Riana Nel – Die Singende Evangelis

Twaalf jaar gelede het ’n jong sangeres van Namibië die musiekwêreld soos ’n storm getref toe sy ‘Crescendo 2000’ gewen het. Riana Nel, boorling van Windhoek, Namibië, het daarna behoor¬lik in die SA Gospelmusiekbedryf wortelgeskiet. JUIG! het met haar gesels om meer oor dié talentvolle en uitgesproke volgeling van Jesus uit te vind.
Wanneer het jy jou hart en lewe aan Jesus oorgegee?
Ek het daar op ’n berg net buite Windhoek gesit en al was ek maar net so omtrent 10 of 11, het ek daardie dag sommer in trane uitgebars oor die sons¬ondergang. Ek huil in elk geval maklik, maar op daai oomblik het ek besef God is persoonlik en naby! Ek is in Hom en Hy in my! Nooit sal Hy my verwerp nie; ek is deel van Hom en hy aanvaar my nét soos ek is! Hy is so tevrede met hoe Hy my gemaak het! Op daardie berg het ek Sy aanra¬king gevoel, Hy bestaan nie net in die teorie nie, maar is ‘tangible’…tasbaar.
Waar kom jou liefde vir musiek vandaan?
Grootgeword in ’n musikale huis én jy word natuurlik daarmee gebore. My pa kan die kitaar en mondfluitjie tegelyk speel en is iemand oor wie ek graag spog. My ma het ’n lieflike stem en so saam-saam het my ouers saam met ons kuiermense gesing. My sus, Nianell, het alte graag saamgesing, maar ek en my ander sus het eerder om die hoek weggekruip, ons was nie te mal oor die aandag nie. Ek het my lewe lank ge¬stoei teen hierdie beroep, maar dit het my ge¬kies! My so aan die kraag getrek, en ek weet dis wat ek moet doen! En waarvoor Hy jou roep, sal Hy jou toerus en lei! As God jou roep, sal hy die deure oopmaak en niks sal jou kan keer nie. Hy is die grootste promotor ooit! Nie mense nie. En dan bygesê… Die Here gebruik alte graag sy tyd, so wees geduldig!

Fokus jy hoofsaaklik op lof- en aanbiddingsmusiek of sing jy ook ander, sekulêre musiek?
Ek het drie Christelike albums gemaak en my laaste album, deur die Coleske-broers, is ’n sekulêre album. Musiek is ’n instrument om by die wêreld uit te kom. Vir té lank het ek toegelaat dat die boodskap net na dié wat dit reeds gehoor het, uitgaan: dis erg frustrerend vir iemand wat ’n evangelistiese hart het. Ek het toe met ’n sterk oortuiging ’n sekulêre album opgeneem wat steeds die Woord bevat. Ek het nooit gedink dat ek soveel teenkanting van Christene sou kry wat my daaroor kruisig nie. Ek het die grootste vrede oor wat ek doen en sien God in elke lied en elke CD wat verkoop. Ek weet ek kry dit nou reg.

Watter uitdagings moet jy as Christen in die Christen-musiekwêreld in die oë kyk?
Om eg te bly. Om nie ’n ‘selfrighteous’ masker op te sit nie. Mense het nodig om die swak jy en ’n sterk God te sien. Hulle ‘relate’ daarmee en dis selfs wat die wêreld raaksien; ’n mens bewys juis God se Genade deur dit nie te probeer bewys nie. Trots is altyd iets wat aan my deur klop en as ek kla en kla en kla, manifesteer dit in trots. “God resists the proud, but gives grace to the humble.’’ Ek probeer dus met my hele hart ‘dankie, dankie, dankie!’ sê en vertrou dat God die beste weet en altyd goed is!

Is jy deel van ’n spesifieke
gemeente?
Ek dink dis vreeslik belangrik om êrens ingeskakel te wees, om mense rondom jou te hê wat vir jou reguit vrae vra. Ek kies my kerk oor die Lewe, Woord en Gees wat daar is. Ware vriendskappe is baie belangrik! Ek het sulke mense wat my perspektief in my lewe gee. As my wasgoed op die grond lê, help hulle my om dit mooi op te hang. Ek maak seker dat geen muf in my kaste groei nie, alles moet in die lig wees!
Wat is dit omtrent mu¬siek wat jou so opgewonde maak dat jy daarop fokus terwyl jy eintlik gekwali¬fi¬¬¬seer¬ het as grafiese ontwerper?
Daar is soveel dinge wat my ‘laat tiek’ en ek het nog nooit goed in ’n ‘boks’ geaard nie. Ek doen alles waarvoor ek lief is. Hoekom nie? Ek voel net die gemaklikste met musiek, dis waarlik ‘effortless’ vir my! Grafiese ontwerp is iets wat ek doen as ek nie sing nie en nie andersom nie. Die Here praat met my deur die liedjies wat ek skep en ek gee woorde aan mense wat sukkel om te praat.
Jy dra die boodskap oor en kan selfs soms die manier waarop mense dink, beïnvloed! ‘Why do nothing when you can change the world?’ Nog iets wat my uiters opgewonde maak, is die spontane liedjies wat ek skep.
Dit wys die Heilige Gees wat deur die woorde praat, vir my en ek staan altyd verstom oor hoe Hy werk deur ‘toevallige’ woorde wat mense uitskreeu. ’n Mens is geneig om soms soos die wêreld se grootste skynheilige te voel as jy so preek deur jou musiek, liedjies en lewe… maar dis normaal. ‘I haven’t arrived yet’, maar is in geloof op pad in my reis.

As jy voor ’n gehoor optree, wat visualiseer jy of waaraan dink jy?
Ek sal gereeld na die dak of in die ligte opkyk en dan is dit asof ek my Here oor my sien glimlag en hoor sê: “Ek is tevrede met jou voordat jy ’n noot sing my liefie!” Op daardie oom¬blik is dit net ons twee.
Ek herinner my daaraan dat my aanvaarding nie in dit is wat ek doen nie, maar ín Wie ek is! Ek staan net voor mense omdat Christus my kwalifiseer en om geen ander rede nie! Dan… sing ek tot ek voel hoe my stembande dans en ek sommer net hardop wil lag van lekkerkry. Soms huil ek ook deur party ‘songs’. Dis lekker om nog te kan vóél hoe dit voel waaroor jy sing. Dis hoekom ek eer¬der my eie liedjies wil skryf en sing!

Jy is ook ’n ywe¬rige wêreldreisi¬ger en het reeds verskeie ander lan¬de besoek. Waar¬om het jy te-ruggekom SA toe terwyl jy tog die wêreld voor jou oop gehad het?
Ek dink nie my reise is al verby nie, daar is nog baie planne en drome! Enige kind van God wat ’n baanbreker is, DROOM nog groot…ja, uit jou begroting uit.
Ek weet God het vir my ’n boodskap gegee vir alle mense, maar veral vir mý mense. Ek weet dat dit nóú die tyd vir my is om tuis te wees en in my taal te sing. Ek verstaan die Afrikaner-hart, sy seer en sy kommer: ek is een. Ek’s nou nie Ester nie, maar ek voel die roep… vir ’n tyd soos dié! Ek sal nie stilbly nie! Ek sing net uit ’n hart vol van liefde!

Jou nuwe CD se titel is ‘Die Moeite Werd’. Waarop sinspeel die titel?
Elke seisoen wat ons beleef en elke berg wat ons klim, is die moeite werd, al voel dit nie op die oomblik so nie. God laat alles uitwerk volgens Sy Wil.
Ook ’n ‘prophetic statement’ dat vrouens weer moet begin glo dat hulle dit werd is om soos prinsesse hanteer te word en nie met die tweede beste tevrede moet wees nie. Dis snaaks hoe ek getoets word oor alles wat ek sing en skryf – ek moet verseker twee keer dink!

Sien Riana haarself ook as
‘getroud en as ma’?
Ja, maar daar is eers baie pret om te geniet en nog baie reis voor die regte man my sal kan inspan. Hy sal maar hard moet veg!
En wanneer dit gebeur, sal ek dit van die dakke af skreeu! So ’n ou sal sowaar iets wees om oor te spog! Daar is twee tipes vrouens wat enkellopend is: Dié wat bitter en kwaad is en dié wat desperaat is.
Ek wil nie een van daai twee wees nie, maar ’n vrou wat HOOP op haar God se perfekte tyd sodat dit Hom sal eer!

Enige bemoedigende woord vir ons lesers en vir jongmense in 2012?
Kom ons sê eerder dankie as om te kla! Soek Hom in alles en lag vir jouself as jy te diepsinnig raak. Mmmmm, doen elke week iets mal en buite jou roetine.
Weet dat jy niks anders as jouself hoef te wees om begeerlik te wees nie! ‘Expect God’s favour!’ En o ja…koop my CD en luister veral na snit nr. 11! +


Ontwortel Post-Modernisme die Kerk?

Post-modernisme is nie ’n bedreiging in die verre verskiet nie. Dit het die Evangeliese Kerk en die manier waarop ons ‘kerk doen’ reeds baie diep geïnfiltreer. Omdat die Amerikaanse Kerk die sentrum is wat die res van die wêreld beïnvloed (deur middel van die vele prominente sprekers wat regoor die wêreld reis en optree), volg Suid-Afrika hierdie tendens. Die ‘Opkomende Kerk’ is die formele uitdrukking van hierdie geloofsoortuigings. Op informele vlak beteken dit dat daar reeds diegene is wat hulle nie met die ‘Opkomende Kerk’ identifiseer nie, maar reeds hierdie geloofs¬oortuigings hul eie gemaak het.

Post-modernisme verander
die Kerk van Christus
Post-modernisme het eerstens die manier waarop die meeste Christen-jongmense die betekenis en doel van die Evangelie – ons kernboodskap – beskou, beïnvloed. Die tradisionele Evangeliese Boodskap is dat ons almal teen God gesondig het en onder Sy toorn die ewige straf behoort te kry. Maar die Goeie Nuus is dat Jesus die Here is en dat Hy in ons plek gely en gesterf het. Indien ons dit glo, ons sonde bely en Hom as ons Here aanneem, Hy ons van God se toorn sal verlos en ons met God versoen. Ons word dus, as nuwe skepsels, deel van Sy Koninkryk.
Daar was nog altyd verskeie alternatiewe evangelies. Maar nou, met post-mo¬dernisme, word hierdie evangelies, wat die Christendom wil omskep in ’n ‘gebruikersvriendelike leefstyl’ wat ons help om gelukkiger te leef, die gemeenskap help vorm en sosiale kwessies aanspreek, baie gewilder. Wat is gemarginaliseer? Die Kruis, sonde, hel, sondebelydenis en die ewige lewe. Wanneer sonde enigsins genoem word, word dit deur mense as kwetsend beleef. Hoe God daaroor voel, is vir hulle van min¬der belang. Nodeloos om te sê, indien Christene die ‘polities-inkorrekte dele’ in hul aanbieding van die Evangelie ignoreer, word die ware Evangelie nie meer aangebied nie en ware bekerings kan dus nie plaasvind nie.

Post-modernisme beïnvloed
wêreld-evangelisasie
Ten tweede het post-modernisme veroorsaak dat die hele benadering tot evangelisasie en sending verander het. Die tradisionele manier was om mense met die absolute Waarheid te konfronteer en sondebelydenis te eis (Hand 2). Voordat post-modernisme sy verskyning gemaak het, het die soekersensitiewe beweging na maniere gesoek om mense na die kerk te lok sonder om hulle te affronteer.
Dit is wel ’n geldige evangelisasiebenadering en het tog verlossingswerk tot gevolg gehad. Maar dit kan egter pro¬bleme tot gevolg hê. Indien dit as die enigste benadering gebruik word, sal ’n groot aantal mense wat nie in die kerk belangstel nie, nooit die ware Evangelie hoor nie. As die Evangelieboodskap op sigself ‘versag’ word net om mense nie af te skrik nie, sal dit ook problematies wees. Post-modernisme en die ‘Opkomende Kerk’ het egter nog ’n tree van tradisionele Evangelisasie weggetree. Hulle is voorstanders van ‘gesprek en dialoog’. Met ander woorde, hulle gesels met mense ten einde gemeenskaplike gronde te vind en hoop dan dat daar bekerings mag plaasvind. Die Christelike godsdiens word as ’n alternatiewe leefstyl aangebied – nog ’n ‘keuse’ – en die Evangelie verswak.
Tradisionele Christendom bied Jesus as dié ‘Weg’, dié ‘Waarheid’ en dié ‘Lewe’ aan. Post-modernisme bied Hom net as ‘nóg ’n weg, ’n waarheid en ’n lewe’ aan. En daar is ’n reuse verskil! Geen belydenis van sonde nie, net ’n bekering van persoonlike gods¬dienstige oortuigings.
Mense is bang om aanstoot te gee
Post-moderniste sien derdens geen nood¬saaklikheid of verpligting om die Evangelie aan almal (Matt 28) te verkondig nie. Hulle glo dat ’n mens die ‘reg’ moet verdien om die Evangelie aan iemand te bied sonder om aanstoot te gee, eerstens deur verhou¬dings te bou en goeie werke te doen sodat die Christendom ’n goeie beeld mag hê.
Daar is absoluut niks verkeerd met verhouding-bou om mense te wen nie, maar indien ons eers die reg op hierdie manier moet verdien, sal ons óóit genoeg gedoen kry om die reg te verdien? Die gevolg is dat Christene bang is om die Evangelie te verkondig omdat ons altyd onseker voel. Nee! Ons behoort die Evangelie te verkondig omdat dit vir mense se eie heil is en omdat die Here Jesus ons die opdrag gegee het. Hy het ons ook die gesag daartoe gegee – ons het nie nodig om enigiemand anders se toestemming te verdien nie.

Die Opkomende Kerk is misleidend
Post-modernisme affekteer Christene se houding teenoor ander Christene wat vervolg word juis omdat hulle die Evangelie verkondig. Omdat hulle self onwillig is om vir hul geloof te ly of om selfs die Evangelie aan hul intieme vriende te verkondig, is dit vir hulle uiters moeilik om te verstaan waarom Christene gewillig is om mishandeling, marteling en tronkstraf ter wille van hul geloof te verduur.
Post-modernisme het ook veroorsaak dat die manier waarop onbekeerdes die Evangelie in post-moderne lande soos Amerika, Europa en Suid-Afrika interpreteer, verander. Toe modernisme gewild was, het mense gewoonlik geargumenteer dat die Evangelie ‘onwetenskaplik’ of ‘agterlik’ is en wou geensins daarna luister nie.
Met post-modernisme is hulle heel gewillig om te luister, maar herinterpreteer die Evangelie deur ’n post-moderne lens. Vir hulle is die Evangelie bloot iemand se persoonlike voorkeur en ervaring – nie ’n uitdaging om sonde te bely nie. Daardie dele van die Evangelie wat dus polities inkorrek is, moet egter weer aangebied word. Dit is die absolute en enigste Waarheid. Dit is so tragies dat die media se aanbieding van die Evangelie so verkeerd deur die lesers interpreteer word.

’n Gevaarlike ideologie wat weerlê moet word
Soos met enige kultuur, is daar maniere waarop ons kan aanpas om die post-moderne jeug te bereik sonder om met kompromie die Evangelie af te water. Mense se getuienis, verhoudings, gevoelens, gemeenskap en sosiale belange kan gebruik word en daar kan selfs met nuwe erediensformate geëksperimenteer word. Maar die kern van die Evangelie mag nooit in die slag bly nie!

Sendingpogings ly skade
Moderne liberalisme, wat die rasionele denke en anti-superna¬turalisme beklemtoon, het korte mette met alle sendingpo¬gings van die Protestantse kerke in die 1920’s en 1930’s gemaak. Post-modernisme en die ‘Opkomende Kerk’ bedreig moderne sending¬aksies. Dus, as deel van wêreldevangelisasie en -sending¬aksies, behoort die hele Post-moderne ideologie en die ‘Opkomende Kerk’ tuis beveg te word.


Darwin se Mentors

Twee mans wat ’n groot invloed op Charles Darwin se lewe gehad het, was predikante wat ook wetenskap beoefen het. Dit ten spyte van die feit dat beide téén evolusie gekant was. Hulle was dominee John Henslow, ’n professor in plantkunde en lewenslange vriend van Darwin, en dominee Adam Sedgwick, ’n professor in geologie. Albei hierdie professore was van die universiteit van Cambridge en het Darwin se sienings grootliks beïnvloed.

John Stevens Henslow (1796–1861)
Henslow was ’n akademikus met ’n wye belangstelling. Nadat hy in 1818 afstudeer het, het hy geo¬logiese ekspedisies na die Isle of Wight (saam met Adam Sedgwick) en die Isle of Man meegemaak. In 1822 is hy as professor in mine¬ralogie aan die universiteit van Cambridge aangewys – ’n pos waaruit hy bedank het nadat hy in 1825 by dieselfde universiteit aangewys is as professor in plantkunde. Intussen is hy in 1824 as ’n Anglikaanse predikant georden.
As stigter van die universiteit van Cambridge se Botaniese Tuin, het Henslow in 1821 begin om ’n gedroogde plantversameling van die hele Britse planteryk bymekaar te maak.1 Sy doel was om ‘die perke van verandering (aanpassing) binne die ‘geskape’ spesies te ontleed’. Hy het die perke van verandering gebruik om spe¬sies te definieer deur ’n gebruik waarna hy as kollasie verwys het, m.a.w. ’n vergelyking van die veranderde of aangepaste spesie met die oorspronklike. Hierin het hy die standpunt gehandhaaf dat spesies nie evo¬lueer nie, maar wel die vermoë het om binne perke deur verandering aan te pas.
In sy outobiografie het Darwin geskryf dat sy vriendskap met Henslow, meer as enigiets anders, sy hele loopbaan beïn¬vloed het. Dit het begin toe Darwin ’n voorgraadse student was en een van Henslow se lesings in 1828 bygewoon het. Daarna het hy Henslow se vyf-week-lange plantkunde kursus drie keer bygewoon – in 1829, 1830 en 1831.

As deel van die lesings het Henslow uitstappies in die Cambridge-omgewing gereël. Darwin het so baie tyd hiér deurgebring dat van die ander lektore na hom verwys het as ‘die man wat saam met Henslow wandel’. In sy outobiografie skryf Darwin van Henslow: ‘Hy was diep godsdienstig, en so ortodoks dat hy my eendag vertel het dat hy gegrief sou wees as één woord van die 39 Artikels 2 sou verander’.

Henslow se hipotese
Ten spyte hiervan was Henslow met ’n lang, komplekse geologiese ge¬skiedenis wat nie maklik met Genesis vergelyk kon word nie, versoen – behalwe in ’n algemene, figuurlike sin. In sy enigste publikasie, ‘The Flood’ (1823), het Henslow ’n hipotese vir ’n natuurlike verklaring vir die Vloed ter tafel gelê – ’n katastrofiese komeetbotsing met die aarde.

In 1831 was dit juis Henslow wat sy nuut-¬afgestudeerde student, Charles Darwin, voorgestel het vir die posisie as naturoloog om kaptein Robert Fitzroy aan boord van die HMS Beagle op die opname-ekspedisie na Suid-Amerika te vergesel. Ter voorbereiding het Henslow egter vir Darwin op ’n geologiese ekskursie na Noord-Wallis saam met prof. Adam Sedgwick gestuur.

Adam Sedgwick (1785–1873)
Sedgwick was nog ’n akademikus wat as Anglikaanse predikant bevestig is (1818) voordat hy tot professor aan die Universiteit van Cambridge as die hoof van geologie ver¬kies is. Gemeet aan vandag se standaarde was hy nie juis ’n evangelis of ’n jong-aarde-skeppingsleerder nie, maar tog ook nie ’n evolusionis nie. Sy geologiese oortuiging was katastrofisties,3 en hy het in ’n reeks bonatuurlike skeppingsaksies oor ’n lang uitgestrekte geskiedenis geglo.

Vandag sou hy bekend staan as ’n progressiewe skeppingsleerder. Interessant genoeg kon hy nie die anomalie van geloof in ’n jong menslike oorsprong, teenoor ’n ou ouderdom vir gesteentes, raaksien nie. Aldus skryf hy: ‘Die geoloog…sien ’n lang opeenvolging van monumente wat elk moontlik ’n duisend eras kon neem om te ontvou’.

Alhoewel Sedgwick ’n ou-aarde-geoloog was, was hy gekant teen enige vorm van bio¬logiese evolusie.

Toe Robert Chalmers in 1844 sy eie teo¬rie oor evolusie (of transmutasie) anoniem publiseer in sy ‘Vestiges of the Natural History of Creation’,4 het Sedwick die werk afgeskiet in ’n brief aan Charles Lyell: “If the book be true, the labours of sober induction5 are in vain; religion is a lie, human law is a mass of folly, and a base injustice; morality is moonshine; our labours for the black people of Africa were works of madmen; and man and woman are only better beasts!”

Sedgwick se siening van Darwin se boek
Sedgwick was net so sarkasties rakende Darwin se ‘Origin of Species’ in 1859. In ’n brief aan Darwin sê hy: “I have read your book with more pain than pleasure. Parts of it I admired greatly, parts I laughed at till my sides were almost sore; other parts I read with absolute sorrow; because I think them utterly false and grievously mischievous. You have deserted…the true method of induction… There is a moral or metaphysi¬cal part of nature as well as the physical. A man who denies this is deep in the mire of folly.” In sy oorsig (oor die boek) wat in ‘The Spectator’ van 24 Maart 1860 gepubliseer is, skryf Sedgwick:
“Each series of facts is laced together by a series of assumptions, and repetitions of the one false principle. You cannot make a good rope out of a string of air bubbles. I cannot conclude without expressing my detestation of the theory, because of its unflinching materialism;—because it has deserted the inductive track, the only track that leads to physical truth;—because it utterly repudiates final causes, and thereby indicates a demoralised understan¬ding on the part of its advocates.

Not that I believe that Darwin is an atheist; though I cannot but regard his materialism as atheistical. I think it untrue, because opposed to the obvious course of nature, and the very opposite of inductive truth. And I think it intensely mischievous.”

Wat was Darwin se motivering?
Ons kan dus sien dat die twee hoofmentors in Darwin se akademiese lewe, Henslow en Sedgwick, nie net Christene was nie, maar beide hewig gekant was teen enige vorm van biologiese evolusie. Hoekom het Darwin dan sy rug op hulle lering gekeer en sy eie anti-God, evolusionêre filosofie begin?

Die antwoord is eenvoudig: ten spyte van Henslow en Sedgwick se Christelike getuienis en gesprekke oor Christenskap en die Bybel wat Darwin moontlik met hulle gehad het, of dalk hulle siening oor die spe¬siale skepping en onveranderlikheid van spesies, is die één ding wat Darwin by hulle (veral Sedgwick) geleer het: die geloof in ou geologiese ouderdomme. So het hulle onwetend God se bonatuurlike handelinge, soos in Genesis beskryf, nietig verklaar en Darwin die tydsraamwerk gegee wat hy nodig gehad het om die evolusie-teorie te ‘laat werk’. Niks anders het saakgemaak nie!

‘Konsep van eenvormigheid’
Boonop was dit Henslow wat voorge¬stel het dat Darwin die eerste volume van Charles Lyell se ‘Principles of Geology’ (1830) saam met hom op die HMS Beagle neem. Bo-genoemde boek het die konsep van eenvormigheid (uniformitarianism), wat aanvoer dat die aarde gevorm het deur die stelselmatige opbou van klein veran¬derings (huidige aardpro¬sesse teen hui¬dige tempo’s van intensiteit en omvang) oor enorme hoe¬veelhede tyd, ter tafel gelê.
Ten spyte van Henslow se waarskuwing is dit moeilik om ’n rede in te sien vir die feit dat hy enigsins die boek met sy aanhoudende argumentering oor die konsep van lang tydperke, vir Darwin aanbeveel het, tensy Henslow self die sienings gedeel het.

Interessant genoeg het Lyell die konsep van biologiese evolusie sterk verwerp. “He was ‘ … appalled at the thought of a chimpanzee in the family, of an ape aspiring to ‘the attributes and dignity of man’.” Volume 2 van sy ‘Principles of Geology’ (1832) was ’n boeklange weerlegging’ van Lamarck se idees oor evolusie – … gestapel met slim argumente teen die idee dat lewe geëvo¬lueer het en deur ‘n familieboom voorge¬stel kan word.’

Darwin het ’n afskrif van hierdie tweede volume deur die pos in Montevideo (Uruguay) ontvang terwyl hy nog op die Beagle-¬vaart was. Maar weereens het Darwin genoeg van die lang geologiese tydperke ingeneem om evolusie te ‘laat werk’.

Slotsom
Vandag het baie kerke en teologiese skole die idee van lang ouderdomme aanvaar terwyl die Bybel se weergawe van God se skeppingswerk sowat 6 000 jaar gelede, verwerp word. Sommige dink dat dit só makliker gaan wees om ongelowiges tot geloof te bring. Maar dit is onsin.

Soos in Darwin se geval, sal sulke teen-Bybelse idees mense nie na geloof in God lei nie, maar eerder die geloofwaardigheid van God se eie skeppingsverhaal ondermyn ten gunste van die ateïstiese idee van evolusie.

[1] Dit was genoegsaam vir Henslow om ‘n Katalogus van Britse Plante in 1829 saam te stel.
[1] Kohn, D. et al., What Henslow taught Darwin, Nature 436(7051):643–45, 2005.
[1] The Autobiography of Charles Darwin, met oorspronklike uitlatings herwin. Geredigeer met Aanhangsel en Notas deur sy kleindogter Nora Barlow, Collins, London, p. 64, 1958.
[1] Die geskiedkundige leerstellings en geloofsopsomming van die Anglikaanse Kerk.
[1] Ref. 3, pp. 64–65
[1] Alle ordinante vir Anglikaanse priesterskap moes trou beloof aan die 39 Artikels.
[1] Walters, S. and Stow, E., Darwin’s Mentor: John Stevens Henslow, 1796–1861, Cambridge University Press, p. 162, 2001.
[1] Henslow was ook die voorsitter van die geskiedkundige debat tussen Biskop Samuel Wilberforce and Thomas Huxley, gehou te Oxford op 30 Junie 1860.
Sien Grigg, R., Did Wilberforce say it? Creation 13(1):33, 1990; creation.com/Wilberforce_say.
Sien ook Sarfati, J., Post-script: Wilberforce Jr. v Huxley debate, creation.com/wilberforce#huxley, 20 Februarie 2007.
[1] Dit beteken dat die Aarde se geskiedenis gekenmerk word deur herhaalde katastrofes soos vloede, met Noag se Vloed die grootste en laaste hiervan.
[1] Adam Sedgwick, Wikipedia, www.en.wikipedia.org/wiki/Adam_Sedgwick, besigtig 3 Mei 2008.
[1] Sedgwick, A., Discourse on the Studies of the University, Leicester University Press, p. 22, 1969 herdruk van die 1833 oorspronklike.
[1] Die werk het voorgestel dat alles wat bestaan, ontwikkel het van vroeëre vorms: die sonnestelsel, Aarde, klippe, seeplante en korale, visse, landplante, reptiele en voëls, soogdiere en uiteindelik die mens.
[1] Induksie (induction)is ‘n vorm van beredenering wat algemene gevolgtrekkings maak van enkele gevalle of bewyse.
[1] A. Sedgwick to C. Lyell, 9 April 1845 in Clark, J.W. and Hughes, T.M., The Life and Letters of the Reverend Adam Sedgwick, Cambridge University Press, Vol. 2, pp. 83–84, 1890.
[1] A. Sedgwick to C. Darwin, 24 December 1859 in Darwin. F., The Life and Letters of Charles Darwin, D. Appleton & Co., New York, Vol. 2, pp. 43–44, 1911.
[1] Aangehaal deur Darwin in ‘n brief aan Charles Lyell, verw. 15, pp. 91–92.
[1] Desmond, A. and Moore, J., Darwin, Penguin Books, London, p. 108, 1991.
[1] Verw. 17, p. 131.
[1] Nadat Lyell Darwin se Origin gelees het, het hy die volgende op 3 Oktober 1859 aan Darwin geskryf: “… when, as I fully expect, a new edition is soon called for, you may here and there insert an actual case to relieve the vast number of abstract propositions” (verw. 15, p. 2).

Lyell het uiteindelik sy steun toegesê aan evolusie in Antiquity of Man” (in 1863). Bron: Milner, R., Putting Darwin in his place, Scientific American 287(4):79–80, 2002.


Christene in n Stryd

Daar is vier infame leuens wat deur magte, wat daarop uit is om die basis van die Christelike geloof onder ons te vernietig, gebruik word. Elke Christen behoort te leer hoe om hierdie leuens wat die Woord van God diskrediteer, te onderskei. Die satan werk deesdae oortyd in sy stryd om die siel van ons volk in te palm. Ons is in ’n stryd om lewe en dood gewikkel en dit is werklik nie nou die tyd vir Christene om lamsakkig in hul geloof, of ruggraatloos in hul oortuigings te wees nie. Ons moet absoluut in die Woord van God gegrond wees om elk¬een van hierdie leuens te kan teenstaan.

1. Die Hel bestaan nie
Jesus het meer as enigeen in die Bybel oor die hel gepreek. Sy woorde was deurdrenk van liefde, maar Hy het beslis nie doe¬kies omgedraai wanneer Hy oor die gevolge van sonde gepraat het nie. Toe Hy Sy be¬diening begin het, het Hy uit die boek Jesaja gelees en aangekondig dat Hy nie net gekom het “om die genadejaar van die Here aan te kondig, die dag van afrekening van God,” Jes 61:2, nie. Die ware Evangelie is dus eintlik ’n tweesnydende swaard wat ’n “God vol goedheid, maar terselfdertyd streng is,” Rom 11:22, verkondig. Daarom is ‘hel’ ’n drieletterwoord wat meer dikwels deur ons gebruik behoort te word; nie om mense met ’n gemene oordeel en gees te veroordeel nie, maar om hulle te waarsku dat Genade ’n tydsbeperking het.

Die wêreld verwerp die hele konsep van die hel op grond van die feit dat dit ‘te eksklusief’ is. Ons ‘Oprah-kultuur’ dring daarop aan dat elkeen ’n warm en ‘lekker’ lewe sonder enige gevolge verdien. Mense vra dikwels: “Hoe kan ’n liefdevolle God iemand hel toe stuur?” Indien ons werklik vir hulle omgee, sal ons aan hulle verduidelik dat die hel nie ’n metafoor is nie – dit is ’n werklikheid waar skeiding van God ervaar sal word indien sondaars kies om Hom te verwerp. Ons behoort liewer oor die hel te begin preek as om bekommerd te wees oor wie die kerk gaan verlaat.

2. God het nie die wêreld geskape nie
Die 150ste viering van Darwin se publikasie ‘The Origin of Species’ is in 2009 gevier. Evolusioniste het die mensdom met ‘be¬wyse’ van hierdie vae teorie gebombardeer. Die hoofstroom-media en akademia dring daarop aan dat evolusie op feite gegrond is. Enigeen wat dit sou durf waag om hulle uit te daag, word as ’n ‘godsdienstige idioot’ afgemaak. Wat mense egter nie besef nie, is dat Darwinisme, bo en behalwe die feit dat dit oor geen wetenskaplike basis beskik nie, op spiritualisme gegrondves is.

Die Walliese naturalis, Alfred Russel Wallace, het baie van Darwin se oortui¬gings gedeel en het hom aangemoedig om sy boek te publiseer. Wallace het in geeste geglo, was deel van séances en het ontsettend belanggestel in alle bo-natuurlike en paranormale dinge.

Hy het evolusie as ‘wetenskap’ gepropageer omdat sy anti-God-sienings hierdeur ge¬steun is. Is dit dan hoegenaamd verrassend dat hierdie ‘wetenskap’ wat deur hom en Darwin voorgestaan is, gebruik word om die Christendom te on¬dermyn? Die wêreld wil nie graag in ’n Skepper glo nie omdat, indien Hy werklik is, Hy oor die uiteindelike gesag oor Sy Skepping sal beskik. Die anderkant van die munt is egter dat die mens geen morele verantwoordelikheid het indien hy uit ’n oervorm ontwikkel het, deur verskillende stadiums gegaan het en nou as mens bestaan nie. Evolusie handel hoegenaamd nie oor wetenskap nie – dit is rebellie teen God se heerskappy oor ons!

3. Alle gelowe lei na God
Dit is nie ’n nuwe leuen nie, maar dit beleef deesdae ’n herlewing. Barack Obama was vir langer as 20 jaar lidmaat van ’n kerk wat onderrig het dat Jesus nie die enigste weg na verlossing is nie – en Obama het in die openbaar erken dat hy die infame leuen geglo het. Die dogma van universalisme – wat leer dat alle mense uiteindelik gered sal word en die Hemel sal geniet – het deesdae die godsdiens van die massa geword.

Christene wat universalisme omarm, is soos die profete van Baäl van ouds wat gekastreer is en in Jesebel se voorhof geprofeteer het. Hulle verkondig ’n kragtelose boodskap wat geeneen kan, of sal, veran¬der nie. Ons moet weer in die gees van ’n Elia opstaan, hierdie misleiding aanspreek en aan die wêreld wys dat die ware God deur vuur antwoord!

4. Die mens kan moraliteit herdefinieer
Hierdie leuen is moontlik die dodelikste van almal. Oral waar ons deesdae kyk, na leiers in die media, politiek, opvoeding en vermaak, word die omvergooi van konvensionele waardes gepro¬pageer. ’n Hedonistiese wêreld sonder enige reëls of regulasies word as die ideaal voorgehou.

Dit was so duidelik soos daglig toe ‘Newsweek’ ’n voorbladstorie waarin luiters verkondig word dat die Bybel huwelike tussen maats van dieselfde geslag goedkeur, gepubliseer het.

Leuengees binne die kerk
’n Leuengees het ook baie kerke binnegedring en oortuig Christene wat swak in die geloof is om hul oortuigings t.o.v. homoseksualiteit, aborsie en ontug, te verander. Die bose word goedgepraat terwyl diegene wat Bybelse waardes van reinheid en die tradisionele huwelik aanhang, as dwepers uitgekryt en geëtiketteer word. Indien ons hierdie leuens ignoreer, sal dit ons totaal verswelg. Ons behoort ’n zero-verdraagsaamheidsbeleid t.o.v. enige geestelike kompromis te handhaaf. Hoewel ons steeds ’n medelye en liefde vir die sondaar moet demonstreer, verwag God dat ons kulturele en morele breinspoeling ten sterkste sal teenstaan.

Moenie stilbly nie!
Ons kan nie langer stilbly oor die kwessies wat deur satan aangeval word nie. Indien jy enigsins in jou geloof oor hierdie vier kernfeite twyfel, wees eerlik oor jou twyfel, bely jou sonde van louheid en delf in God se Woord totdat jou denke vernuwe is. Moenie ’n breinspoelingslagoffer word nie!