Sua du Plessis: Woordsmid Vir Haar Koning

Baie van die Christelike boeke wat jy lees, selfs jou Bybel, het heel waarskynlik op die een of ander manier deur Sua du Plessis se hande gegaan. Sua is publikasiebestuurder van Christian Art /CUM Uitgewers en onder meer verantwoordelik vir produkontwikkeling en die ontginning van nuwe manuskripte.


Staan Op

Ek stel jou vandag voor aan ’n magswoord wat jou hele lewe kan beïnvloed. Dit is ’n magswoord wat jou lewensloop kan verander en ’n nuwe eindbestemming kan bewerk. Dit is ’n Goddelike magswoord vol krag en hoop vir diegene wat daarop wil reageer. Graveer hierdie magswoord vandag op jou hart: “Staan op!”


Grondgryp: Wat Is Waar En Wat Is Lawaai

Die doel van hierdie artikel is om die mosie oor die onteiening van grond sonder vergoeding te ontleed in die konteks van wat gesê is, nie wat valslik aangeneem word nie.

Die ware toets van geloof is ’n diep oortuiging dat wanneer God ons gebede beantwoord, Hy soewerein en in beheer is – selfs wanneer die antwoord nie strook met ons verwagtinge nie.


Gee Haar Die Beste Moedersdag-geskenk

As jy soos die meeste mans is, is jy waarskynlik nog op soek na ’n geskenk vir jou vrou vir Moedersdag (Sondag,
13 Mei 2018). Jy soek dalk op die internet, loop op en af in winkelsentrums, of is besig om die heerlikste bederf-ete uit te dink. Maar jy het rééds die volmaakte geskenk.