Vernuwe jou denke

Dr. Caroline Leaf is ’n kognitiewe neurowetenskaplike met ’n Ph.D. in kommunikasiepatologie en ’n B.Sc. in logopedie en oudiologie. Sy is in Zimbabwe gebore en het aan die Universiteit van Kaapstad gestudeer. Sy is ’n wedergebore Christen wat daarna streef om God se waarhede in die sfeer van die neurowetenskap uit te dra en bekend te maak dat Hy inderdaad die outeur van ons lewens is. Sy het verskeie DVD-reekse vervaardig en is die outeur van talle fenomenale boeke wat lesers help om die verband tussen hul gedagtelewe en hul gesondheid te verstaan.


Rampartytjies: Hoekom hou ons dit?

Rampartytjies is deesdae net so deel van die voorbereidings vir die huweliksdag as die kombuistee vir die bruid – en gepraat van die bruid, “hennepartytjies”, die “vroulike weergawe” van rampartytjies, begin nou ook kop uitsteek in ons Afrikaanse kultuur.
Die rampartytjie is niks nuuts nie; reeds in die vyfde eeu voor Christus het die Spartane op die vooraand van die troue ’n fees vir die voornemende bruidegom gehou. Dit was eintlik om die jong, onskuldige bruidegom moed in te praat en raad te gee hoe om in sy nuwe rol as man in die huwelik op te tree.


Geen misdaad om Bybelse waarheid te verkondig

Die gevaar lê by onwedergebore Christene wat met hulle verstand glo en bloot ’n akademiese begrip van Jesus Christus het; hulle het die tradisies en wette lief, maar wil nie standpunt inneem vir die waarheid nie.
Onlangs is ’n berig in ’n Afrikaanse koerant gepubliseer waarin beweer word dat ’n pastoor tydens sy preek by St. Andrew’s College in Grahamstad sekere dinge gesê het wat daartoe gelei het dat hy by die Menseregtekommissie verkla is. Ná ’n gesprek met die pastoor het dit duidelik geword dat die waarheid weer eens verdraai is.


Die apologeet: Hoe lyk jou lewe?

Daar bestaan geen twyfel dat die enkele grootste struikelblok tot die doeltreffende verdediging van die Evangelie nie die onvermoë is om die regte antwoorde aan die wêreld te verskaf nie, maar eerder Christene wat nie die Evangelie uitleef nie.
“Daar is vyf Evangelies – Matteus, Markus, Lukas, Johannes en die Christen; sommige mense sal nooit die eerste vier lees nie.”