Wees In Die Regte Wingerd

Geen ouer staan een keer per jaar voor hulle kinders met die opdrag: “Groei drie sentimeter in die komende jaar of daar is moeilikheid” nie. Ons kan niemand dwing om te groei nie, nie eens onsself nie. Groei geskied organies, ook in ons geloofslewe. Hoe? Wel, al kan ons nie geestelike groei op onsself of ander afdwing nie, kan ons die regte roetes volg wat groei sal bevorder. In hierdie artikel word die volgende roetes bespreek vir geestelike groei: Wees in die regte wingerd ( Lukas 13:6-9); smag na die Here soos ʼn pasgebore smag na melk (1 Petrus 2:1-3); groei geskied in die rigting van die Here ( Markus 10:43-45.


Its Time

“Wie het al so iets gehoor? Wie het dit al gesien? Word ʼn land op een enkele dag gebore? Of word ʼn nasie in een oomblik in die wêreld gebring? Maar Sion het skaars geboortepyne gekry of sy het haar kinders in die wêreld gebring.” Jesaja 66:8. Met hierdie 12-bladsy artikel gedenk ons die historiese It’s Time-gebeddag wat op 22 April 2017 in Bloemfontein gehou is. Daar is terugvoer oor die geleentheid deur oom Angus Buchan; Hardus Zevenster van Tygerberg 104fm; dr. Arno van Niekerk, een van ons medewerkers; en Mike Burnard van INcontext Ministries. Ons het die dag vasgevang met talle van die treffende foto’s asook ʼn getuienis van een van ons lesers, Surina Schoeman, se belewenis van die dag.


Hoe Groot Is Die Probleem?

Die term ‘fake news’ het die titel, ‘woord van die jaar’ vir 2016 verower en het veral op die voorgrond getree tydens die furore rondom die Amerikaanse presidensiële verkiesing. Fake news, vals nuus / fopnuus is die doelbewuste verspreiding van misleidende inligting vir finansiële of politieke gewin. Die dae is verby waarin ’n mens net goedsmoeds dít wat jy lees as die waarheid kan aanvaar omdat blootstelling aan vals nuus toenemend deel van ons daaglikse lewe word. Vind meer uit oor voorvalle van vals nuus oorsee sowel as hier in Suid-Afrika en hoe om dit uit te ken. Daar rus ’n verpligting op elkeen van ons om versigtig om te gaan met nuus wat ons lees en aanstuur.


Christelike Reaksie Op Wettiging

Op 31 Maart 2017 het die Kaapse hoë hof beslis dat die verbod op dagga ongrondwetlik is. Die hof het dele van die Wet op Dwelms en Dwelmhandel en die Wet op die Beheer van Medisyne en Verwante Stowwe strydig met die grondwet verklaar, in sover dit inbreuk maak op die private gebruik van dagga vir persoonlike doeleindes. Reaksie in die land is uiteenlopend met baie mense wat ten gunste van die uitspraak is weens die medisinale voordele van dagga, en ander wat ontsteld en teleurgesteld hieroor is. As Christene is dit noodsaaklik om ons na die Skrif te wend vir ʼn Bybelse wêreldbeskouing wanneer ons met sulke kwessies gekonfronteer word, eerder as die algemene publiek se mening.