Wat sê die Bybel oor (pandemiese) siektes?

Verskeie uitbrake van pandemiese siektes, soos Ebola of die koronavirus, laat baie mense wonder waarom God sulke siektes toelaat – of selfs stuur – en of sulke siektes ’n teken van die eindtyd is. Het God beheer oor siektes en plae? Lees gerus hierdie artikel vir antwoorde op hierdie vrae en ook om uit te vind hoe Christene op pandemiese siektes kan reageer?

Die artikel is beskikbaar in die Mei-uitgawe van JUIG! Tydskrif wat nou op die rakke is.


Werkgeleenthede, CV’s en LinkedIn

Ons leef in ’n tyd waar die herstrukturering van maatskappye aan die orde van die dag is en dit beteken die aflegging van baie werkers. Dalk is jy een van die wat nou skielik weer moet aansoek doen vir werk in ’n arbeidsmark wat baie anders lyk as ’n paar jaar gelede. Daarom is dit nodig dat ons ook in die werksoekproses aanpas en die tegnologie van die dag tot ons voordeel benut. Is jou LinkedIn-profiel doeltreffend? Hoe lyk jou CV? Lees gerus hierdie artikel vir nuttige wenke.

Die artikel is beskikbaar in die Mei-uitgawe van JUIG! Tydskrif wat nou op die rakke is.


Wanneer die koronavirus amok maak, maak ons geloof die verskil

Die koronavirus is ’n internasionale ramp van ongekende omvang. Hier in Suid-Afrika word ons ook almal direk en indirek deur die koronavirus geraak. Daarom moet ons, as gelowiges, goed nadink oor hoe om in ’n tyd soos hierdie op te tree. As navolgers van Christus moet ons onsself in hierdie tyd ook opnuut aan ons voorouers in die geloof se optrede herinner, toe húlle sulke epidemies beleef het. Lees gerus meer oor voorbeelde van die kragtige getuienis van die Christendom tydens pandemies in antieke tye.

Die artikel is beskikbaar in die Mei-uitgawe van JUIG! Tydskrif wat nou op die rakke is.


Johan Stemmet – So eie aan Afrikaans soos biltong en beskuit

Johan Stemmet en Noot vir Noot is so eie aan Afrikaans soos biltong en beskuit. Die geliefde sanger, televisietelevisiepersoonlikheid en programvervaardiger gesels onder meer met JUIG! se lesers oor uitdagings in sy lewe. Hy deel sy insig oor pa-wees en wat vir hom en sy vrou, Colleen, werk in hulle huwelik van 40 jaar. Lees gerus die artikel en leer Johan Stemmet so ’n bietjie beter ken.

Die artikel is beskikbaar in die Mei-uitgawe van JUIG! Tydskrif wat nou op die rakke is.