Staan Vas

Soos ons vinnig die einde van die kerk-era nader, blyk dit dat die geestelike stryd waarin ons betrokke is, al hoe meer intens raak. Soos enige soldaat jou sal vertel, hoe hewiger die stryd, hoe vinniger raak hulle uitgeput. Hiermee in gedagte maak baie Christene met wie ek praat almal dieselfde opmerking – hulle kan nie wag om hemel toe te gaan nie, want hulle is uitgeput. Glo my, ek voel dieselfde! Maar totdat daardie glorieryke dag aanbreek, wil ek jou aanmoedig om die stryd voort te sit as ’n goeie soldaat van Christus.

Sonder aanmoediging en hoop sien baie mense lyding as betekenisloos. Maar as gevolg van ons posisie in Christus, kan ons vasstaan. ’n Gesegde wat ek graag gebruik, is dit: ons kan die opposisie trotseer wanneer ons vasberade in ons posisie staan. Wanneer ons oor die goeie stryd van die geloof praat, gebruik ek dikwels vier eenvoudige woorde: plig, dissipline, afstand en begeerte. Laat ons elkeen afsonderlik ondersoek…

…om die volle artikel te lees, skaf gerus vir jou die nuutste JUIG Tydskrif aan wat nou landwyd in alle vooraanstaande supermarkte te koop is!


Wie Op Aarde Is Gen Z? En Hoe Bereik Ons Hulle?

Ons is geroep om dissipels van alle nasies te maak (Mat 28:19-20). Ons dink dikwels sending is om die Evangelie na die uithoeke van die aarde te neem, maar het jy al ooit die volgende generasie as ’n “onbereikte” mensegroep beskou?

Ons ontwikkel indrukwekkende strategieë om kulturele groepe wat nog nooit die Evangelie gehoor het nie, te bereik – wat absoluut noodsaaklik is – maar wie sal die Evangelie na die uithoeke van die aarde neem wanneer ons nie meer hier is nie?

…om die volle artikel te lees, skaf gerus vir jou die nuutste JUIG Tydskrif aan wat nou landwyd in alle vooraanstaande supermarkte te koop is!


Karakters Van Die Bybel: Isak

Die Bybel verwys gereeld na God as “die God van Abraham, Isak en Jakob” en al drie mans word Israel se aartsvaders genoem. Tog kry die middelste man, Isak, baie min aandag in die Bybel. As die beloofde kind van die verbond speel Isak egter ’n sentrale rol in die geskiedenis van verlossing en kan Christene belangrike geestelike waarhede by hom leer.

Die verhaal van die aartsvader Isak in Genesis is verbasend kort in vergelyking met sy vader Abraham en sy seun Jakob. Abraham se verhaal strek oor meer as ’n dosyn hoofstukke en Jakob het ook ’n storie wat oor tien hoofstukke strek. Maar Isak se verhaal kom en gaan; hy word relatief geïgnoreer in Genesis. Genesis 24 vertel hoe Abraham se dienaar na ’n vrou vir Isak soek en haar vind, maar Isak self verskyn eers aan die einde van die hoofstuk, en hy sê nie ’n woord nie…

…om die volle artikel te lees, skaf gerus vir jou die nuutste JUIG Tydskrif aan wat nou landwyd in alle vooraanstaande supermarkte te koop is!


Marilize de Clercq: Gemerk Deur ’n Ontmoeting Met Die Ware, Lewende God.

Dit is nie die eerste keer dat Marilize de Clercq, persoonlike stilis, spreker en styl-influencer, op JUIG! se voorblad pryk nie. In 2016 het sy haar hart oopgemaak en gedeel hoe sy en haar man, Chris, die trauma van hul dogtertjie, Gia, se stilgeboorte verwerk het. Sy het vertel hoe sy in haar donkerste oomblikke na Jesus uitgeroep het en berusting in Hom gevind het.

Nou, amper ’n dekade later, gesels ons weer met Marilize – maar hierdie keer is daar iets besonders en diep anders aan haar. Sedert die vorige onderhoud het sy ’n lewensveranderende keerpunt in haar geestelike reis ervaar wat haar verhouding met God tot ’n nuwe diepte gevoer het. Ons gesels met haar oor die verdieping in haar geloof en haar geestelike transformasie…

…om die volle artikel te lees, skaf gerus vir jou die nuutste JUIG Tydskrif aan wat nou landwyd in alle vooraanstaande supermarkte te koop is!