Ledivia En Rolene Strauss, ’n Oorvloedige Lewe In Hom

Die twee skoonsussies en mediese dokters, Ledivia en Rolene Strauss is onbeskaamd lief vir die Here. Al twee het as kinders reeds die pad saam met Jesus begin stap. Rolene, die voormalige Mej. Suid-Afrika (2014) én Mej. Wêreld (2014), het nie net haar mediese studies voltooi nie, maar ook onlangs met haar meestergraad in filosofie en bestuursafrigting begin. Sy en Ledivia het saam ’n holistiese mediese praktyk, RevitaHealth, oopgemaak waar hulle fokus op kliënte en pasiënte se fisieke en geesteswelsyn. JUIG! het met hulle gesels oor hul geloof, die mite van die perfekte vrou en oor gesondheid van binne na buite…

Skaf gerus vir jou die nuutste JUIG! Tydskrif aan, om meer hieroor te lees.


Bevordering Van Transgenderisme In Openbare Skole

Volgens Genesis 1:27 het God die mens “man” en “vrou” geskape. Wêreldwyd is daar egter ’n toenemende neiging vir sekere individue om nie met hulle biologiese geslag te identifiseer nie. Hierdie individue verteenwoordig die “T” in LGBT+ en word as “transgender” bestempel. Skole word toenemend die platform waar daar met hierdie gevaarlike transgender-ideologie gesmous word. 

Lees gerus in hierdie insiggewende artikel oor die nuwe neiging en wat die Wes-Kaapse onderwysdepartement se voorgestelde Konsepriglyne oor Gender-identiteit en Seksuele Oriëntasie in Openbare Skole presies gaan behels.

Skaf gerus vir jou die nuutste JUIG! Tydskrif aan, om meer hieroor te lees.


Eugenetika, Opreggeteelde Honde Betaal Die Prys

Baie mense hou van opreggeteelde honde. Hulle is bereid om baie duur te betaal vir die kenmerkende eienskappe en voorspelbare geaardhede van die gekose honderas. Maar hoekom het hierdie eienskappe so gesog geraak en is hierdie gewenste “rassuiwerheid” beter vir die hond se gesondheid?

Hierdie artikel ondersoek die ontstaan van opreggeteelde honderasse en die uitwerking van eugenetika op die genepoel van die honderasse.

Skaf gerus vir jou die nuutste JUIG! Tydskrif aan, om meer hieroor te lees.


Die Donkerkant Van China Se Noue Bande Met Suid-Afrika

Die Chinese Kommunisteparty (CKP) se verslae oor die oorsprong en uitbraak van die koronaviruspandemie is onder die loep. Verskeie lande ondersoek die moontlikheid dat die virus sy oorsprong in ’n laboratorium in Wuhan, China gehad het. Die Chinese Kommunisteparty (CKP) se strewe na wêreldoorheersing is ook geen geheim nie. China het massiewe sakebelange in lande oor die hele wêreld. Daarbenewens is die CKP se verdrukking van sy eie burgers is ook goed gedokumenteer. Verskeie verslae bevestig dat die regime geen godsdiensvryheid of enige vorm van teenstand duld nie – soos ook nou in Hongkong te sien is. 

Tog handhaaf Suid-Afrika, ’n demokrasie wat daarop aanspraak maak dat hy menseregte en vryhede hoog ag, noue politieke en ekonomiese bande met China. 

Skaf gerus vir jou die nuutste JUIG! Tydskrif aan, om meer hieroor te lees.