Ysterman, atleet en onbeskaamde getuie vir Jesus

Alwyn Uys het onlangs van Robbeneiland na Eden on the Bay in Blouberg geswem. Die 8 km is reeds ’n groot uitdaging vir enige atleet, vir Alwyn was dit nog ’n groter toets – hy is ’n parapleeg. Dit is egter nie die rolstoel wat die eerste indruk maak nie. Dis die intensiteit van lewe en energie wat uit hom straal. Lees gerus die artikel oor hierdie inspirerende jongman wat ook die eerste parapleeg was om ’n Halfysterman te voltooi.

Skaf gerus vir jou die nuutste JUIG! Tydskrif aan, om meer hieroor te lees.


Sal die nuwe entstowwe ons DNS verander?

As jy wonder oor die nuwe COVID-19-entstof en of jy moet laat inent het ons net die artikel vir jou. ’n Senior wetenskaplike van Creation Ministries International wat tans menslike genetika bestudeer, dr. Robert Carter, het vir ons ’n insiggewende artikel geskryf oor die entstof. ’n Paar bekende Christen-leiers gee ook in die artikel hulle mening oor wat ons as Christene te doen staan met betrekking tot inenting teen die koronavirus.

Skaf gerus vir jou die nuutste JUIG! Tydskrif aan, om meer hieroor te lees.


Wat gaan ons evangelie vir 2021 wees?

Stephan Joubert skryf in hierdie artikel: “Een keer paar jaar benodig my motor ’n diens. Maar elke paar jaar is dit tyd vir ’n major overhaul. Dan moet die enjin van hoek tot kant bekyk en reggesien word. Nouja, dit is nou sulke tyd vir ons geloof. Ons geloof het flou, liefdeloos, aggressief en hard geword. Buitestaanders skud net hulle koppe in stomme verbasing oor Christene wat onder mekaar veg oor enigiets vanaf die Amerikaanse president tot inentings teen die koronavirus.”

Skaf gerus vir jou die nuutste JUIG! Tydskrif aan, om meer hieroor te lees.


’n Getuienis van vreeslose eerlikheid

Lucille is die medestigter van die Shofar-kerkgroep. Sy en Fred May het die kerk in 1991 as jong getroudes gestig toe dit spontaan uit byeenkomste by hulle huis ontstaan het. Ongelukkig is die egpaar vroeg in 2014 uitmekaar. Sy praat in hierdie artikel oor die reis van gebrokenheid tot heelheid en die betekenis van haar boek, Die Papie-Suite, wat onlangs uitgereik is.

Vir elke Christen wat moeg is vir godsdienstigheid en ’n dieper dors het, is hierdie ’n moet-lees-artikel. 

Skaf gerus vir jou die nuutste JUIG! Tydskrif aan, om meer hieroor te lees.