Die meeste van ons ken Dieter Voigt as die gewilde Pasella-aanbieder met die breë glimlag. Ons het by hom en Martelize, ’y vrou en naaswenner van Idols, gaan inloer. Daar steek veel meer in Dieter as net ‘n vermaaklikheidster, ons het onder meer ontdek dat hy ‘n kranige 400 m-hekkiesatleet was en dat hy groot sukses behaal met atletiekafrigting! Een van sy atlete is tans wêreldkampioen. Hy praat ook openhartig oor uitbranding, die redes daarvoor en hoe om daarvan te herstel, asook sy passie om mense te help om gesond na gees en liggaam te wees. Martelize bring ons op hoogte van haar loopbaan en praat oor die uitdagings van mamma-wees.
Category: May 2017 Issue
Laat Christus Jou Vertroos En Bemoedig
Ons leef in geweldige stresvolle tye en dit is baie maklik om oorweldig te voel deur die stortvloed slegte nuus en uitdagings wat ’n mens daagliks in die gesig staar. Angs, bekommernis en vrees is bykans ’n algemene toestand vir die deursnee Suid-Afrikaner. Lees gerus hierdie bemoedigende artikel wat jou sal help om te herfokus en van onnodige bekommernis en angs ontslae te kan raak.
̶ deur Nico Bougas
Jou Gesondheid En Die Bose
Nie alle siekte het n fisieke oorsaak nie. Dr. Michelle Strydom ondersoek in hierdie artikel die invloed van die okkulte op jou gesondheid. Wanneer n mens die deur vir die bose oopmaak deur mee te doen aan okkultiese praktyke soos waarseery, glasie-glasie te speel, by Oosterse praktyke betrokke te raak of deel te wees van geestelike groepe wat in misleiding verstrengel geraak het, kan dit ook fisieke siektes tot gevolg he. Die verskillende okkultiese praktyke sowel as moontlike siektetoestande waartoe dit aanleiding kan gee, word in hierdie artikel bespreek.
̶ deur dr Michlle Strydom
Die Stand Van Sake In Ons Land
Weekliks lees ons van nog ’n string plaasaanvalle en -moorde en dit blyk dat daar geen einde daarvan in sig is nie. Dr. Arno van Niekerk van The Stand en outeur van die boek, Genoeg! Hoekom is ons hier?, bespreek in ’n onderhoud met JUIG! in hierdie artikel die plaasmoorde in Suid-Afrika. Daar word gekyk na redes vir die skielike toename in marteling van slagoffers sowel as na moontlike oplossings vir die probleem.
̶ deur Lourieke Haller