10 Maniere Om Jou Verhouding Met Jou Kinders Te Verbeter

Toe ek in my twintigs was, was daar ’n groep gesinne wat ek redelik goed leer ken het. Al die ouers was ongeveer 10 tot 15 jaar ouer as ek. Hulle was wonderlike voorbeelde van goeie ouers. Maar selfs hulle het met sekere dinge gesukkel. Baie ouers sukkel om na aan hul kinders te bly soos hulle ouer en meer onafhanklik word. Dis nie eenvoudig nie en daar is geen waarborg op sukses nie. Maar as jy wonder hoe om ’n beter verhouding met jou kinders te hê en verbondenheid te behou soos hulle ouer word, is hier tien praktiese maniere…

…om die volle artikel te lees, skaf gerus vir jou die nuutste JUIG Tydskrif aan wat nou landwyd in alle vooraanstaande supermarkte te koop is!

Alles Wat Jy Moet Weet Oor Gebed: Deel 1

In hierdie nuwe reeks poog ons om al jou vrae oor gebed te beantwoord. Hoor God ons gebede? Wat verhinder gebede? Is daar voorwaardes? Is aanhoudende of herhalende gebed Bybels? Hoe moet ons onbeantwoorde gebede hanteer? En nog soveel meer…

…om die volle artikel te lees, skaf gerus vir jou die nuutste JUIG Tydskrif aan wat nou landwyd in alle vooraanstaande supermarkte te koop is!

Karakters Van Die Bybel: Engele

Dit mag dalk sommige Christene verras, maar engele verskyn oral in die Bybel. Van die 66 Bybel-boeke maak 34 melding van engele. Hierdie maand sal ons ’n breë blik werp op die bediening van engele. Die Engelse woord “angel” kom van die Griekse woord vir boodskapper, “angelos”, maar dit is nie die enigste Bybelse woord wat hierdie wesens aandui nie. Daardie woord beteken ook nie noodwendig ’n engelwese nie…

…om die volle artikel te lees, skaf gerus vir jou die nuutste JUIG Tydskrif aan wat nou landwyd in alle vooraanstaande supermarkte te koop is!

Hykie Berg Oor Manwees, Pa-Wees En Sy Stryd Teen Uitbranding

Hykie Berg se storie is een van radikale transformasie en herstel. Die veelbekroonde akteur, skrywer en entrepreneur het geweldige persoonlike uitdagings in sy lewe ondervind. Vir jare het hy gesukkel met heroïenverslawing en is ook gediagnoseer met verskeie geestesgesondheidsuitdagings. Vandag streef Hykie daarna om ander te inspireer om genesing, verlossing en doelgerigtheid na te jaag. Sy grootste doel bly egter om sy vrou, Gerridene, en hulle tweejarige dogtertjie lief te hê en te koester. Hykie het onlangs ook self deur ’n seisoen van uitbranding gegaan. In hierdie openhartige gesprek deel hy eerlik oor manwees, pawees, en hoe belangrik dit is om uitbranding te herken en te hanteer...

…om die volle artikel te lees, skaf gerus vir jou die nuutste JUIG Tydskrif aan wat nou landwyd in alle vooraanstaande supermarkte te koop is!