Na aanleiding van die reaksie op ons artikel in die Mei-uitgawe, “Hoe het die ‘kerk’ by hierdie punt uitgekom?” het ons ondersoek ingestel om uit te vind waarom mense die tradisionele hoofstroomkerke verlaat.
Lees die volledige artikel in die nuustse uitgawe van JUIG! Tydskrif.
Category: July 2019 Issue
Wat Elke Christen Moet Weet Oor Sielsbande
Wanneer mense trou, word hulle “in die eg verbind” – of soos die Engelse sê: “You tie the knot.” Die Bybel beskryf dit om “een vlees” te word (Genesis 2:24; Matteus 19:5). Om in die huwelik een vlees te word, behels beslis ’n seksuele ervaring. Hiertydens gee jy jouself geestelik en fisiek, tesame met alle aspekte van jou siel, aan jou lewensmaat. Ongelukkig was die eerste een met wie ons “een” geword het, vir ’n groot meerderheid van ons wat hierdie artikel lees, nie ons eggenoot nie.
Liberale Teologie: Troebel Water Of Nie?
Liberale teologie was tot onlangs ’n term wat hoofsaaklik in kerkkringe gebruik is. Om dit deesdae om braaivleisvure te hoor, is egter nie vreemd nie. Wat is liberale teologie? Hou dit ’n bedreiging in?
Lees die volledige artikel in die nuutste JUIG! Tydskrif.
Kolonel Schalk Visagie In Die Spervuur
Die koeël het my net onder die linkerduim getref, versplinter en drie verskillende uitgangswonde gelaat. In die proses het die punt van my wysvinger in die slag gebly en is dit amper morsafgeskiet. Ek kon die verlammende pyn van my verrinneweerde senuweestelsel voel … My hand was nou nutteloos, ek kon basies dwarsdeur die gate kyk.
Lees die artikel in die nuutste uitgawe van JUIG! Tydskrif