Wie gaan jou kinders se wêreldbeskouing vorm?

In ’n wêreld oorstroom deur ideologieë en agendas in stryd met Christelike waardes, het dit dringend noodsaaklik geword om van kleins af by ons kinders ’n Bybelse wêreldbeskouing te vestig.

Nie een van ons word met ’n Bybelse wêreldbeskouing gebore nie, dit moet ontwikkel word. ’n Wêreldbeskouing is soos ’n bril. Kyk ons na die wêreld deur humanistiese, sekulêre lense of deur die lens van God se Woord en waarheid?

Skaf gerus vir jou die nuutste JUIG! Tydskrif aan wat tans op die rakke is, om meer oor hierdie artikel te lees. Ware mense, ware lewe, ware Christenskap!


Vyf verbasende feite oor uile wat jy nooit sou kon raai nie

Uile is beslis fassinerende voëls met hulle groot oë en die onthutsende vermoë om hulle koppe bykans reg rondom te kan draai. Ons Skepper het hierdie nagtelike jagters ’n paar baie verrassende kenmerke gegee.

Het jy byvoorbeeld geweet talle uilspesies het ore wat asimmetries en verskillend in grootte is? Dit gee die hulle die vermoë om die presiese ligging van ’n geluid te kan bepaal en hoe ver die prooi van hom af is.

Skaf gerus vir jou die nuutste JUIG! Tydskrif aan wat tans op die rakke is, om meer oor hierdie artikel te lees. Ware mense, ware lewe, ware Christenskap!


Agt wenke vir ’n vars begin in 2023

Wat ’n wonderlike geleentheid om elke jaar ’n nuwe begin te hê, ’n vars begin in 2023. Ek praat nie van Nuwejaarsvoornemens nie – daardie goeie dinge wat ons behóórt te doen, maar wat ek en jy al twee weet ons nooit regtig mee gaan volhou nie. Kom ons doen vanjaar iets anders.

Moses het gebid: “Leer ons om ons dae so te tel dat ons ’n wyse hart mag bekom!” – Psalm 90:12 (OV). Elke sekonde, minuut, uur, dag, week en maand van 2023 is God se geskenk aan ons. Laat ons die tyd uitkoop en sorg dat ons vanjaar werklik léwe – nie net bestaan nie.

Skaf gerus vir jou die nuutste JUIG! Tydskrif aan wat tans op die rakke is om meer oor hierdie artikel te lees. Ware mense, ware lewe, ware Christenskap!


Geestelike én geestige pretprater

Is jou lus geblus? Is jy moeg geploeg? Vir papgeklaptheid is Elsabe Aldrich se lagdoepa net die regte medisyne. Selfs die titels van sommige van haar praatjies kielie al klaar jou lagspiere: “Van treurkoeklikheid tot triomfantlikheid”; “’n Soplepel vol hemelse bruissout”; “Vou jy of floreer jy?”; “Van sukkelend tot sukkulent” – om maar net ’n paar te noem.

Dié pretprater – soos sy haarself beskryf – gesels onder meer met ons oor humor en die gesondheidsvoordele daarvan om te skaterlag.

Skaf gerus vir jou die nuutste JUIG! Tydskrif aan wat tans op die rakke is om meer oor hierdie artikel te lees. Ware mense, ware lewe, ware Christenskap!