Kampvegter vir Godsdiensvryheid

Advokaat Nadene Badenhorst is die regskundige wat die organisasie FOR SA en Christene in Suid-Afrika in die hof verteenwoordig in die stryd om godsdiensvryheid en haar regskennis to eer van God en Sy Kerk gebruik. Dit is duidelik dat die Here haar hiervoor geroep het. Lees gerus meer oor hierdie dinamiese vrou en wat sy dink die grootste uitdaging vir Suid-Afrikaanse Christene in die volgende paar jaar gaan wees.


Hoekom laat God rampe toe?

Die afgelope paar maande is talle lande deur ’n ongekende reeks natuurrampe getref. Op sosiale media kom ’n mens uiteenlopende menings teë. Party skryf die storms aan die duiwel toe, ander voer aan dat aardverwarming die oorsaak is en God glad nie betrokke is nie. Natuurlik lei sulke rampe ook tot die eeue oue vraag: “God is tog almagtig, Hy kan die storms stop, hoekom laat Hy dit dan toe?”


Godsdiens vs. Lewe in Christus

Dooie vormgodsdiens skryf talle reëls voor om na te volg met die belofte dat as ons al die reëls nakom, God met ons tevrede sal wees. Jesus bied net mooi die teenoorgestelde as dooie vormgodsdiens aan. Ons word verlos van die tirannie van die wet as ons glo wat Jesus aan die Kruis vir ons vermag het. Jesus het gekom om vir ons lewe, en dít in oorvloed, te gee. Sy las is lig en Sy juk is sag!


Die Kerk moet opnuut hervorm

Ecclesia Reformata Seper Reformanda Est (Die hervormde kerk moet voordurend hervorm.) Hierdie belangrike Hervormingsbeginsels spoor ons aan tot gereelde en deurtastende selfondersoek en die herevaluering van ons persoonlike lewe, die gemeente, sending, gesin en die samelewing. Mag die voorbeeld van die Hervormers ons inspireer om na die Bybel terug te keer, om God innig lief te hê en Hom alleen te vrees, om vir Bybelse hervorming te werk en vir geestelike herlewing te bid.