waarom baie mense die land verlaat het en ander dit oorweeg om ook hul tasse te pak en na groener weivelde te vertrek. Alvorens jy egter be-sluit om jou gesin te ontwortel en julle na verre lande verhuis, moet ’n paar belangrike sake oorweeg word.
Anders
Wynand en Lindi Delport van die groep, Anders, gesels gemaklik en ontspanne terwyl ons die Cappuccino geniet wat Wynand vir ons gemaak het. Hy laat Lindi meestal die praatwerk doen en gooi net elke dan en wan een van sy pittige antwoorde in. Dié paartjie het drie Ghoema toekennings onder die belt (Beste Groep/Duo en Beste Album deur ’n Groep in 2016 en Beste Geestelike Album – Bruid – in 2018) en het hulle stempel in die sekulêre sowel as die gospelmusiekwêreld afgedruk. Moet egter nie dink die sekulêre albums beteken hulle is louwarm Christene nie. Die groep se naam, Anders, is in elke media-onderhoud ’n geleentheid om van hulle geloof te getuig. Hulle het juis die naam gekies na aanleiding van Romeine12:2:“Wees heilig, want Ek is heilig” – wat in Die Boodskap lui: “Wees anders, want Ek is anders.”
10 Dinge Wat Jy Oor Die Hemel Wil Weet
n Jong dame het tranerig teenoor my man erken dat sy bang is om Hemel toe te gaan. Sedertdien het ons ontdek dat baie Christene dieselfde vrees koester.