Europa: Tekens van die tye?

Ons sien wêreldwyd geweld, korrupsie, ’n ineenstorting in moraliteit, natuurrampe wat toeneem en ekonomiese chaos. Nasies bewapen hulleself, dodelike siektes versprei op ’n wêreldwye skaal en dan is daar nog die kernkwessie in Iran, verskerpte konflik in die Midde-Ooste, China wat sy weermag uitbrei en selfgeldende Rusland wat oorloë begin – alles terwyl terrorisme die wêreld al hoe gevaarliker en meer onbestendig maak.

Is die gebeure wat ons deesdae sien nie presies dít wat in die Bybel geprofeteer is nie?

Skaf gerus vir jou die nuutste JUIG! Tydskrif aan wat tans op die rakke is, om meer oor hierdie artikel te lees. Ware mense, ware lewe, ware Christenskap!


Is ek ’n swak Christen as ek hulp moet kry vir my geestesgesondheid?

“Ek sukkel al ’n geruime tyd lank met my geestesgesondheid, maar ek is huiwerig om vir hulp te gaan aanklop, want ek is bekommerd oor hoe mense in die kerk dit sal beskou – ek is ’n leier in die kerk. Is ek ’n slegte of swak Christen as ek hulp moet kry vir geestesgesondheidskwessies?”

Beteken dit daar is ’n probleem met iemand se geloof of dat hulle nie ’n goeie Christen is nie as hulle met hul geestesgesondheid sukkel?

Skaf gerus vir jou die nuutste JUIG! Tydskrif aan wat tans op die rakke is, om meer oor hierdie artikel te lees. Ware mense, ware lewe, ware Christenskap!


Transhumanisme en die beeld van God

Transhumanisme is ’n beweging wat die oortuiging huldig dat wetenskaplike en tegnologiese vooruitgang gebruik kan word om die mensdom te verbeter, maar die transhumanisme-beweging is tot in sy kern goddeloos en is een wat geregverdig word deur geloof in evolusie.

Is die mens dan nog nie volmaak voltooi nie? Wat is die beste vir die mensdom? Wat is die Christelike siening oor transhumanisme?

Skaf gerus vir jou die nuutste JUIG! Tydskrif aan wat tans op die rakke is om meer oor hierdie artikel te lees. Ware mense, ware lewe, ware Christenskap!


Wanda, Melissa en Melinda gesels oor vrouwees in al sy wonderlike fasette

Die verhaal van Wanda en haar twee dogters, Melinda en Melissa, is vir baie vroue ’n inspirasie en hulle geloof en hegte familiebande is ’n getuienis. Ons het met hulle gesels oor vrouwees en ma-wees in al sy wonderlike fasette.

“In ’n tyd waar soveel mense amper te bang is om “vrou” te definieer, is vrouwees een van die grootste gawes wat die Here ons gegee het.” – Melinda Bam Bergh

Skaf gerus vir jou die nuutste JUIG! Tydskrif aan wat tans op die rakke is om meer oor hierdie artikel te lees. Ware mense, ware lewe, ware Christenskap!