Verantwoordelike Pastorale Sorg

n Leraar is dikwels die eerste persoon by wie daar om hulp aangeklop word wanneer daar ʼn probleem opduik, en die leraar moet dikwels moeilike kwessies hanteer waarvoor hy dalk nie opgelei is nie. Baie Bybelskole en kweekskole se studente ontvang nie voldoende opleiding op hierdie gebied nie en die student herken gevolglik nie die simptome, en weet nie hoe om die probleem te hanteer nie. Die Bybel bevat voldoende beginsels waarvolgens ons ander mense kan beraad sodat hulle genesing en herstel kan vind, maar bevoegde, verantwoordelike Bybelse berading is iets waarvoor opleiding ontvang moet word.


Is Suid-Afrika Volgende?

Gedurende die afgelope paar jaar was daar ‘n paar voorvalle wat baie politieke kundiges laat glo ‘n Suid-Afrikaanse ‘Arabiese Lente’ is waarskynlik. Dit het begin met die Marikana-bloedbad in 2012, gevolg deur die apartheidsagtige sloping van huise in Lenasia, en toe die historiese plaaswerkerstaking by De Doorns. Onlangs was daar die Fees-Must-Fall-veldtogte, die anti-immigrantprotes in Februarie, grootskaalse landswye anti-Zuma-protesoptredes en aansienlike ontwrigting toe Coligny-inwoners eiendom in die Noordwes-provinsie begin afbrand. In hierdie artikel bespreek die stigter van INcontext Ministries die moontlikheid van rewolusie aan die hand van ooreenkomste en verskille tussen Egipte en Suid-Afrika.
̶ deur Mike Burnard


God Se Hoop Vir Elke Gesin

Hettie Brittz is voorwaar ’n vrou met vele talente hoewel sy dit sekerlik op haar beskeie manier sou ontken maar dit is juis wat Hettie so geliefd maak; en al is sy ‘n outeur, gewilde gasspreker, persoonlikheidsprofielkenner, betrokke by skooldissiplinestelsels en nog boonop ’n bergklimmer, skram sy nie daarvan weg om oor haar tekortkominge, haar worstelinge as ouer en die uitdagende proses van menswees te praat nie. Dit maak haar toeganklik vir haar gehore en lesers. Lees in hierdie artikel oor haar bergklimervarings saam met Freedom Climb, en vind meer uit oor jou ouerskapstyl wanneer sy gesels oor die Hoop vir elke huis-konferensie waarby sy en Louis vandeesmaand saam met Focus on the Family betrokke is.
.̶ deur Lourieke Haller


Genesing Vir Die Liggaam

Jesus het gesê die koninkryk van God behels om God lief te hê, om jouself lief te hê en om ander lief te hê. Dit is waar, selfs op die gebied van genesing! Die nuutste mediese navorsing verbind 87-95% siektes met ‘toksiese ingesteldhede’ in jou gedagtelewe. Dit spruit uit ‘n gebroke verhouding met God, onsself en / of ander. Genesing begin dus by die herstel van die verbreekte verhoudings waardeur jy weer in ‘n liefdevolle verhouding met God, jouself en ander staan. Die sleutel tot alle genesing kan in een woord saamgevat word, LIEFDE!
̶ deur Michelle Strydom