Hykie Berg – invloedryke stem vir die Koninkryk

Hykie Berg is ’n bekende op ons televisieskerms, ’n motiveringspreker en entrepreneur. Sy eerste boek, Hykie BergMy storie van Hoop, oor sy worsteling met verslawing en sy uiteindelike herstel, was ’n topverkoper. Dit is slegs uitgestof deur Jacques Pauw se The President’s Keepers – nogal ’n pluimpie vir ’n Afrikaanse, Christelike boek! Hykie en sy vrou Gerridene, is ook gesoute sakelui, maar maak jy ’n draai op sy Facebook-blad of op sy Instagram, is dit duidelik dat hy onbeskaamd “radikaal vir Jesus” is. Geniet in hierdie uitgawe ons heerlike kuier saam met hom.

Kry jou Junie-uitgawe van JUIG! Tydskrif wat nou op die rakke is! 


Vervalste spinnekopfossiel flous wetenskaplikes

Met die eerste oogopslag lyk dit na ’n baie interessante ​​gefossileerde spinnekop wat uiters goed behoue gebly het en hoewel ’n verslag oor die “fossiel” in ’n sekulêre joernaal gepubliseer is nadat dit deur akademiese eweknieë beoordeel is, was dit ’n vervalsing. Gelukkig het ’n paleontoloog, wat spesialiseer in ongewerwelde diere, lont geruik toe hy ’n foto van die fossiel sien. Lees gerus die artikel om meer uit te vind oor dié voorval.

Kry jou Junie-uitgawe van JUIG! Tydskrif wat nou op die rakke is! 


Hoe die koronavirus die tafel vir die eindtyd dek

Die huidige koronaviruspandemie is nie ’n eindtydgebeurtenis waaroor daar in die Bybel geprofeteer word nie. Die wêreld het bloot nog nie daardie tydperk betree nie. Dit is egter van belang vir ons omdat hierdie pandemie die tafel dek vir die vervulling van die Bybelse profesieë oor die eindtyd. In hierdie artikel word vyf dinge bespreek wat jy in die nabye toekoms kan verwag. Sorg dat jy nie aan die slaap is nie!

Kry jou Junie-uitgawe van JUIG! Tydskrif wat nou op die rakke is! 


Hoe om ’n boek self te publiseer

Baie van ons lesers vra vir inligting oor hoe om ’n boek in Suid-Afrika te publiseer. In hierdie artikel verduidelik ons die belangrikste stappe en verduidelik ons die vyf maniere waarop jy jou boek kan laat publiseer. Ons bespreek die voordele daarvan om jou boek self te publiseer. Die allerbelangrikste vraag: “Hoe om ’n boek self te publiseer”, word aan die hand van praktiese stappe uitgelê en ons verskaf ook handige skakels en name van digitale uitgewers wat jou kan help om jou droom te verwesenlik om jou boek te publiseer. Moenie hierdie uitgawe misloop nie.

Kry jou Junie-uitgawe van JUIG! Tydskrif wat nou op die rakke is!