Die waarheid sal veroorsaak dat baie jou haat

Ek het onlangs ’n toonaangewende bediening se visie gelees. Dit het verklaar dit is om “kerke te skep waarvan ongekerkte mense sal hou”. Laat ons gerus bekend wees vir ons vriendelikheid en deernis, maar laat ons nie onsself mislei nie. Dieselfde wêreld wat vir Jesus gehaat het, sal ons ook haat. Dieselfde mensdom wat in Jesus se tyd die duisternis bo die lig gekies het, word steeds vandag na die duisternis aangetrek.

Laat ons dus ons bes doen om kerke en gemeenskappe te hê wat die ongekerktes sal liefhê, maar nie ten koste daarvan om die waarheid duidelik en met deernis te praat nie.

Skaf gerus vir jou die nuutste JUIG! Tydskrif aan wat tans op die rakke is, om meer oor hierdie artikel te lees. Ware mense, ware lewe, ware Christenskap!


Misleiding, ’n teken van die eindtyd

Toe hulle vir Jesus gevra het wat die teken van sy wederkoms en die einde van die wêreld sou wees, is die eerste ding wat Hy gesê het: “Pas op dat niemand julle mislei nie” (Matt 24:4).

Maar soos John Bevere tereg opgemerk het: “Daar is net een probleem met misleiding, dit is misleidend. Dié wat mislei word, glo met hulle hele hart dat hulle reg is, terwyl hulle in werklikheid verkeerd is.” Hoe vermy ons dus misleiding?

Skaf gerus vir jou die nuutste JUIG! Tydskrif aan wat tans op die rakke is, om meer oor hierdie artikel te lees. Ware mense, ware lewe, ware Christenskap!


Hoe weet trekvoëls waarheen om te vlieg?

Sou jy jou ouers later kon volg as hulle skielik oorsee gaan en jou alleen agterlaat terwyl jy nog baie jonk is? Sou jy hulle roete kon volg sonder enige geskrewe instruksies? Onmoontlik? Nie vir trekvoëls nie!

Hoekom onderneem voëls hierdie verstommende reise? Hoe weet hulle waarheen om te vlieg en waar om nes te maak? Geskied die migrasie net van noord na suid? Hoe drink die voëls water en waar kom hulle energie vandaan op die ononderbroke vlugte oor duisende kilometers ver, dikwels oor die oseane van die wêreld?

Skaf gerus vir jou die nuutste JUIG! Tydskrif aan wat tans op die rakke is om meer oor hierdie artikel te lees. Ware mense, ware lewe, ware Christenskap!


Ruan Josh, boerseun met ’n stem van goud en ’n hart vir Jesus

Ruan Josh, sy sus, Franja du Plessis, en hulle ma, die bekende sangeres Juanita du Plessis, is so eg Afrikaans en eie aan Suid-Afrika soos ons koppie boeretroos in die oggend. Ruan, wat eintlik maar in sy diepste wese ’n boerseun is, het met ons gesels oor sy geloof, vriendskap, familie en wat die storms van die lewe hom geleer het.

“Of dit nou deur dansmusiek, diep ballades of geestelike musiek is, een ding kan die gehoor maar weet: Jesus is die middelpunt van my bestaan; die lewe saam met Hom is soveel beter as om alleen te wees.”

Skaf gerus vir jou die nuutste JUIG! Tydskrif aan wat tans op die rakke is om meer oor hierdie artikel te lees. Ware mense, ware lewe, ware Christenskap!