Musiek uit die hart

JUIG! het met Julanie J gesels. Die blondekop mag dalk net 23 wees, maar sy het reeds haar merk in die Suid-Afrikaanse musiekwêreld gemaak. Die talentvolle sanger en liedjieskrywer se debuutalbum, Spirit Breakout, het in 2015 binne 24 uur iTunes se Top-30-trefferparade gehaal. Sy het in 2019 as 21-jarige ’n kontrak met Warner Music South Africa losgeslaan! 

Sy gesels met ons oor haar roeping, die liefde, haar verhouding met die Here en vertel hoe sy as kleuter die dood wonderbaarlik vrygespring het.

Skaf gerus vir jou die nuutste JUIG! Tydskrif aan wat tans op die rakke is om meer oor hierdie artikel te lees. Ware mense, ware lewe, ware Christenskap!


Visie vir jou lewe in 2022

“Ek hoop hierdie lering sal jou help om by die plek uit te kom waar jy eendag wanneer jy voor God staan ​​om rekenskap van jou lewe te gee, sal kan sê: “Ek het die visie vervul wat U my vir my lewe gegee het,” sê Rick Warren ter inleiding van hierdie artikel. 

Wat is die drie resultate wanneer jy nie visie vir jou lewe het nie? Wat is die vyf valstrikke wanneer jy met vrees na die toekoms kyk? Wat is die vier waarskuwingsligte wat flikker wanneer jy in vrees lewe? 

Lees gerus hierdie artikel in die nuutste JUIG! Tydskrif wat tans op die rakke is en kry God se visie vir jou lewe. Ware mense, ware lewe, ware Christenskap!


Hoe laat jy jou stem hoor?

Freedom of Religion South Africa (FOR SA) word dikwels gevra wat mense kan doen om hulle grondwetlike reg op godsdiensvryheid te beskerm. Die goeie nuus is dat Suid-Afrika ’n grondwetlike demokrasie is, wat beteken dat die regering ons insette móét vra oor enige beleid of wette wat hy wil maak.

Wees ingelig oor die oorsprong van beleid en wette, hoe die proses werk en wat jou rol as burger is om ook ’n bydrae te maak.

Skaf gerus vir jou die nuutste JUIG! Tydskrif aan wat tans op die rakke is, om uit te vind hoe jy prakties jou stem kan laat hoor. Ware mense, ware lewe, ware Christenskap!


Deel God met jou kinders

“Ek ontvang so ’n paar maande gelede ’n vraag van iemand wat wil weet hoe sy haar kleinkind oor Jesus kan leer. Kindertjies aanvaar en luister as ’n mens met hulle oor Jesus praat, maar jy wonder altyd of the konsep regtig posgevat het,” sê Herman de Kock van Geloofstroom, ’n interkerklike jeugbediening. 

Enige ouer en grootouer sit met hierdie vraag. Dit is belangrik om die konsep van God-drie-enig met ons kinders te deel. In der waarheid is dit elke ouer se belofte om die verantwoordelikheid van Matteus 28:19 op te neem. 

Skaf gerus vir jou die nuutste JUIG! Tydskrif aan wat tans op die rakke is, om uit te vind hoe om jou kinders van God te vertel. Ware mense, ware lewe, ware Christenskap!