Kan ek spinnekoppe doodmaak? Is hulle nie deel van God se skepping nie?

Daar is darem maar niks wat baie van ons koue rillings gee soos ’n harige ou reënspinnekop teen die muur nie. My pa het die outjie vreesloos op sy hand laat klim en veilig buite vrygelaat. Ouma het een gil gegee en van daardie spinnekop was daar spoedig net ’n nat kolletjie oor.

Is dit verkeerd om ’n spinnekop of enige van die ander goggas dood te maak? Is hulle dan nie deel van God se skepping nie?

Skaf gerus vir jou die nuutste JUIG! Tydskrif aan wat tans op die rakke is, om meer oor hierdie artikel te lees. Ware mense, ware lewe, ware Christenskap!


Waarom het God die Israeliete beveel om perde se senings af te sny?

Voordat Josua die geveg met koning Jabin van Hasor begin het, het God hom beveel om al die perde wat hy sou buit, se hakskeensenings af te sny en al die strydwaens in die vuur te verbrand. “Die Here het vir Josua gesê: “Moenie vir hulle bang wees nie. Môre dié tyd gee Ek hulle oor aan Israel, dan sneuwel hulle almal. Jy moet hulle perde se hakskeensenings afsny en hulle strydwaens verbrand.” – Josua 11:6

Die Afrikaanse vertalings praat van “hakskeensenings afsny”. Die meeste Engelse Bybels gebruik hamstring, hoewel sommige vertalings ook to cripple gebruik. Die oorspronklike Hebreeuse woord is iqqer en word in Josua 11, 2 Samuel 8:4 en 1 Kronieke 18:4 gebruik asook een keer in Genesis 49:6. Dit lok twee vrae uit. Wat presies moes die Israeliete aan die perde doen en hoekom moes hulle dit doen?

Skaf gerus vir jou die nuutste JUIG! Tydskrif aan wat tans op die rakke is, om meer oor hierdie artikel te lees. Ware mense, ware lewe, ware Christenskap!


Wat is dit presies en wat is die nié?

Die term “haatspraak” is deel van die alledaagse woordeskat en word gereeld heen en weer geslinger, maar bestaan ​​dit in die Suid-Afrikaanse reg? Word haatspraak verbied? Is dit ’n misdaad? Wat is die straf daarvoor?

As jy onseker is oor wat dit presies behels en of jy wel uiting mag gee aan jou Christelike oortuigings sonder om bang te wees dat jy hof toe geslaap sal word, lees gerus hierdie artikel van Freedom of Religion South Africa vir meer duidelikheid.

Skaf gerus vir jou die nuutste JUIG! Tydskrif aan wat tans op die rakke is om meer oor hierdie artikel te lees. Ware mense, ware lewe, ware Christenskap!


Evangelis en vriend van die Heilige Gees

“Pinkster is nie ’n denominasie nie, dit is ’n wedervaring wat elke wedergebore kind van God moet beleef,” sê die evangelis, Israel Taylor tydens ons onderhoud. As jy enigsins voel jou geestelike lewe is droog of dat jy jou eerste liefde verloor het, stel ek voor dat jy net ’n paar minute met Israel Taylor gesels. Die intense liefde (en respek) wat hy vir Jesus het en sy strewe na innige vriendskap met die Heilige Gees, maak jou dors – diep dors.

Nadat ons beleef het hoe hy ’n groep vurige CfaN-ondersteuners selfs nog meer aan die brand gepreek het – soos sy held, Reinhard Bonnke – het ons ’n verfrissend eerlike gesprek met hierdie jong evangelis gehad.

Skaf gerus vir jou die nuutste JUIG! Tydskrif aan wat tans op die rakke is om meer oor hierdie artikel te lees. Ware mense, ware lewe, ware Christenskap!