Leer by Jesus wat oorgee beteken

Riekert Botha skets met hierdie artikel vir ons ’n prentjie: ’n landskap wat bestaan uit ’n baie diep afgrond aan die een kant (die Vallei-van opgee) en ’n baie hoë koppie (Vegkoppie) aan die ander kant. Tussen die koppie en de afgrond lê die Plato-van-oorgee. 

Jesus wil ons leer wat dit is om oor te gee. Net Hy ken die inhoud van die boodskap van oorgee. Die vlees is of op Vegkoppie of in die Vallei-van-opgee. Waar is jy in hierdie landskap?

Skaf gerus vir jou die nuutste JUIG! Tydskrif aan wat tans op die rakke is, om meer te lees oor hierdie baie insiggewende artikel.


’n Boerseun van die land

Die sanger en liedjieskrywer, Adam Tas, skilder ons land en sy mense met sy liedjies wat die hartsnare van Afrikaanse mense roer. Daar is iets van Koos du Plessis in die lirieke wat poëties mooi geskryf is.

Ons het met hom gesels oor sy geloof, sy musiek, die inspirasie vir sy lirieke en sy siening oor ons geskiedenis. 

Lees gerus meer oor hierdie boerseun van die land in die nuutste JUIG! Tydskrif wat tans op die rakke is!


’n Ondersoek na vervolging

Dit mag sommige mense verbaas dat die Christendom die mees vervolgde godsdiensgroep ter wêreld is. ’n Pew Research-artikel wat in November 2020 gepubliseer is, het statistiek uit 2018 aangehaal wat aandui dat Christene teistering in meer lande as enige ander godsdiensgroep ervaar het.

In hierdie artikel ondersoek ons hoe vervolging in verskillende dele van die wêreld lyk, wat sommige Christene in gevangenisse wêreldwyd moet verduur, die vorm wat vervolging in die Weste aanneem en spesifieke gevalle in Suid-Afrika waar godsdiensvryheid in die gedrang is. 

Lees gerus hierdie artikel die nuutste JUIG! Tydskrif wat tans op die rakke is, om meer uit te vind oor wat jy kan doen.


Dierbare seemonstertjies getuig van ons Skepper

Daar is min dinge so bekoorlik mooi as ’n lewende seeperdjie. Hulle lyk so statig wanneer hulle stadig deur die water sweef en verstom ons met hulle kleure en trapsuutjiesterte wat behendig om ’n seewier kan krul om hulle veilig te anker.

Het jy geweet die genus se naam Hippokampus kom uit Grieks: hippos (perd) en kampos (seemonster) of dat hulle rugvin 30 tot 70 keer per sekonde beweeg om die seeperdjie aan te dryf?

Skaf gerus vir jou die nuutste JUIG! Tydskrif aan wat tans op die rakke is, om meer oor hierdie wonderlike diertjies uit te vind.