Is jou huwelik op ’n pynlike plek? Voel jy ontnugter in die bediening, veg jy teen depressie terwyl jy spartel om kop bo water te hou en vir jou gesin te sorg? Daar is hoop, al voel dit nie so nie. Rainer en Charmaine Boshoff kan daarvan getuig.
Soos die meeste van ons, streef hulle om hul Christenskap by die werk, in die huis en in hulle gemeenskap uit te leef. En al is hulle nie bekendes of sterre nie, is hulle ’n egpaar wat die Liggaam stilletjies in die agtergrond dien. Hulle is nie bang om in nederigheid oor hulle foute en uitdagings in die lewe te praat nie – iets wat dit maklik maak vir ander om by hulle aan te klop vir hulp en raad.
Lees die volledige artikel in ons Junie 2019-uitgawe!
Category: June 2019 Issue
Onkunde Is Dodelik
Die verkiesings het gekom en gegaan en met tye is ’n mens oorweldig deur die stroom propaganda, leuens en fopnuus wat die rondtes gedoen het. Waarvan die meeste via WhatsApp en SMS’e gedeel is. ’n Mens het dieselfde WhatsApp-boodskap van tien verskillende mense af ontvang, en tog het niemand éérs die feite geverifieer nie, maar in onkunde alles wat op hulle foon verskyn het, aangestuur. Dit is uitputtend en onrusbarend.
Lees die volledige artikel in ons Junie 2019-uitgawe!
Josef Aardse Vader Van Jesus
God het Josef gekies om Jesus se aardse vader te wees. Die Bybel sê in die Evangelie van Matteus dat Josef ’n regverdige man is. Sy optrede teenoor Maria, sy verloofde, bevestig dat hy ’n goedhartige en sensitiewe man was. Toe Maria vir Josef sê, sy is swanger, het hy die volste reg gehad om verneder te voel. Hy het geweet dat die kind nie syne is nie en dat Maria se oënskynlike ontrouheid ’n sosiale skande was. Josef het nie net die reg gehad om van Maria te skei nie, maar volgens die Joodse wet kon sy gestenig word.
Lees die volledige artikel in ons Junie 2019-uitgawe!
Stem Jou Evangelisasie Ooreen Ment Die van handeliknge
In Romeine 1 lees ons Paulus se boodskap aan die kerk in Rome. Paulus bemoedig die kerk: “want in die hele wêreld praat die mense oor julle geloof.” Die geloof dat Jesus, hulle Messias, uit die dood opgestaan het en aan die regterhand van God die Vader sit.
Lees die volledige artikel in ons Junie 2019-uitgawe!