Nalatenskap Van n Vader

Ons Afrikaanse kultuur was nog altyd op sterk Christelike en morele waardes gegrond en ons ouers en voorouers het baie hard gewerk om ’n beter lewe vir hul kinders te verseker. Tog het baie van ons pa’s feitlik geen verhouding met ons oupas gehad nie. Daar was ’n groot “afstand” tussen ons ouers en grootouers en dit het ook ’n uitwerking op ons gehad.


Gerrie Bester: Abba Vader Het Jou Geskape Met Een Doel

“Here, ek glo dat U bestaan en ek ken al die Bybelverhale, hoe U mense kragtig gebruik het, maar wat van my, Here? Waar pas ek in hierdie prentjie in? Het U my ook met ’n doel in ge-dagte geskape? Here, hoe raak ek ontslae van hierdie verlange wat in my brand dat daar iets méér aan die lewe moet wees?” Dít was die vrae wat in Gerrie Bester se hart gebrand het die dag toe hy onder ’n boom in die bosveld tot opregte wedergeboorte gekom het en God as sy “Abba Vader” ontmoet.


Absolute Verwysingspunt

Op ons lewensreis het ons bakens en merkers nodig – absolute verwysingspunte wat ons koersvas hou. God het sulke merkers en bakens gegee om te verseker dat ons veilig by ons eindbestemming aankom.