Komediant en Koninkrykskind

As jy nodig het om uit jou maag te lag, is Mariette Loubser, op ons Junie-uitgawe se voorblad, net die regte medisyne. ’n Lepelvol van haar humor sal enige swartgalligheid verdryf. Sy is snaaks – regtig snaaks. Sy het vir ons onder meer Toeris-toeris; Die kerkkys (oor Christen-dating) en Toe Apple nog ’n vrug was gebring. 

Daar is egter baie meer as net humor aan hierdie stand-up-komediant en sanger. Vir haar is haar Christenskap ’n saak van erns. Wanneer sy oor Jesus praat, swem haar oë in die trane, want Sy het Hom met alles in haar lief en hierdie passie vir Hom is hoogs aansteeklik! 

Skaf gerus vir jou die nuutste JUIG! Tydskrif aan wat tans op die rakke is, om meer oor haar te lees.


’n Eksistensiële bedreiging vir die wêreld se oseane

Seaspiracy – die ontstellende dokumentêre rolprent wat ’n diep en donkerbedryf oopvlek – is iets waarna alle Christene moet kyk. Hierdie omstrede rolprent onthul die omvang van die onreg wat die kommersiële visserybedryf elke dag pleeg asook die geweldige uitwerking wat dit op die omgewing het. 

As Christene is dit ons plig en verantwoordelikheid om op hoogte te bly van wat in die wêreld aangaan en om enige booshede aan die lig te bring. Ons moet waghou oor God se wonderlike skepping en die aarde bewaar. As ons elkeen ons bydrae lewer, kan ons ons brose oseane die kans gee om te herstel. 

Lees gerus hierdie artikel in die nuutste JUIG! Tydskrif wat tans op die rakke is, om meer uit te vind oor wat jy kan doen.


Waarom moet ons met die Heilige Gees vervul word?

Gedurende Pinkstertyd word ons weer opnuut bewus gemaak van die Heilige Gees. Ons kan nie sonder die Heilige Gees lewe nie! Ons lewens is baie soos die van ’n vlieër. Ons het die wind van God se Gees nodig om geestelik aan die lewe te bly. 

Soms probeer ons in eie krag opstyg, maar ons ken die neus-in-die-grond-gevoel al te goed. Ons is magteloos om op eie houtjie die snel, gekompliseerde lewe aan te durf as ons nie uit die krag van God die Heilige Gees lewe nie.

Skaf gerus vir jou die nuutste JUIG! Tydskrif aan wat tans op die rakke is, om meer oor die Heilige Gees se werking in jou lewe uit te vind.


Verseker gesonde gesinne en kniel as man en vrou saam voor die Here

Daar is niks so wonderlik soos wanneer ’n pa hoor hoe sy kind by maatjies spog oor hoe wonderlik sy/haar pa is nie. Dit bly van die mooiste woorde as ’n man hoor: “Pappa, ek is baie lief vir jou.” Volgens statistiek blyk dit egter dat 50% tot 60% kinders vandag sonder ’n pa grootword.

In hierdie artikel ondersoek ds. Dirkie van der Spuy waarom so baie pa’s afwesig is van die huis en gee hy goeie raad aan ma’s en pa’s om gesonde gesinne te verseker.

Skaf gerus vir jou die nuutste JUIG! Tydskrif aan wat tans op die rakke is, om meer hieroor te lees.