Wat is n kalifaat?

Boko Haram het die noordoostelike deel van Nigerië as ’n Islamitiese kalifaat verklaar. ISIS het ’n kalifaat in Noord-Sirië uitgeroep. Wat is ’n kalifaat?

Diktatorskap
’n Kalief is ‘die bevelhebber van die gelowiges’. ’n Kalifaat is ’n Islamitiese staat wat deur ’n kalief, ’n opperste godsdienstige en politieke leier, regeer word. Daar word geglo dat die kalief ’n opvolger van Mohammed is. Die kalifaat is ’n eenheidstaat waarvan alle getroue Moslems (die ‘Ummah’) deel uitmaak en wat deur ’n kalief onder Islamitiese (Sharia-)wet regeer word.

Verkies of aangestel
Die Soennie-tak van Islam bepaal dat die kalief deur Moslems, of deur hulle verteenwoordigers, verkies moet word. Die Sjiïtiese Moslems glo egter dat die kalief ’n imam moet wees, uitverkies deur Allah en nie verantwoordbaar aan enige kiesers nie.

Abu-Bakr
Die eerste kalief (opvolger van Mohammed) was Abu-Bakr (632 -634 n.C.). Abu-Bakr was ook Mohammed se skoonpa; hy het sy dogter, Aisha, aan Mohammed as sy derde vrou geskenk toe sy net ses jaar oud was.
Sluipmoorde
Nie een van die kaliefs het lank staande gebly nie. Die kalief, Omar (634-644 n.C.), is deur ’n sluipmoordenaar om die lewe gebring terwyl hy besig was om te bid. Die derde kalief, Oethman (644-656 n. C.), het beveel dat alle Korandokumente wêreldwyd versamel en vernietig moes word – om die eenheid van die teks te bewaar. Hy is vermoor. Die kalief, Ali, neef en aangenome seun van Mohammed, het met Mohammed se dogter, Fatima, getrou. Ook hy is vermoor.

’n Spoor van skrikbewinde
Die kalifate is altyd deur geweld, opstande, burgeroorloë en monumentale omwentelings gekenmerk. Die Rashidoen-kalifaat is summier omvergegooi en deur die Oemaijaad-kalifaat (661-759 n.C.) vervang wat die hele Noord-Afri-ka, die Midde-Ooste, Persië en dele van Indië verower het. Die emiraat (756- 929 n.C.) en kalifaat (929-1031 n.C.) van Cordoba – die Iberiese Skiereiland waar Portugal en Spanje vandag geleë is, is verdring deur die Abbasid-kalifaat (750 n.C. -1258) wat dikwels as die ‘goue era van Islam’ beskou word. Die Abbasid-kalifaat het vanuit Bagdad regeer. Kaïro was vanaf 969 n.C. die hoofstad van die Fatimied-kalifaat
(909 n.C. – 1171). Die Ottoman-kalifaat het in die tydperk 1453-1924 regeer met Konstanti-nopel (nou Istanboel) as hoofstad. Daar was talle ander pogings om ’n kalifaat te vestig, insluitend die Sokoto-kalifaat (1804-1903) wat deur die Fulani-djihaad in Nigerië gevestig is.

Die Mahdi
Volgens Islamitiese eskatologie, glo Moslems dat die Mahdi, ’n militêre verlosser, alle volke met geweld onder Shariawet sal onderwerp. As jy Charlton Heston se uitbeelding van generaal Charles Gordon in die epiese rolprent, ‘Khartoum’, gesien het, sal jy bewus wees van een van die aanspraakmakers op die titel Mahdi: Mohammed Ahmed Bin Abd Allah (1844-1885).

Die stryd om Khartoem
Mohammed Ahmed, bekend as die Mahdi, het uit die Soefi-sekte, wat in Soedan die meerderheid was, te voorskyn gekom en het ’n brutale veldtog gelei wat op 26 Januarie 1885 ’n hoogtepunt bereik het met die bestorming van die hoofstad Khartoem. Sy 60 000 derwisje (Mohammedaanse bedelmonnike) het oor die skanse geswerm en die verswakte linie uitgehongerde soldate oorweldig. Die Mahdiste het soldate sowel as burgerlikes voor die voet uitgemoor; hulle het die hele bevolking van Khartoem om die lewe gebring. Die feit dat die meeste inwoners van Khartoem Moslems was, het nie hulle lewens gespaar nie. Die Mahdi het hulle almal uitgemoor om sy kalifaat te vestig.

Rampspoed en nederlaag
Die Mahdi is ses maande ná die val van Khartoem oorlede en ’n reeks slegte oeste, epidemies en stamoorloë het Soedan in ellende gedompel. Tydens ’n poging om Egipte in 1891 binne te val, is die Mahdiste deeglik verslaan. Die kalifaat van die Mahdi is finaal in 1898 deur generaal Kitchener by die Slag van Omdoerman verslaan.

Umma in Soedan
Die agterkleinseun van Mohammed Ahmed, Sadiq al-Mahdi, het die Umma-party in 1966 geloods in ’n poging om ’n Mahdiste kalifaat in Soedan te hervestig. Dit is uiteindelik in 1989 deur ’n militêre staatsgreep omvergegooi.

Antichris
Die hervormer, dr. Martin Luther, het onderrig dat Islam die antichris is. Sy uiteensetting was gegrond op Daniël 9: “Teen die einde van hulle heerskappy, wanneer die sonde sy hoogtepunt bereik het, sal ’n hardvogtige en slinkse koning op die toneel verskyn. Hy sal baie sterk word, maar nie deur eie krag nie. Hy sal ongelooflike verwoesting aanrig…Deur sy vindingrykheid sal hy slaag met sy sluwe optrede. In sy verwaandheid sal hy baie mense goedsmoeds om die lewe bring. Hy sal selfs die hoogste Regeerder uitdaag, maar sal vernietig word sonder die toedoen van ’n mens.” Daniël 8:23-25. Martin Luther het opgemerk dat ons Here Jesus Christus gewaarsku het oor vals profete wat uit die woestyn sal kom (Mat 24:24-26) en dit sluit Mohammed sekerlik in.

Apollion
Johannes Calvyn het verkondig dat Mohammed ‘Apollion’ is (dit is Grieks vir die Hebreeuse woord, ‘Abaddon’ wat ‘verwoester’ beteken) en dat die leër van sprinkane en skerpioene, wat in Openbaring 9:1-11 beskryf word, die Arabiese en Saraseense leërs is wat ’n heilige oorlog (djihad) in die naam van Mohammed gevoer het. Johannes Calvyn het volgehou dat Islam een van die twee horings van die antichris is.

Verlossing van die wrede Turkse onderdrukking
Die 1643-‘Westminster Assembly’s Larger Catechism’ doen ’n beroep op Christene om “ te bid dat die koninkryk van sonde en satan vernietig mag word, dat die Evangelie deur die hele wêreld bevorder sal word…” Die ‘Directory for Public Worship of God’ gee gemeentes opdrag om: “te bid vir die verspreiding van die Evangelie en die koninkryk van God aan alle nasies…die val van die antichris en vir die verlossing van die lydende kerke oorsee van die tirannie van die anti-Christelike faksie en van die wrede verdrukking en godslastering van die Turk.”

Duiwelse drome
Johannes Calvyn het tydens sy preek oor 2 Timoteus 1:3 die volgende oor die Turke gesê: “Mohammed het hulle die beker van sy duiwelse drome gegee om van te drink en hulle het daarvan dronk geword. Dit is ongeveer ’n duisend jaar sedert daardie vervloekte helhonde van hulle dwaashede dronk geword het…”

Waarheidsoorwinnaars
Johannes Calvyn het verkondig dat die antichristelike magte van Islam deur die Woord van God verslaan sal word: “Christus sal die duisternis, waarin die antichris sal regeer, verstrooi deur die strale wat Hy voor Sy wederkoms sal uitstraal – net soos die son voordat dit vir ons sigbaar word, die duisternis van die nag met sy helder lig verdryf. Hierdie oorwinning van die Woord sal dus in die wêreld gesien word. Die ‘asem van Sy lippe’, soos in Jesaja 11:4, beteken eenvoudig Sy Woord…Suiwer leerstelling is…te alle tye bestem om oor al die planne van satan te seëvier…”

PETER HAMMOND is ’n sendeling, Bybelleraar en outeur. Vir meer inligting, skakel: 021 689 4480; www.frontline.org.za; mission@frontline.org.za

Nota van JUIG! Tydskrif
Wanneer ons sien wat in die wêreld om ons aangaan, is dit maklik om bang te word, maar die Bybel vermaan ons om nie in vrees te lewe nie, want God het ons nie ’n gees van vreesagtigheid gegee nie (2 Tim 1:7). Ons magtigste wapen is gebed. Ons moedig jou aan om ’n gebedsgroep te begin en voorbidding te doen. Ons vertrou en weet dat God se soewereiniteit sal seëvier. —Red.

Jou Huwelik En Die Skoonfamilie

Sou dit nie wonderlik wees as alle skoonma’s en hul skoondogters ’n verhouding soos Naomi en Rut gehad het nie? Helaas, die duisende huwelike wat bloei as gevolg van inmengerige familie, bewys dat nie almal so gelukkig soos Rut-hulle is nie. As alle getroudes net die eenvoudige wysheid van Efesiërs 5:31 kon verstaan: “’n Man sal sy ouers verlaat en sy vrou aankleef, en hulle sal een wees.” So basies, en tog vir sommige so moeilik om te verstaan en uit te leef.

Wat beteken ‘verlaat’?
Sommige mense vra hoe jy jou ouers kan verlaat as hulle weens ouderdom, siekte, of finansiële tekorte by jou in die huis moet bly. Ander redeneer weer die Woord sê jy moet jou ouers eer. Jy kán jou ouers eer én verlaat. Om jou ouers te ‘verlaat’ verwys nie na ’n fisieke verla-ting nie, maar dat jy jou ouers as die eerste prioriteit in jou lewe verlaat. Jou huweliksmaat word nou jou eerste verantwoordelikheid, jou belangrikste prioriteit in terme van verhoudinge, en die een op wie se kop die kroon te alle tye behoort te rus. Hierin moet julle mekaar aankleef (met ander woorde begeer om in alles deel van mekaar te wees) en soos een mens te lewe, wat beteken dat jou maat se behoeftes ook joune moet wees.

Stel grense op
Ouers of skoonouers kan manipuleer en verwerp wanneer dinge nie volgens hulle wil verloop nie, dan kan dit moeilik raak om jou maat se behoeftes bo dié van jou ouers te stel. Om ’n huwelik te verseker waarbinne jou maat geëer word, noodsaak grense – ’n gesonde verhouding waar manipulasie en verwerping van buitepartye teengestaan word. Daar moet grense wees wat kommunikeer dat ons ’n huwelikseenheid is en dat ons niks en niemand sal duld wat daardie eenheid bedreig nie.

Grense wat oorskry word
Daar is byvoorbeeld oumas wat voor aandete lekkergoed aan die kleinkinders uitdeel, al het Ma en Pa gesê dit mag nie. Soortgelyk is daar ouers wat gedurig rusie in hulle kinders se huwelike veroorsaak omdat hulle klein ‘stekies’ uitdeel wat soos goedbedoelde raad klink, of ander wat nooit hulle kinders se sieninge, besluite en tyd respekteer nie. Hulle daag op om te kuier al weet hulle dit is ongeleë, want hulle voel dit is hulle reg. Sulke voorbeelde is ’n realiteit vir baie paartjies – iets wat groot frustrasie en onmin in die huwelik veroorsaak. Dit is maklik om te sê: “Praat net met jou ouers daaroor!” Vir baie paartjies is dit nie so maklik nie.

Waarom is dit so moeilik?
• Vrees dat jou ouers julle sal verwerp
• Vrees dat jou ouers verwerp sal voel as die probleem aangespreek word
• Jy is bang vir konfrontasie en wil die vrede ten alle koste bewaar
• Die ydele droom dat die probleem sal verdwyn as julle die inmenging of manipulasie net ignoreer
• Die ouers het ’n finansiële of emosionele houvas
• Die wanpersepsie dat die daarstelling van ’n grens impliseer dat jy jou ouers nie eer nie
• Blindheid vir jou maat se frustrasie en pyn – jy dink jou maat is oorsensitief, of verstaan jou ouers verkeerd

Eer jou verbond
• Jou keuses moet bewys wie die belang-rikste in jou lewe is. As jy altyd jou ouers se kant kies, sal jou maat nie soos jou eerste prioriteit voel nie
• Sodra ons eie ouers seergemaak voel, vergeet ons soms van ons maat wat ook seer het. Jou maat bly jou eerste prioriteit – dit beteken nie dat jou ouers se gevoelens nie saak maak nie
• Te veel van enigiets buite jou huwelik is nooit ’n goeie ding nie – ook te veel kuier en kontak met jou ouers ten koste van jou maat
• Wanneer jou ouers finansiële beheer of ’n houvas op jou het, sal jou huwelik na hulle pype moet dans. Dit is maklik om te vergeet dat God ons voorsiener is, nie ons ouers nie
• Geloof en geld is dinge waaroor mense oorlog sal maak – maak seker dat julle in julle huwelik eenheid hieroor het
• ’n Probleem in die huwelik behoort binne die huwelik opgelos te word, nie by familie nie. Onthou dat jou ouers net die slegte dinge van jou maat hoor as jy jou huweliksprobleme met hulle bespreek. Hulle sal waarskynlik sukkel om jou maat te vergewe en dalk nooit weer met dieselfde oë na hom of haar kyk nie
• Wanneer ’n vrou haar pa altyd soos die held hanteer en haar man bewustelik of onbewustelik met hom vergelyk, sal haar man noodwendig in sy manlikheid gekrenk voel. Hy kan geïrriteerd raak met sy skoonpa en sy vrou dalk wys op die dinge wat haar pa verkeerd doen. Hy sal onbevoeg voel
• ’n Vrou sal sukkel om haar man as koning te eer as sy elke keer van haar eie kroon moet afstand doen wanneer die koninginmoeder by die voordeur instap
• As jy werklik verbond in die huwelik wil ervaar, sal jy skoonfamilie (en eie familie) volgens God se Woord moet hanteer. Eenheid in ’n huwelik kom nie van nature nie; dit is iets wat jy op alle terreine van jou huwelik moet kies en leef
• As jy weet dat jy ten koste van jou huwelik nog emosionele bande met jou ouers het, moet jy dit neerlê. Vra God om dit vir jou te wys. Hy is immers ’n kampvegter van beide verbond én familie. Met Sy hulp sal jy jou verbond kan red of verbeter sónder om jou familie vir ewig te verwond

As kind van God moet ons die balk eers uit ons eie oog haal, maar as jy voel dat jy aan die ontvangkant van ’n inmengerige skoonouer is, kan jy die volgende in jou hart bewaar:
• Sien jou skoonouers vir wie hulle is – ouers wat dalk voel hulle het beheer verloor; iemand wat miskien nog nie vrede gemaak het dat hulle kinders groot is nie. As jy jouself in hulle skoene van onsekerheid plaas, sal dit makliker wees om genadig teenoor hulle te wees. Onthou dat mense wat altyd in beheer wil wees, in wese eintlik baie onseker is. Bid vir hulle, al is dit moeilik. Weet ook dat gebed nie altyd ons omstandighede verander nie, maar dit verander altyd ons harte.
• Moenie vergeld nie. God se Woord leer ons immers dat sagte antwoorde grimmigheid afkeer
• Vang hulle onkant deur goed vir hulle te wees. Laat hulle belangrik voel. Spreek onverwags waardering uit.
As almal hierdie eenvoudige beginsels uitleef, sal hierdie onder-werpe nie meer in huweliksboeke aangespreek word nie en sou skoonma-grappies ook al opgedroog het. Mag God ons harte ondersoek, en dít wat nie binne Sy wil is nie, aan ons uitwys. Mag ons die nederigheid hê om te wil verander en die diepe begeerte om aan Hom gehoorsaam te wees en ons kinders se huwelike te eer.

Basiese riglyne vir die hantering van konflik binne die familie:
• As die probleem by jóú ouers lê, moet jý die probleem aanspreek. Bloed is dikker as water, bloedfamilie luister makliker na mekaar as na aangetroude familie
• Onthou dat ’n grens waarvan mense nie bewus is nie, nie bestaan nie. As jy nie daaroor praat nie, gaan die probleem nie verdwyn nie
• Wanneer jy ’n netelige saak met moeilike ouers bespreek, gaan daar waarskynlik seergemaakte gevoelens wees wat ’n rukkie gaan neem om te heel. As jy weet dat jou ouers maklik verwerp en seergemaak voel, is dit belangrik dat jy vooraf voor God stil raak vir wysheid oor jou woorde en jou houding. Met die sagtheid van die Heilige Gees kan ons ’n vyand stormloop sonder om seer te maak
• Onthou, jy en jou maat is in dieselfde span. Wanneer jy met jou ouers oor die probleem praat, verteenwoordig jy jou maat ook. Gebruik woorde soos: “Ons voel” of “ons wil” en nie: “Sy voel” of “Hy wil” nie
• Wanneer jy toelaat dat jou ouers jou maat kritiseer, ignoreer of manipuleer en hulle nie daaroor aanspreek en vir jou maat opkom (selfs in hulle afwesigheid) nie, sal jou maat seergemaak en uitgelewer voel en jou nie vertrou en glo dat hy/sy die belangrikste mens in jou lewe is nie

’n Toets vir elke skoonouer
Indien jy wonder of jy een van daardie skoonouers is wat jou kinders se huwelik skade berokken, kan jy jou hart aan die volgende vrae toets:
• Voel jy geïrriteerd as jou seun iets mooi van sy vrou sê? Het jy ’n onkeerbare drang om jouself daarmee te vergelyk?
• Kyk jy krities na haar huis en vertel dan hoe mooi jy of jou dogter julle sitkamers gemaak het?
• Probeer jy om gewilder by jou kleinkinders te wees as hulle eie ouers?
• Herinner jy jou kinders gereeld daaraan dat jy al baie keer goed vir hulle was, en dat jy hulle finansieel bystaan of onderhou?
• Lewer jy kommentaar oor hulle hantering van opvoedingsake (al bedoel jy dit net goed)?
• Deel jy geheimpies met jou kind terwyl jy jou skoonkind doelbewus uitsluit?
• Verwag jy van jou dogter of seun om jou emosionele kruk te wees?
• Gaan jy oor jou skoondogter se kop heen wanneer daar iets gereël moet word?
• Herinner jy jou kind soms aan sy/haar maat se foute (al dink jy dat jy net jou kind wil beskerm)?
• Voel jy dat jy reëlings eerder met jou eie kinders wil tref en nie met jou skoonkinders nie?

Sommige mense vra hoe jy jou ouers kan verlaat as hulle weens ouderdom, siekte, of finansiële tekorte by jou in die huis moet bly. Ander redeneer weer die Woord sê jy moet jou ouers eer. Jy kán jou ouers eer én verlaat. Om jou ouers te ‘verlaat’ verwys nie na ’n fisieke verlating nie, maar dat jy jou ouers as die eerste prioriteit in jou lewe verlaat. Jou huweliksmaat word nou jou eerste verantwoordelikheid, jou belangrikste prioriteit in terme van verhoudinge, en die een op wie se kop die kroon te alle tye behoort te rus. Hierin moet julle mekaar aankleef (met ander woorde begeer om in alles deel van mekaar te wees) en soos een mens te lewe, wat beteken dat jou maat se behoeftes ook joune moet wees.

Stel grense op
Ouers of skoonouers kan manipuleer en verwerp wanneer dinge nie volgens hulle wil verloop nie, dan kan dit moeilik raak om jou maat se behoeftes bo dié van jou ouers te stel. Om ’n huwelik te verseker waarbinne jou maat geëer word, noodsaak grense – ’n gesonde verhouding waar manipulasie en verwerping van buitepartye teengestaan word. Daar moet grense wees wat kommunikeer dat ons ’n huwelikseenheid is en dat ons niks en niemand sal duld wat daardie eenheid bedreig nie.

Grense wat oorskry word
Daar is byvoorbeeld oumas wat voor aandete lekkergoed aan die kleinkinders uitdeel, al het Ma en Pa gesê dit mag nie. Soortgelyk is daar ouers wat gedurig rusie in hulle kinders se huwelike veroorsaak omdat hulle klein ‘stekies’ uitdeel wat soos goedbedoelde raad klink, of ander wat nooit hulle kinders se sieninge, besluite en tyd respekteer nie. Hulle daag op om te kuier al weet hulle dit is ongeleë, want hulle voel dit is hulle reg. Sulke voorbeelde is ’n realiteit vir baie paartjies – iets wat groot frustrasie en onmin in die huwelik veroorsaak. Dit is maklik om te sê: “Praat net met jou ouers daaroor!” Vir baie paartjies is dit nie so maklik nie.

Waarom is dit so moeilik ?
• Vrees dat jou ouers julle sal verwerp
• Vrees dat jou ouers verwerp sal voel as die probleem aangespreek word
• Jy is bang vir konfrontasie en wil die vrede ten alle koste bewaar
• Die ydele droom dat die probleem sal verdwyn as julle die inmenging of manipulasie net ignoreer
• Die ouers het ’n finansiële of emosionele houvas
• Die wanpersepsie dat die daarstelling van ’n grens impliseer dat jy jou ouers nie eer nie
• Blindheid vir jou maat se frustrasie en pyn – jy dink jou maat is oorsensitief, of verstaan jou ouers verkeerd

Eer jou verbond
• Jou keuses moet bewys wie die belang-rikste in jou lewe is. As jy altyd jou ouers se kant kies, sal jou maat nie soos jou eerste prioriteit voel nie
• Sodra ons eie ouers seergemaak voel, vergeet ons soms van ons maat wat ook seer het. Jou maat bly jou eerste prioriteit – dit beteken nie dat jou ouers se gevoelens nie saak maak nie
• Te veel van enigiets buite jou huwelik is nooit ’n goeie ding nie – ook te veel kuier en kontak met jou ouers ten koste van jou maat
• Wanneer jou ouers finansiële beheer of ’n houvas op jou het, sal jou huwelik na hulle pype moet dans. Dit is maklik om te vergeet dat God ons voorsiener is, nie ons ouers nie
• Geloof en geld is dinge waaroor mense oorlog sal maak – maak seker dat julle in julle huwelik eenheid hieroor het
• ’n Probleem in die huwelik behoort binne die huwelik opgelos te word, nie by familie nie. Onthou dat jou ouers net die slegte dinge van jou maat hoor as jy jou huwelikspro-
bleme met hulle bespreek. Hulle sal waarskynlik sukkel om jou maat te vergewe en dalk nooit weer met dieselfde oë na hom of haar kyk nie
• Wanneer ’n vrou haar pa altyd soos die held hanteer en haar man bewustelik of onbewustelik met hom vergelyk, sal haar man noodwendig in sy manlikheid gekrenk voel. Hy kan geïrriteerd raak met sy skoonpa en sy vrou dalk wys op die dinge wat haar pa verkeerd doen. Hy sal onbevoeg voel
• ’n Vrou sal sukkel om haar man as koning te eer as sy elke keer van haar eie kroon moet afstand doen wanneer die koninginmoeder by die voordeur instap
• As jy werklik verbond in die huwelik wil ervaar, sal jy skoonfamilie (en eie familie) volgens God se Woord moet hanteer. Eenheid in ’n huwelik kom nie van nature nie; dit is iets wat jy op alle terreine van jou huwelik moet kies en leef
• As jy weet dat jy ten koste van jou huwelik nog emosionele bande met jou ouers het, moet jy dit neerlê. Vra God om dit vir jou te wys. Hy is immers ’n kampvegter van beide verbond én familie. Met Sy hulp sal jy jou verbond kan red of verbeter sónder om jou familie vir ewig te verwond

As kind van God moet ons die balk eers uit ons eie oog haal, maar as jy voel dat jy aan die ontvangkant van ’n inmengerige skoonouer is, kan jy die volgende in jou hart bewaar:
• Sien jou skoonouers vir wie hulle is – ouers wat dalk voel hulle het beheer verloor; iemand wat miskien nog nie vrede gemaak het dat hulle kinders groot is nie. As jy jouself in hulle skoene van onsekerheid plaas, sal dit makliker wees om genadig teenoor hulle te wees. Onthou dat mense wat altyd in beheer wil wees, in wese eintlik baie onseker is. Bid vir hulle, al is dit moeilik. Weet ook dat gebed nie altyd ons omstandighede verander nie, maar dit verander altyd ons harte.
• Moenie vergeld nie. God se Woord leer ons immers dat sagte antwoorde grimmigheid afkeer
• Vang hulle onkant deur goed vir hulle te wees. Laat hulle belangrik voel. Spreek onverwags waardering uit.
As almal hierdie eenvoudige beginsels uitleef, sal hierdie onderwerpe nie meer in huweliksboeke aangespreek word nie en sou skoonma-grappies ook al opgedroog het. Mag God ons harte ondersoek, en dít wat nie binne Sy wil is nie, aan ons uitwys. Mag ons die nederigheid hê om te wil verander en die diepe begeerte om aan Hom gehoorsaam te wees en ons kinders se huwelike te eer.

Basiese riglyne vir die hantering van konflik binne die familie:
• As die probleem by jóú ouers lê, moet jý die probleem aanspreek. Bloed is dikker as water, bloedfamilie luister makliker na mekaar as na aangetroude familie
• Onthou dat ’n grens waarvan mense nie bewus is nie, nie bestaan nie. As jy nie daaroor praat nie, gaan die probleem nie verdwyn nie
• Wanneer jy ’n netelige saak met moeilike ouers bespreek, gaan daar waarskynlik seergemaakte gevoelens wees wat ’n rukkie gaan neem om te heel. As jy weet dat jou ouers maklik verwerp en seergemaak voel, is dit belangrik dat jy vooraf voor God stil raak vir wysheid oor jou woorde en jou houding. Met die sagtheid van die Heilige Gees kan ons ’n vyand stormloop sonder om seer te maak
• Onthou, jy en jou maat is in dieselfde span. Wanneer jy met jou ouers oor die probleem praat, verteenwoordig jy jou maat ook. Gebruik woorde soos: “Ons voel” of “ons wil” en nie: “Sy voel” of “Hy wil” nie
• Wanneer jy toelaat dat jou ouers jou maat kritiseer, ignoreer of manipuleer en hulle nie daaroor aanspreek en vir jou maat opkom (selfs in hulle afwesigheid) nie, sal jou maat seergemaak en uitgelewer voel en jou nie vertrou en glo dat hy/sy die belangrikste mens in jou lewe is nie

’n Toets vir elke skoonouer
Indien jy wonder of jy een van daardie skoonouers is wat jou kinders se huwelik skade berokken, kan jy jou hart aan die volgende vrae toets:
• Voel jy geïrriteerd as jou seun iets mooi van sy vrou sê? Het jy ’n onkeerbare drang om jouself daarmee te vergelyk?
• Kyk jy krities na haar huis en vertel dan hoe mooi jy of jou dogter julle sitkamers gemaak het?
• Probeer jy om gewilder by jou kleinkinders te wees as hulle eie ouers?
• Herinner jy jou kinders gereeld daaraan dat jy al baie keer goed vir hulle was, en dat jy hulle finansieel bystaan of onderhou?
• Lewer jy kommentaar oor hulle hantering van opvoedingsake (al bedoel jy dit net goed)?
• Deel jy geheimpies met jou kind terwyl jy jou skoonkind doelbewus uitsluit?
• Verwag jy van jou dogter of seun om jou emosionele kruk te wees?
• Gaan jy oor jou skoondogter se kop heen wanneer daar iets gereël moet word?
• Herinner jy jou kind soms aan sy/haar maat se foute (al dink jy dat jy net jou kind wil beskerm)?
• Voel jy dat jy reëlings eerder met jou eie kinders wil tref en nie met jou skoonkinders nie?

’n Toets vir elke skoonouer
Indien jy wonder of jy een van daardie skoonouers is wat jou kinders se huwelik skade berokken, kan jy jou hart aan die volgende vrae toets:
• Voel jy geïrriteerd as jou seun iets mooi van sy vrou sê? Het jy ’n onkeerbare drang om jouself daarmee te vergelyk?
• Kyk jy krities na haar huis en vertel dan hoe mooi jy of jou dogter julle sitkamers gemaak het?
• Probeer jy om gewilder by jou kleinkinders te wees as hulle eie ouers?
• Herinner jy jou kinders gereeld daaraan dat jy al baie keer goed vir hulle was, en dat jy hulle finansieel bystaan of onderhou?
• Lewer jy kommentaar oor hulle hantering van opvoedingsake (al bedoel jy dit net goed)?
• Deel jy geheimpies met jou kind terwyl jy jou skoonkind doelbewus uitsluit?
• Verwag jy van jou dogter of seun om jou emosionele kruk te wees?
• Gaan jy oor jou skoondogter se kop heen wanneer daar iets gereël moet word?
• Herinner jy jou kind soms aan sy/haar maat se foute (al dink jy dat jy net jou kind wil beskerm)?
• Voel jy dat jy reëlings eerder met jou eie kinders wil tref en nie met jou skoonkinders nie?

Sou dit nie wonderlik wees as alle skoonma’s en hul skoondogters ’n verhouding soos Naomi en Rut gehad het nie? Helaas, die duisende huwelike wat bloei as gevolg van inmengerige familie, bewys dat nie almal so gelukkig soos Rut-hulle is nie. As alle getroudes net die eenvoudige wysheid van Efesiërs 5:31 kon verstaan: “’n Man sal sy ouers verlaat en sy vrou aankleef, en hulle sal een wees.” So basies, en tog vir
sommige so moeilik om te verstaan en uit te leef.

Wat beteken ‘verlaat’?
Sommige mense vra hoe jy jou ouers kan verlaat as hulle weens ouderdom, siekte, of finansiële tekorte by jou in die huis moet bly. Ander redeneer weer die Woord sê jy moet jou ouers eer. Jy kán jou ouers eer én verlaat. Om jou ouers te ‘verlaat’ verwys nie na ’n fisieke verla-ting nie, maar dat jy jou ouers as die eerste prioriteit in jou lewe verlaat. Jou huweliksmaat word nou jou eerste verantwoordelikheid, jou belangrikste prioriteit in terme van verhoudinge, en die een op wie se kop die kroon te alle tye behoort te rus. Hierin moet julle mekaar aankleef (met ander woorde begeer om in alles deel van mekaar te wees) en soos een mens te lewe, wat beteken dat jou maat se behoeftes ook joune moet wees.

Stel grense op
Ouers of skoonouers kan manipuleer en verwerp wanneer dinge nie volgens hulle wil verloop nie, dan kan dit moeilik raak om jou maat se behoeftes bo dié van jou ouers te stel. Om ’n huwelik te verseker waarbinne jou maat geëer word, noodsaak grense – ’n gesonde verhouding waar manipulasie en verwerping van buitepartye teengestaan word. Daar moet grense wees wat kommunikeer dat ons ’n huwelikseenheid is en dat ons niks en niemand sal duld wat daardie eenheid bedreig nie.

Grense wat oorskry word
Daar is byvoorbeeld oumas wat voor aandete lekkergoed aan die kleinkinders uitdeel, al het Ma en Pa gesê dit mag nie. Soortgelyk is daar ouers wat gedurig rusie in hulle kinders se huwelike veroorsaak omdat hulle klein ‘stekies’ uitdeel wat soos goedbedoelde raad klink, of ander wat nooit hulle kinders se sieninge, besluite en tyd respekteer nie. Hulle daag op om te kuier al weet hulle dit is ongeleë, want hulle voel dit is hulle reg. Sulke voorbeelde is ’n realiteit vir baie paartjies – iets wat groot frustrasie en onmin in die huwelik veroorsaak. Dit is maklik om te sê: “Praat net met jou ouers daaroor!” Vir baie paartjies is dit nie so maklik nie.

Waarom is dit so moeilik ?
• Vrees dat jou ouers julle sal verwerp
• Vrees dat jou ouers verwerp sal voel as die probleem aangespreek word
• Jy is bang vir konfrontasie en wil die vrede ten alle koste bewaar
• Die ydele droom dat die probleem sal verdwyn as julle die inmenging of manipulasie net ignoreer
• Die ouers het ’n finansiële of emosionele houvas
• Die wanpersepsie dat die daarstelling van ’n grens impliseer dat jy jou ouers nie eer nie
• Blindheid vir jou maat se frustrasie en pyn – jy dink jou maat is oorsensitief, of verstaan jou ouers verkeerd

Eer jou verbond
• Jou keuses moet bewys wie die belangrikste in jou lewe is. As jy altyd jou ouers se kant kies, sal jou maat nie soos jou eerste prioriteit voel nie
• Sodra ons eie ouers seergemaak voel, vergeet ons soms van ons maat wat ook seer het. Jou maat bly jou eerste prioriteit – dit beteken nie dat jou ouers se gevoelens nie saak maak nie
• Te veel van enigiets buite jou huwelik is nooit ’n goeie ding nie – ook te veel kuier en kontak met jou ouers ten koste van jou maat
• Wanneer jou ouers finansiële beheer of ’n houvas op jou het, sal jou huwelik na hulle pype moet dans. Dit is maklik om te vergeet dat God ons voorsiener is, nie ons ouers nie
• Geloof en geld is dinge waaroor mense oorlog sal maak – maak seker dat julle in julle huwelik eenheid hieroor het
• ’n Probleem in die huwelik behoort binne die huwelik opgelos te word, nie by familie nie. Onthou dat jou ouers net die slegte dinge van jou maat hoor as jy jou huweliksprobleme met hulle bespreek. Hulle sal waarskynlik sukkel om jou maat te vergewe en dalk nooit weer met dieselfde oë na hom of haar kyk nie
• Wanneer ’n vrou haar pa altyd soos die held hanteer en haar man bewustelik of onbewustelik met hom vergelyk, sal haar man noodwendig in sy manlikheid gekrenk voel. Hy kan geïrriteerd raak met sy skoonpa en sy vrou dalk wys op die dinge wat haar pa verkeerd doen. Hy sal onbevoeg voel
• ’n Vrou sal sukkel om haar man as koning te eer as sy elke keer van haar eie kroon moet afstand doen wanneer die koninginmoeder by die voordeur instap
• As jy werklik verbond in die huwelik wil ervaar, sal jy skoonfamilie (en eie familie) volgens God se Woord moet hanteer. Eenheid in ’n huwelik kom nie van nature nie; dit is iets wat jy op alle terreine van jou huwelik moet kies en leef
• As jy weet dat jy ten koste van jou huwelik nog emosionele bande met jou ouers het, moet jy dit neerlê. Vra God om dit vir jou te wys. Hy is immers ’n kampvegter van beide verbond én familie. Met Sy hulp sal jy jou verbond kan red of verbeter sónder om jou familie vir ewig te verwond

As kind van God moet ons die balk eers uit ons eie oog haal, maar as jy voel dat jy aan die ontvangkant van ’n inmengerige skoonouer is, kan jy die volgende in jou hart bewaar:
• Sien jou skoonouers vir wie hulle is – ouers wat dalk voel hulle het beheer verloor; iemand wat miskien nog nie vrede gemaak het dat hulle kinders groot is nie. As jy jouself in hulle skoene van onsekerheid plaas, sal dit makliker wees om genadig teenoor hulle te wees. Onthou dat mense wat altyd in beheer wil wees, in wese eintlik baie onseker is. Bid vir hulle, al is dit moeilik. Weet ook dat gebed nie altyd ons omstandighede verander nie, maar dit verander altyd ons harte.
• Moenie vergeld nie. God se Woord leer ons immers dat sagte antwoorde grimmigheid afkeer
• Vang hulle onkant deur goed vir hulle te wees. Laat hulle belangrik voel. Spreek onverwags waardering uit.
As almal hierdie eenvoudige beginsels uitleef, sal hierdie onder-werpe nie meer in huweliksboeke aangespreek word nie en sou skoonma-grappies ook al opgedroog het. Mag God ons harte ondersoek, en dít wat nie binne Sy wil is nie, aan ons uitwys. Mag ons die nederigheid hê om te wil verander en die diepe begeerte om aan Hom gehoorsaam te wees en ons kinders se huwelike te eer.

Basiese riglyne vir die hantering van konflik binne die familie:
• As die probleem by jóú ouers lê, moet jý die probleem aanspreek. Bloed is dikker as water, bloedfamilie luister makliker na mekaar as na aangetroude familie
• Onthou dat ’n grens waarvan mense nie bewus is nie, nie bestaan nie. As jy nie daaroor praat nie, gaan die probleem nie verdwyn nie
• Wanneer jy ’n netelige saak met moeilike ouers bespreek, gaan daar waarskynlik seergemaakte gevoelens wees wat ’n rukkie gaan neem om te heel. As jy weet dat jou ouers maklik verwerp en seergemaak voel, is dit belangrik dat jy vooraf voor God stil raak vir wysheid oor jou woorde en jou houding. Met die sagtheid van die Heilige Gees kan ons ’n vyand stormloop sonder om seer te maak
• Onthou, jy en jou maat is in dieselfde span. Wanneer jy met jou ouers oor die probleem praat, verteenwoordig jy jou maat ook. Gebruik woorde soos: “Ons voel” of “ons wil” en nie: “Sy voel” of “Hy wil” nie
• Wanneer jy toelaat dat jou ouers jou maat kritiseer, ignoreer of manipuleer en hulle nie daaroor aanspreek en vir jou maat opkom (selfs in hulle afwesigheid) nie, sal jou maat seergemaak en uitgelewer voel en jou nie vertrou en glo dat hy/sy die belangrikste mens in jou lewe is nie

’n Toets vir elke skoonouer
Indien jy wonder of jy een van daardie skoonouers is wat jou kinders se huwelik skade berokken, kan jy jou hart aan die volgende vrae toets:
• Voel jy geïrriteerd as jou seun iets mooi van sy vrou sê? Het jy ’n onkeerbare drang om jouself daarmee te vergelyk?
• Kyk jy krities na haar huis en vertel dan hoe mooi jy of jou dogter julle sitkamers gemaak het?
• Probeer jy om gewilder by jou kleinkinders te wees as hulle eie ouers?
• Herinner jy jou kinders gereeld daaraan dat jy al baie keer goed vir hulle was, en dat jy hulle finansieel bystaan of onderhou?
• Lewer jy kommentaar oor hulle hantering van opvoedingsake (al bedoel jy dit net goed)?
• Deel jy geheimpies met jou kind terwyl jy jou skoonkind doelbewus uitsluit?
• Verwag jy van jou dogter of seun om jou emosionele kruk te wees?
• Gaan jy oor jou skoondogter se kop heen wanneer daar iets gereël moet word?
• Herinner jy jou kind soms aan sy/haar maat se foute (al dink jy dat jy net jou kind wil beskerm)?
• Voel jy dat jy reëlings eerder met jou eie kinders wil tref en nie met jou skoonkinders nie?

’n Toets vir elke skoonouer
Indien jy wonder of jy een van daardie skoonouers is wat jou kinders se huwelik skade berokken, kan jy jou hart aan die volgende vrae toets:
• Voel jy geïrriteerd as jou seun iets mooi van sy vrou sê? Het jy ’n onkeerbare drang om jouself daarmee te vergelyk?
• Kyk jy krities na haar huis en vertel dan hoe mooi jy of jou dogter julle sitkamers gemaak het?
• Probeer jy om gewilder by jou kleinkinders te wees as hulle eie ouers?
• Herinner jy jou kinders gereeld daaraan dat jy al baie keer goed vir hulle was, en dat jy hulle finansieel bystaan of onderhou?
• Lewer jy kommentaar oor hulle hantering van opvoedingsake (al bedoel jy dit net goed)?
• Deel jy geheimpies met jou kind terwyl jy jou skoonkind doelbewus uitsluit?
• Verwag jy van jou dogter of seun om jou emosionele kruk te wees?
• Gaan jy oor jou skoondogter se kop heen wanneer daar iets gereël moet word?
• Herinner jy jou kind soms aan sy/haar maat se foute (al dink jy dat jy net jou kind wil beskerm)?
• Voel jy dat jy reëlings eerder met jou eie kinders wil tref en nie met jou skoonkinders nie?

GRETHA WIID is ’n verhoudingskenner, gasspreker en outeur. Kontak haar by: www.grethawiid.co.za of Facebook: Gretha Wiid

In His Name

Liewe Vriend,

“Want dit het die Vader behaag dat in Hom die ganse volheid sou woon en dat Hy deur Hom alles met Homself sou versoen nadat Hy vrede gemaak het deur die bloed van sy kruis – ek sê deur Hom – met die dinge op die aarde sowel as die dinge in die hemele.” – Kolosense 1 v 19 – 20

In die bogenoemde verse vertel die Bybel ons hoe die Evangelie-boodskap die mens met God versoen. Gevolglik verklaar die Goeie Nuus dat dit niks anders kan wees as ‘n botsing tussen die hemel en die aarde nie! Wat presies gebeur dus gedurende die impak van kontak? Iets wonderbaarliks vind plaas! Waarom is mense dan steeds verbaas wanneer daar tekens en wonders volg op die verkondiging van die dood en opstanding van Jesus Christus? In werklikheid moet daar mos ‘n verwagting hiervoor wees. Genesing! Vrymaking! Die hemele wat in botsing kom met die mensdom is geen geringe saak nie. Lig oorweldig die duisternis. God en mens word verenig. Dit is die oplossing vir elke dilemma van die menslike siel, vir elke probleem – ‘n geheime wapen wat alles oorwin. Liewe Vriend, wat staar jou vandag in die gesig? Gee jouself geheel en al oor aan die Here. Hy sal Sy helderste Lig oor jou donkerheid laat skyn! Hierdie amper ongelooflike waarheid is presies wat Kunene Thembisile ondervind het by ons mees-onlangse Evangelisasie-veldtog. Mag haar getuienis wat hier volg jou daartoe bemoedig om, net soos sy, op die Here te vertrou vir ‘n wonderwerk.

HEMEL OP AARDE

Kunene (48) het met rugprobleme en borspyn begin sukkel enkele dae voordat sy ons MATSULU Evangelisasie-veldtog bygewoon het. “Dit het Maandagoggend begin. Dit was so pynlik dat ek skaars behoorlik kon asemhaal,” het sy verduidelik. Maar haar pyn het oombliklik verdwyn die oomblik toe sy ‘n ontmoeting met Jesus gehad het! Toe die vraag aan haar gevra word oor presies wat dit dan was wat sy ondervind het gedurende die gebed, het Kunene vol blydskap uitgeroep, “dit het gevoel asof warm water oor my hele liggaam uitgegooi word – nou is al die pyne weg! Ek is so bly, want nou is ek gesond.” In totale oorgawe het Kunene haar tot Jesus gewend daardie aand – die grootste wonderwerk ooit. “Alles in my lewe het verander, want ek het Jesus as my Verlosser aangeneem. My gees is nou vry!” Bevry in beide siel en liggaam, het hierdie kosbare vrou die veldtog verlaat met goeie nuus van haar eie om met die wêreld daarbuite te gaan deel.

Tamryn is die stigter van In His Name Ministries, ‘n Evangelistiese organisasie, toegewy tot die verkondiging van die Evangelie van Jesus Christus, dwarsdeur Afrika en die hele wêreld.
Op Facebook vind jy Tamryn Klintworth, of besoek die bediening se webtuiste by:

WWW.INHISNAME.ORG.ZA

Ilse Kleyn: Kuns met n Geestelike Diepte

Ilse Kleyn is ‘n bekende Christen-kunstenaar en woon in Kaapstad saam met haar man, Drikus en hulle twee dogters, Lene en Danielle en klein Johannes. By hulle huis groet die warboel worshonde uitbundig toe ons binnestap. Die huislike geur van die kolwyntjies wat Lene vir ons bak (en later in al hulle heuningkleurige glorie op die skinkbord opdaag), verwelkom ons. Die geblaf laat Johannes, die driejarige krullebol, wakkerskrik. Ilse maak die huilende kleuter op haar skoot bymekaar en vertel dat hulle hom amper verloor het, maar “dit is ’n ander lang storie”, waarby ons later uitkom.

Die keuse: kuns of ’n bestendige inkomste?
Ilse is met ’n goeie skoot kunstalent gebore, en is reeds die derde geslag in die familie wat kunstenaars opgelewer het. Op skool het sy kuns as vak geneem en het selfs ’n draai by die nasionale kunsskool, destyds nog in Hillbrow, gemaak: “…maar die koshuislewe in die stad was nie vir my nie. My droom was om ná skool kuns te studeer, maar omdat kunstenaars ’n onbestendige inkomste het, het ek na vele oorweging besluit om eerder ’n veiliger opsie met ’n bestendige inkomste te kies.”

’n Soeke na meer
Ná skool het Ilse dus haar beroep van 16 jaar in die polisie afgeskop, waar sy onder meer as polisiekunstenaar polisie-identikits geskets het. Daar was egter ’n leemte, ’n soeke na meer. Sy vertel: “Ek het twee jaar lank in Pretoria gewerk. Dit het my nie vervul nie, daar was vir my geen lewe in nie. Toe kom ek Kaap toe. By hierdie tak ek ook na meer gesoek en so het ek van die een eenheid na die ander gehop in die hoop dat ek dáár gaan kry waarna ek soek.”

Goeie bedoelings
Intussen is Ilse met Drikus, ook ’n polisieman, getroud en het haar polisiediploma verwerf (sy is later tot kaptein bevorder). Sy het in verskeie departemente gewerk, onder meer ook die okkult-verwante misdaadeenheid waar dinge skeef geloop het: “Ek het by die okkulte-eenheid betrokke geraak en my fokus heeltemal te veel op die ander kant eerder as op Jesus geplaas – met goeie bedoelings – maar in die proses het ek my eerste liefde vir Hom verloor. Die oomblik as hoogmoed instap, val jy. Jy laat sonde mos so stadig-stadig toe en as jy jou oë uitvee dan kook die padda in die warm water.”

Die genadige liefde van Jesus
Haar huwelik was op die rotse en sy was die verste wat sy ooit van God af was; tog is dit hier waar sy genade in oorvloed ontdek het: “Ek was op my laagste laagtepunt toe die Here vir my die deur oopgemaak het. Op die plek waar ek die verste van Hom gevoel het, dáár waar ek gedink het Hy my behoort af te skryf, met ’n groot skeur tussen my en Hom, het Hy my teruggevat en my die belofte gegee dat Hy my gaan herstel .” (Ilse sluk
die trane weg en vee die trane van haar wange af.) “Soms is dit ’n groter ding om jouself te vergewe as wat ander mense jou vergewe…”
Dit is dan ook Ilse se skildery met die vrou aan Jesus se voete wat hierdie ervaring van genade en liefde aan Jesus se voete uitbeeld.

Rhema-woord van God
Ilse se droom om ’n kunstenaar te wees, het onmoontlik ver gelyk. Die rentekoers was 24%, en Drikus het dag en nag ekstra werk gedoen, dakke afgespuit en droëwors verkoop om kop bo water te hou. Die droom was diep weggepak…tot ’n keerpuntnaweek. “Ons het vir ’n naweek weggegaan en Drikus en die kinders is die oggend swembad toe. Ek het my stiltetyd gehou en voor die Here gehuil. Daar was ’n diep hartseer in my. Was daar ooit ’n kans dat ek net kan verf? Daar was finansiële verpligtinge, ’n huis om af te betaal, twee kindertjies. Ek kry toe ’n woord uit Esra 7:27-28: “Jy gaan die mure in Jerusalem versier…en saam met groot manne optrek na Israel toe.” Dit was ‘n ‘rhema’-woord van God af. Ek het dit in my dagboek geskryf. Vir my het, “jy gaan die mure versier”, beteken dat ek gaan teken; ek weet net nie wanneer nie. Letterlik agt jaar nadat ek daardie woord gekry het, staan ek toe ín Jerusalem om namens Mandate Africa een van my skildery te oorhandig.” Die gebeurtenis waarna Ilse verwys, het drie jaar gelede plaasgevind toe sy as deel van Mandate Africa na Israel is. “Lindie Gouws het ’n opdrag van die Here gekry dat Afrika ’n geskenk vir Israel moet neem. In die vergadering waartydens hierdie opdrag bespreek is, sit ’n ou toevallig met van my kaartjies met my kunsafdrukke daarop in sy hand en skuif dit oor die tafel: ‘Dít is dalk ’n moontlikheid.’ Lindie het my gebel en gevra of hulle ’n afdruk kon kry om saam te neem. Ek het die oorspronklike skildery nog gehad en het dit vir hulle aangebied. Sy het my op die daad saamgenooi!”

Ek kyk nie een dag terug nie
Dit was Ilse se skoonma wat haar aan die skilder gekry het. Sy het prentjies na Ilse gebring en haar gevra om dit vir haar te skilder. Daarna het Ilse iets vir ’n vriendin geskilder en daaruit het die reeks van vroue in rooi voortgevloei. Drikus het haar potensiaal gesien en haar werk na galerye geneem waarop aanvraag na haar werk begin groei het. Dit was ook Drikus wat uiteindelik die stap in die geloof geneem het en Ilse aangemoedig het om voltyds te begin skilder: “Hy het gesê: ‘Kom ons vertrou die Here.’ Ek het uit die polisie bedank om my voltyds aan my kuns te wy; ek kyk nie een dag terug nie!”

Profetiese beelde
Ilse se kuns het ’n sterk profetiese inslag; sommige van die werke is haar eie getuienis, ander onderwerpe is deur die Heilige Gees geïnspireer. ‘Die Sewe Geeste’ wat sy vir die Aardklop-fees geskilder het, was ’n baie uitdagende projek. “Ek het geweet ek moet die sewevoudige Gees van God skilder, maar dit was moeilik, ek sou liewer die vrugte van die Gees wou skilder! Ek het die Here vir inspirasie gevra; die eerste beeld wat in my opgekom het, was die wit duif. Vir die ander het ek Bybelstudie oor die aspekte van die Gees van God gedoen en wanneer ’n beeld opkom, dit neergeskryf en daarna het ek almal probeer inkorporeer. Die reeks oor die bruid van Christus was anders. Ek het ’n swaard geneem, ‘n klomp foto’s van my dogters geneem, tien skilderye geskilder en toe bypassende Skrif vir die skilderye gaan soek.

Moenie wag nie
Ilse het die idee vir die Psalm 139-skildery gekry drie maande voordat Johannes aangeneem is. Ilse se ma werk by Shiloh, wat in arm gemeenskappe werksaam is. Toe sy in Januarie vinnig by die kantoor gaan inloer, vertel die skoonmaker dat daar oorkant haar ’n tikverslaafde ma met twee kindertjies woon: ’n seuntjie (Johannes) drie weke oud en sy sussie agtien maande oud. Die dogtertjie leef van suikerwater. Wil hulle nie iemand stuur om te gaan kyk nie, die kindertjies lyk sleg. Ilse en haar ma is na ’n vroutjie met ’n ‘safe house’ omdat sy sou weet wat om te doen. Omdat dit naweek was, het hulle besluit om die welsynsdienste die Maandag te nader, maar Ilse se ma was onrustig en het gevoel die Heilige Gees sê hulle moet nou gaan; hulle kan nie wag nie.
“ ‘n Paartjie wat saam met my ma werk, het gaan ondersoek instel en toe hulle Johannes optel, val sy kop agteroor en rol sy oë om, só gedehidreer was hy. Die dokter het gesê Johannes sou twee uur later dood gewees het. Hy sou nie die nag nie oorleef het nie.

Julle sal ’n seuntjie hê
“Charlotte Cronk het 15 jaar gelede oor ons geprofeteer dat ons ’n seuntjie ook sal hê, maar Drikus wou niks hiervan weet nie, toe ek destyds gesê het ek wil ’n seuntjie aanneem, het Drikus net gelag. Toe ek Johannes daardie aand sien, het ek geweet hierdie seuntjie is myne, maar God sou in Drikus se hart moes werk.
“Ek het ’n Woord gekry dat God “die koning“ se hart sal sag maak. Ons hele gesin het op die vyfde dag vir Johannes in die hospitaal gaan kuier om kleertjies vir hom te vat. Toe ek hom optel, raak dit stil. Ek, my dogters en my ma begin huil, Drikus is doodstil. My man het sy eie unieke sin vir humor. Toe ons gaan koffie drink, sê hy: ‘Jy moet nou kies; óf die honde óf die seuntjie.’ Natuurlik het ons Johannes én die honde en Drikus is Johannes se held.” Ilse se lewe, gesin en kuns spreek van die ryk genade en liefde van Jesus wat oorvloedig en onvoorwaardelik oor elkeen van Sy kinders uitgegiet word.

Ilse se werk is aanlyn te sien en te koop by www.artofkleyn.co.za Kontak haar by 021 981 4630 of ilse@artofkleyn.co.za

Herprogrammeer Jou Brein

Die vorming van gedagtes – positief of negatief – volg dieselfde proses. Gedagtes is bloot elektriese impulse, chemiese stowwe en neurone en lyk soos takke aan ’n boom. Namate die gedagtes ontwikkel en blywend word, groei daar meer takke en word die verbindings hegter. Wanneer ons anders begin dink, verdwyn sommige takke en vorm nuwes, die hegtheid van die verbindings verander en die herinneringe vorm ’n nuwe netwerk met ander gedagtes. Die brein het ’n ongelooflike vermoë om te kan verander, te herprogrammeer en te groei! Dit is waarna ons as die ‘vernuwing van jou denke’ verwys.
Wanneer jy dink, word jou gedagtes geaktiveer, wat weer jou ingesteldheid bepaal; jou ingesteldheid is die somtotaal van jou gedagtes en weerspieël jou denkwyse. Hierdie ingesteldheid word in die vrygestelde chemiese afskeidings gevorm. ’n Positiewe ingesteldheid lei tot die afskeiding van die korrekte hoeveelhede chemiese stowwe, en ’n negatiewe ingesteldheid versteur die chemiese afskeidings en ontwrig die natuurlike vloei daarvan. Die chemiese stowwe kan vergelyk word met sellulêre seine wat die inligting van jou gedagtes omskakel na ’n fisieke (tasbare) realiteit in jou liggaam en bewussyn en dít het ’n emosie tot gevolg.
Die kombinasie van gedagtes, emosies en die gevolglike ingesteldheid het ’n positiewe of negatiewe uitwerking op jou liggaam. Dit beteken dat jou denke en liggaam in werklikheid onafskeidbaar is en hierdie verbinding begin by jou gedagtes.

Inleiding tot die wetenskap van denke
Gestel jy lees terwyl daar klassieke musiek op die agtergrond speel. Jy sit in ’n gemaklike stoel, ruik pas gesnyde gras deur die oop venster en geniet ’n happie vrugte. Sou jy jou in hierdie idilliese prentjie bevind, sou al vyf jou sintuie – sig, gehoor, reuk, tassin en smaak – die kontak tussen jou eksterne en jou interne wêreld wees, en sodoende jou denke aktiveer.

1. DIE VYF SINTUIE: die poort
Terwyl die inligting deur die vyf sintuie jou brein binnestroom, versamel jou brein elektriese impulse deur jou periferale senuweestelsel (die kommunikasiestelsel tussen jou brein en jou liggaam). Jou sintuie word die poort na jou intellek; dit het ’n invloed op jou vrye wil en emosies. Die eerste stap in hierdie proses, die vorming van ’n gedagte en die insameling van elektriese impulse, verwerk die inkomende sintuiglike inligting sodat dit sin maak. Hierdie inligting word verder in breinstrukture geprosesseer, wat die inligting op pad ‘geur’, verryk en versprei na waar jy kan besluit of hierdie data blywend deel gaan word van wie jy is. Die opwindendste feit is die brein se vermoë om op toksiese of nietoksiese inligting te reageer, en die talle geleenthede wat ons het om die inkomende inligting te aanvaar of te verwerp. Jy kan die inkomende inligting beheer en ontslae raak van dit wat jy nie wil hê nie, voordat dit wortelskiet.

2. DIE TALAMUS: die sender
Wanneer die inligting jou brein deur enige van die vyf sintuie binnekom, gaan dit deur ’n belangrike sender (die talamus) wat hierdie inligting kontroleer en verwerk. Al die senuwees wat die verskillende dele van die brein verbind, kom by die talamus bymekaar. Die talamus kan met ’n lugverkeerstelsel vergelyk word.
Daar is geen sein uit jou omgewing wat nie deur die talamus gaan nie. Dit verbind die brein aan die liggaam en die liggaam aan die brein. Dit laat die hele brein toe om gelyktydig groot hoeveelhede belangrike data vanaf die eksterne én interne wêreld te ontvang. Die talamus stuur die elektriese data deur jou hele brein. Senuweeselle as bestaande gedagtes in die buitenste gedeelte van die brein (die serebrale korteks) word sodoende geaktiveer om jou te help om die inkomende inligting te verstaan. Die aktive-
ring van hierdie selle is wat ek die “breeze through the trees”-stadium noem. Hierdie senuweeselle, as bestaande gedagtes in die serebrale kor¬teks, lyk soos bome in ’n woud en die aktivering is soos ’n bries wat daardeur waai; dit bring dan die bestaande gedagtes na die bewuste vlak. Hierdie komplekse uitsendings van inligting deur die serebrale korteks aktiveer jou ingesteldheid. Ingesteldheid is ’n denkwyse (alle gedagtes op die ‘bome’) en dit beïnvloed ons keuses en wat ons sê en doen.
As die ingesteldheid negatief is, sal die emosionele reaksie negatief of stresvol wees. As die ingesteldheid positief is, sal daar rustigheid wees. Die feit is dat jou ingesteldheid aan die lig sal kom, ongeag hoe hard jy probeer om dit weg te steek. Die geaktiveerde ingesteldheid word dan van die talamus af na die hipotalamus gestuur.

3. DIE HIPOTALAMUS: Die chemiese fabriek
Die hipotalamus is soos ’n chemiese fabriek waar die gedagtebou-prosesse plaasvind en bepaal die soort en hoeveelheid chemiese stowwe wat in die liggaam vrygestel moet word. Die talamus gee die teken aan die hipotalamus om chemies ’n reaksie op jou gedagtes voor te berei.
Die endokriene-stelsel is ’n groep kliere en organe wat hoofsaaklik hormone produseer en reguleer. Daar word dikwels na die hipotalamus as die ‘brein’ van die endokriene-stelsel verwys; dit beheer onder meer dors, honger, liggaamstemperatuur en die liggaam se reaksie op jou emosies. Die hipotalamus is soos ’n kloppende hart wat op jou emosies en gedagtewêreld reageer en ’n groot uitwerking het op hoe jy emosioneel en intellektueel funksioneer.
Dit beteken dat wanneer jy angstig of bekommerd is, die hipotalamus op hierdie angstigheid en bekommerde ingesteldheid reageer met ’n vrystelling van stresstowwe wat die pituïtêre klier – die hoofklier van die endokriene-stelsel – betrek. Die endokriene-stelsel skei die hormone af vir die organisasie van triljoene selle wat enige dreigende gevaar moet hanteer. Negatiewe gedagtes verskuif die fokus na beskerming en verminder jou vermoë om inligting met wysheid te verwerk, te dink, of om gesonde gedagtes te kweek.
As jy jou ingesteldheid verander en besluit om God se uitstekende raad te volg en jou nie te bekommer nie, sal dit die hipotalamus dié chemiese stowwe laat afskei wat ’n gevoel van vrede tot gevolg het. Die res van die brein sal reageer deur die korrekte ‘formule’ neurosenders (chemiese stowwe wat elektriese impulse oordra) vir gedagtebou en helder denke af te skei. Hoewel jy nie altyd jou omgewing kan beheer nie, kan jy beheer hoe dit jou brein beïnvloed. Hoe? Die inkomende inligting is nog tydelik. Dit is nog nie in jou geheue geberg nie en het nog nie deel van jou geword nie. Jy kan kies om die geaktiveerde gedagte en inkomende inligting te verwerp, óf dit toe te laat om die weg in jou verstand (siel) en gees te baan, en uiteindelik jou onderbewuste binne te dring, wat beheer wie jy is, en daar weg te sink. Selfs al kan jy nie altyd jou omstandighede beheer nie, kan jy fundamentele keuses maak wat jou sal help om jou reaksie op jou omstandighede te beheer en toksiese toevoer na jou brein te verhoed.
Ons het die amigdala en die hippokampus om ons by te staan om goeie keuses te maak. Die amigdala hanteer die perseptuele emosies wat aan inkomende gedagtes verbind is, sowel as al die gedagtes wat reeds in jou brein geberg is. Die hippokampus hanteer geheue en motivering. Dit is hier waar jy nou doelbewus ’n rol kan speel deur te besluit of hierdie inkomende gedagtes deel sal word van wie jy is of nie.

4. DIE AMIGDALA: Die biblioteek
Die amigdala, ’n dubbele amandelvormige struktuur in jou brein, is ontwerp om jou liggaam en denke teen enige bedreiging – soos gevaar of stres – te beskerm. Dit is die dryfkrag agter geheuevorming deurdat dit die hippokampus beïnvloed om gevestigde inligting in ag te neem.
Die amigdala hanteer positiewe, liefdesgedrewe emosies soos vreugde en geluk, sowel as negatiewe, vreesgedrewe emosies soos hartseer, woede en jaloesie. Die talamus maak die amigdala bewus van enige inkomende inligting vanaf die vyf sintuie. Die amigdala voeg dan letterlik sy vingerafdruk op die inkomende inligting by – deur dit met emosie te ‘geur’.

Hoe doen die amigdala dit?
Die amigdala is soos ’n biblioteek wat die emosionele persepsies stoor wat elke keer tydens gedagtebou plaasvind – met ander woorde, elke keer wanneer ons ’n herinnering bou, aktiveer ons emosies. Die endokriene-stelsel en die brein moet die korrekte chemiese stowwe, wat nodig is vir die bou van gesonde of toksiese herinneringe, vrystel.
Omdat die amigdala voortdurend in kommunikasie met die hipotalamus is (wat chemiese stowwe in reaksie op jou ge-dagtelewe vrystel), kan ons liggaamsreaksies op ons denke ervaar. Hierdie fisieke reaksies (’n vinnige hartklop en adrenalien wat deur jou are pomp) dwing ons om te besluit of ons die inligting gaan aanvaar of verwerp, op grond van hoe ons fisiek voel.
Om ons verder te help het die amigdala kommunikasieverbindings wat aan die frontale lob verbind is, wat redenering, besluitneming, analise en strategering beheer – alles funksies van die uitvoerende vlak. Hierdie verbinding stel ons in staat om die emosies wat ons fisiek ervaar, op te weeg en verstandig daarop te reageer.
Hier is die opwindende nuus: ons kan nou besluit om te sê: “Ek kies nou om nie verder oor hierdie kwessie te dink nie,” en die tydelike gedagtes sal verdwyn. Die keuse om nie verder aandag aan die gedagtes te gee nie, laat gedagtes eenvoudig vervaag tot hulle verdwyn.
As ons egter aanhou tob oor die kwessie, vloei al die inligting (insluitend die toksiese of nietoksiese ingesteldheid wat na die bewuste gebring is) ’n seeperdjievormige struktuur binne – die hippokampus – en word daar geberg.
Die hippokampus is ’n soort sorteerlokaal vir gedagtes. Dit klassifiseer en liasseer inkomende inligting as lang- of korttermyn, dit skakel tydelike gedagtes na permanente gedagtes om, wat dan deel word van wie jy is. (’n Groot deel hiervan geskied snags terwyl jy slaap.)
Dit is nou wanneer ons lewensverande-rende besluite kan neem. Wil ek hê dat hierdie inligting deel van my word of nie? Hou in gedagte dat toksiese herinneringe stres veroorsaak en dat die hippokampus geweldig vatbaar vir stres is omdat dit ryk aan streshormoonreseptors is (klein seldeurtjies wat chemiese inligting ontvang), wat normaalweg gebruik word om herinneringe te versterk. Uitermatige stres is vir hierdie breinselle soortgelyk aan ’n klapper wat in ’n glasfles ontplof. Dit veroorsaak dat die hippokampus selle verloor en gevolglik krimp. Dit het ’n uitwerking op die kommunikasie tussen die hippokampus en die sentrale deel van die brein.

Ons moet besef dat toksiese denke ons sinne en gedrag negatief aantas. Wanneer ons verstaan hoe ’n gedagte vorm en wat die uitwerking daarvan op ons emosies en liggaam is, kom ons voor die keuse te staan: ons kan ons gedagtes toelaat om giftig en toksies te wees, of ons kan ons negatiewe denke ‘detoksifiseer’ wat dan ons emosionele welstand kan verbeter en selfs ons fisieke gesondheid kan herstel.

Wat verkies jy?
“Ek roep vandag die hemel en die aarde tot getuie teen julle dat ek die lewe en die dood aan jou voorgehou het, die seën en die straf. Kies die lewe, sodat jy en jou na¬geslag kan lewe.” Deut 30:19.

Jy ervaar die uitwerking van al jou gedagtes jou hele lewe lank al en het dit waarskynlik nie eens geweet nie! Byvoorbeeld, het jy in die nadraai van ’n moeilike of traumatiese gebeurtenis al ooit siek geword? Jy het dalk nie die verband gesien nie en dit as ’n toeval beskou wanneer dit na alle waarskynlikheid die gevolg van toksiese gedagtes was wat hulle tol van jou gesondheid geëis het. Gedagtes is nie net wetenskaplik meetbaar nie, maar ons kan ook bewys hoe hulle ’n uitwerking op ons liggaam het.
Ons kan ons gedagtes en emosies voel

Emosies is betrokke by elke gedagte wat ons bou. Trouens, met elke herinnering wat jy skep, het jy ’n ooreenstemmende emosie wat daaraan geheg is, wat in jou brein gestoor word en as ’n fotokopie in jou liggaam se selle teenwoordig is. Emosies is aan gedagtes geheg. Hierdie emosies is baie werklik en verbind ons gedagtes aan die reaksie binne ons liggaam en brein. Dit word die psigosomatiese netwerk genoem. Hierdie emosies kan jare nadat iets gebeur het, weer opduik wanneer die herinnering aan daardie gebeurtenis, herroep word.
Om te demonstreer hoe dit werk: bestee ’n minuut daaraan om te fokus op ’n ontstellende gebeurtenis wat onlangs in jou lewe plaasgevind het. Terwyl jy diep oor hierdie voorval nadink, word bewus van hoe jy voel en hoe jou liggaam op hierdie gedagtes en emosies reageer. Deur weer oor die voorval te dink en dit op te roep, aktiveer jy ’n stroom chemiese stowwe. Hoe meer jy daaroor nadink, hoe sterker word die stroom en helderder die herinnering. Jy mag selfs kwaad, gefrustreerd of ontsteld word. Jy sal verstandelik en fisiek op die gedagtes begin reageer asof dit weer van voor af plaasvind. Dít waaroor jy dink, kan ontwikkel en groei.

Wat jy kies om oor na te dink, kan vreugde, vrede en geluk be-vorder, of die totale teenoorgestelde uitwerking hê. Trouens, jou gedagtes kan veranderinge teweeg bring, selfs tot op genetiese vlak, waar dit die samestelling van die sel herstruktureer. Wetenskaplikes het bewys dat hierdie herstrukturering dit vir siektes moontlik maak om vatplek in die liggaam te kry. Wanneer ons die keuse maak om nietoksiese gedagtes te dink, betree ons ’n hele nuwe terrein van brein- en liggaamsfunksies. “Goedvoel”-chemiese stowwe word vrygestel wat ons rustig laat voel en genesing, geheuevorming en diep denke bevorder, wat op hulle beurt weer intelligensie laat toeneem. Gesonde, nietoksiese denke help om ’n positiewe grondslag in die neutrale netwerke van die gemoed te kweek.

Hierdie positiewe gedagtes versterk positiewe kettingreaksies en stel biochemiese stowwe, soos endorfien en serotonien, vanuit die brein se natuurlike apteek vry. Gebaai in hierdie positiewe omgewing, floreer die intellek en tesame daarmee die verstandelike en fisieke gesondheid.

“ Verder, broers, alles wat waar is, alles wat edel is, alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat mooi is, alles wat prysenswaardig is – watter deug of lofwaardige saak daar ook mag wees – daarop moet julle julle gedagtes rig.” Fil 4:8.

’n Gedagte mag onskadelik lyk, maar as dit toksies word, kan selfs daardie vlietende ge-dagte fisiek, emosioneel of geestelik gevaarlik wees. Elke keer wanneer jy ’n gedagte vorm, is dit aktief besig om jou brein en liggaam te verander – ten goede of ten kwade.

Het jy al ooit moedeloos, ongefokus, of oorweldig gevoel? Het jy ongesonde gewoontes wat jy net nie kan verbreek nie? Genadig het ons nou ’n beter insig as ooit tevore in die wyse hoe ons gedagtes ’n uitwerking op ons emosies en liggaam het. Die grootste vreugde vir my as ’n wetenskaplike is dat dit alles met God se voorskrifte strook. Toksiese gedagtes is soos gif, maar die goeie nuus is dat jy die kringloop van toksiese denke kan verbreek. Jy kan die uitwer-king van toksiese gedagtes omkeer. Wanneer die kringloop van toksiese denke eers verbreek is, kan jou gedagtes inderdaad elke area van jou lewe verbeter – jou ingesteldhede, jou gesondheid en selfs jou sukses!

’n Gedagte mag onskadelik lyk, maar as dit toksies word, kan selfs daardie vlietende gedagte fisiek, emosioneel of geestelik gevaarlik wees.

Gedagtes is meetbaar en neem fisieke ruimte op. Gedagtes is aktief, hulle groei en verander. Gedagtes beïnvloed elke besluit, woord, daad en fisieke reaksie. Elke keer wanneer jy ’n gedagte vorm, is dit aktief besig om jou brein en liggaam te verander – ten goede of ten kwade.
Daar is 12 areas van toksiese gewoontes – ek noem hulle die ‘Dirty Dozen’ – wat so skadelik soos wesenlike gif in ons liggaam kan wees. Toksiese denke het elke dag ’n uitwerking op mense in verskillende lewensfases, in elke deel van die wêreld. Selfs ’n klein irritasietjie kan toksies word en daar moet van hierdie gedagtes ontslae geraak word!

Toksiese denke het stres as neerslag in jou liggaam; hierdie tipe stres is veel meer as net ’n vlietende emosie.
Stres is ’n oorkoepelende term vir die uiterste stremming wat toksiese denke op jou liggaamstelsels plaas. Dit beskadig die liggaam en die verstand op verskeie maniere met gevolge wat strek van gebrekkige geheue tot ernstige geestesgesondheids-, immuunstelsel-, hart- en spysverteringsprobleme.
Geen stelsel in die liggaam spring vry wanneer stres hoogty vier nie. ’n Groot hoeveelheid navorsing dui kollektief daarop dat tot 80% fisieke, emosionele en geestesgesondheidskwessies direk aan die gedagtewêreld gekoppel kan word. Daar is egter hoop! Jy kan die kringloop van toksiese denke verbreek en begin om gesonde gewoontes aan te kweek wat vrede in ’n stormagtige ge-dagtewêreld kan bring.

Toe ek meer as 20 jaar gelede oor die brein begin navorsing doen het, het die wetenskaplike gemeenskap nie die direkte skakel tussen die wetenskap van denke en die uitwerking daarvan op die liggaam aanvaar nie.
Die algemene mening was dat die brein soos ’n masjien is en sou ’n deel daarvan breek, kon dit nie herstel word nie. Daar is geglo dat die brein van geboorte bestem is tot agteruitgang met die ouderdom. Voeg by hierdie aanname dat ons deur erf-likheidsfaktore bestem is tot ’n voorafbepaalde uitkoms, en dit laat min hoop vir die toekoms.

Die Louwarm Christen

1. Louwarm mense woon die kerk taamlik gereeld by. Dit is immers wat van hulle verwag word, wat hulle glo ‘goeie Christene’ behoort te doen; daarom gaan hulle kerk toe. “Die Here het gesê: Hierdie volk is naby My met die mond, hulle eer My met wat hulle sê, maar hulle hart is ver van My af, hulle dien My soos mense dit wil hê, nie soos Ek wil nie.” Jes 29:13.

2. Louwarm mense skenk geld aan liefdadigheid en die kerk solank dit nie op hulle lewenstandaard inbreuk maak nie. As hulle ’n bietjie ekstra oor het en dit is maklik en veilig om te gee, sal hulle so maak. God het mos darem ’n blymoedige gewer lief, dan nie? 1Kron 21:24, Luk 21:1-4.

3. Louwarm mense is geneig om dit wat gewild is te verkies bó dit wat reg is wanneer hulle in ’n innerlike tweestryd verkeer. Hulle wil sowel binne as buite die kerk inpas; hulle is meer bekommerd oor wat mense van hulle optrede dink (soos kerkbywoning en gawes gee) as wat God van hulle hart en hulle lewe dink. Luk 6:26, Op 3:1, Matt23:5-7.

4. Louwarm mense wil nie werklik van hulle sonde verlos word nie; hulle wil net die straf van hulle sonde vryspring. Hulle haat sonde nie werklik nie en het nie ware berou daaroor nie; hulle is bloot jammer omdat God hulle gaan straf. Louwarm mense is nie werklik oortuig dat hierdie nuwe lewe wat Jesus bied, beter as hulle ou sondige lewe is nie. Joh 10:10, Rom 6:1-2.

5. Louwarm mense word geroer deur verhale van ander wat radikale dinge vir Christus doen; tog doen hulle self niks nie. Hulle neem aan dat sulke dade vir ‘ekstreme’ Christene is, nie gemiddelde Christene nie. Louwarm mense bestempel dit wat Jesus van al sy volgelinge verwag, as ‘radikaal’. Jak 1:22, Jak 4:17, Matt 21:28-31.

6. Louwarm mense deel selde hulle geloof met hulle bure, medewerkers of vriende. Hulle wil nie verwerp word of ander mense ongemaklik laat voel deur privaatsake soos godsdiens te bespreek nie. Matt 10:32-33.

7. Louwarm mense meet hulle sedelikheid of ‘goedheid’ deur hulleself met die sekulêre wêreld te vergelyk. Hulle troos hulleself daaraan dat hoewel hulle nie so voluit vir Jesus leef soos sus-en-so nie, hulle nie naastenby so erg is soos die ou onder in die straat nie. Luk 18:11-12.

8. Louwarm mense sê dat hulle Jesus liefhet en Hy is inderdaad ’n deel van hulle lewe, hulle geld en hulle gedagtes, maar Hy word nie toegelaat om hulle lewens te beheer nie. Luk 9:57-62.

9. Louwarm mense het God lief, maar nie met hulle hele hart, siel en vermoëns nie. Hulle sal jou gou verseker dat hulle probeer om Hom so lief te hê, maar dat daardie soort algehele toewyding nie werklik haalbaar is vir die gemiddelde mens nie; dit is net vir pastore, sendelinge en radikales beskore. Matt 22:37-38.

10. Louwarm mense het ander lief, maar net nie so lief soos hulle hulleself het nie. Hulle liefde vir ander is tipies gerig op diegene wat hulle terug liefhet, soos familie, vriende en ander kennisse met wie hulle ’n verbintenis het. Daar is min liefde oor vir diegene wat hulle nie terug kan liefhê nie, nog minder vir diegene wat hulle doelbewus minag, wie se kinders beter atlete as hulle eie is, of met wie gesprekke moeilik of ongemaklik is. Hulle liefde is uiters voorwaardelik en baie selektief. Matt 5:43-47. Luk 14:12-14.

11. Louwarm mense sal God en ander dien, maar daar is perke aan hoe ver hulle sal gaan of hoeveel tyd, geld en energie hulle bereid is om af te staan. Luk 18:21-25.

12. Louwarm mense dink meer gereeld oor die lewe op aarde as aan die Ewigheid in die Hemel. Die daaglikse lewe is meesal gerig op vandag se lysie van dinge om te doen, hierdie week se program en volgende maand se vakansie. Selde of ooit oorweeg hulle die toekomstige lewe in alle erns. Fil 3:18-20.

13. Louwarm mense is dankbaar vir hulle weelde en geriewe en oorweeg dit selde om so veel moontlik aan die armes te skenk. Matt 25:34, Jes 58:6-7.

14. Louwarm mense sal alles in hulle vermoë doen om te sorg dat hulle nie te skuldig voel nie. Hulle wil die volstrekte minimum doen om ‘goed genoeg’ te wees sonder dat dit te veel van hulle verg. 1 Kron 29:14, Matt 13:44-46.

15. Louwarm mense is begaan daaroor om aan die veilige kant te bly; hulle is slawe van die god van beheer. Hierdie beheptheid om geen risiko’s te neem nie, weerhou hulle daarvan om opofferings vir God te maak en kanse vir Hom te waag. Matt 10:28.

16. Louwarm mense voel gerus omdat hulle kerk bywoon, op twaalf jaar oud ’n geloofsbelydenis afgelê het, gedoop is en uit ’n Christen-huis kom.

17. Louwarm mense leef nie in geloof nie; hulle lewens is gestruktureer sodat hulle nie geloof hoef te beoefen nie. Hulle hoef God nie te vertrou wanneer iets onverwags gebeur nie – daarvoor het hulle ’n spaarrekening. Hulle het God nie nodig om hulle te help nie – hulle aftredebeplanning is reeds gedoen. Hulle soek nooit werklik God se aangesig vir die lewe wat Hy vir hulle in gedagte het nie – hulle het die lewe uitgewerk en vooruit beplan. Hulle vertrou nie op ’n daaglikse basis op God nie – hulle yskaste is vol. Die waarheid is, hulle lewens sou nie veel anders gelyk het as hulle skielik sou ophou om in God te glo nie. Luk 12:16-21.

18. Louwarm mense drink en vloek waarskynlik minder as die gemiddelde mens, maar afgesien daarvan verskil hulle nie veel van die tipiese ongelowige nie. Hulle stel hulle gedeeltelik gesaniteerde lewe gelyk aan heiligheid, maar dit is ver van die waarheid. Matt 23:25-28, Luk 14:34-35.

FRANCIS CHAN is die outeur van ‘Crazy Love’. Hierdie artikel is ’n uittreksel uit sy boek. Vir meer inligting: www.crazylove.org