Kunstenaar bring lig en hoop aan vlugtelinge in Pole

Kan kuns ingespan word om die liefde van Christus met ander te deel? ’n Inspirerende projek deur ’n Suid-Afrikaanse kunstenaar doen presies dit. Sy kombineer Christelike gasvryheid met kreatiewe pret by ’n hotel wat in ’n vlugtelingsentrum in haar gasheerland, Pole, omskep is.

Een keer per week verruil Ira van der Merwe haar houtskool vir kleurvolle verf, pastelle en kryt om weer vreugde in die harte en glimlaggies op die gesigte van kinders te bring wie se lewens deur die oorlog in die Oekraïne ontwrig is.

Skaf gerus vir jou die nuutste JUIG! Tydskrif aan wat tans op die rakke is, om meer oor hierdie artikel te lees. Ware mense, ware lewe, ware Christenskap!


Die era van die gentleman is nie verby nie

Hoewel daar steeds ware here is, lyk dit of die geleenthede om een te wees, in die tradisionele sin van die woord, verminder het. Ons dra nie meer hoede nie, wanneer lig jy dus jou hoed vir iemand? Die heer se rol by deure van geboue word vandag vervang deur ’n sensor wat die deur vir ieder en elk oopmaak. Hoe dit ook al sy, Wilbrie Fourie van die Broer Toer, dink nie die gentleman in die manne is weg nie.

“Ek weier om te aanvaar dat die era van gentleman-wees verby is. Ek glo daar is vandag juis méér geleenthede vir ons, ons moet dit net raaksien!” skryf hy.

Skaf gerus vir jou die nuutste JUIG! Tydskrif aan wat tans op die rakke is, om meer oor hierdie artikel te lees. Ware mense, ware lewe, ware Christenskap!


Tot wie moet ons bid: die Vader, die seun of die Heilige Gees?

Ons bid om verskeie redes: Dit is ’n vorm van diens aan God (Luk 2:36-38) en om Hom te gehoorsaam (Fil 4:6-7). Ons bid om ons geloof in God te demonstreer, maar die belangrikste, omdat Jesus dit gedoen het. Tog het talle Christene vrae oor gebed.

Tot wie moet ons bid: die Vader, die seun of die Heilige Gees? Hoe kan ek my vrees om in die openbaar te bid, te bowe kom? Is dit aanvaarbaar om tydens korporatiewe gebed hardop in tale te bid? Is dit aanvaarbaar om herhaaldelik vir dieselfde ding te bid? Wat is ydele herhaling?

Skaf gerus vir jou die nuutste JUIG! Tydskrif aan wat tans op die rakke is om meer oor hierdie artikel te lees. Ware mense, ware lewe, ware Christenskap!


Van vrees tot vryheid

As jong student het Nadia verlammende angsaanvalle gekry. Sy was op sterk kalmeermiddels en moes ’n paar keer per week ’n sielkundige besoek. Ná ’n besonder moeilike tyd toe sy ’n maand lank nie kon eet of slaap nie, het sy finaal aan die einde van haar kragte gekom. Sy het geweet as iets nie verander nie, gaan sy dit nie maak nie …

“My geestelike oë het oopgegaan; die Heilige Gees het my gevul. Daar in die doopbad het God my bevry en gesag oor angs gegee. Ek het begin leer hoe om in oorwinning te stap,” getuig sy oor haar bekering en doop.

Skaf gerus vir jou die nuutste JUIG! Tydskrif aan wat tans op die rakke is om meer oor hierdie artikel te lees. Ware mense, ware lewe, ware Christenskap!