Rusland se aankondiging dat hy sy gevorderde S-300-lugafweerstelsel aan die Siriese regering gaan “skenk”, laat die spanning in die Midde-Ooste nog hoër oplaai en maak dinge nog onheilspellender vir Israel, met vyande wat oral om sy grense laer trek.
Ironies genoeg volg die skenking nadat Sirië se lugafweereenhede per ongeluk ’n Russiese spioenasievliegtuig in die Siriese lugruim afgeskiet het terwyl hulle roekeloos na Israeli-vegvliegtuie gevuur het. Die Israeliese lugmag (IAF) het ’n Iranse besending instrumente om presisiemissiele te bou, vernietig. Iran wou dié na die terreurgroep Hezbollah in Libanon smokkel. Die (IAF) patrolleer die Siriese en aangrensende lugruim al die afgelope maande om te voorkom dat Iran die hele gebied om Israel met wapens en militêre eenhede oorstroom.
Category: November 2018 Issue
Sing n Nuwe Lied
Lize Hadassah Wiid se hartklop is dat haar musiek God se kinders in Sy troonkamer sal inneem. Dit is moeilik om te glo dat hierdie vrou wat so sensitief is vir die leiding van die Heilige Gees voorheen ’n wilde lewe ver van God gelei het. Sy vertel in die inleiding tot haar boek, Born for such a time: “My verhaal is baie soos dié van Maria Magdalena. Sy was in sonde vasgevang, maar Jesus het Sy opwagting gemaak, haar van die bose geeste bevry en haar sonde vergewe. Sy liefde het haar hart gewen; haar lewe was nooit weer dieselfde nie.” Net so getuig Lize se lewe dat God voorwaar alles nuut maak.
Is Noag Se Ark Al Gevind
Omdat Noag se ark van sulke groot belang vir die Christendom is, word daar oor die eeue heen, van die tyd van Eusebius, ’n Christen-historikus en vader van die kerkgeskiedenis (263-339 n.C.), tot vandag toe na Noag se ark gesoek. Waar vroeë kerkvaders en wetenskaplikes van die 18de eeu geglo het in ’n wêreldwye vloed en die ark, bevind ons ons in ’n era waar nie net wetenskaplikes dit as ’n mite afmaak nie, maar selfs Christene glo dit het nie werklik gebeur nie.
Sou dit nie eens en vir altyd ongelowiges se mond snoer as betroubare oorblyfsels van die ark gevind kan word nie? Dit verklaar dalk waarom mense al soveel eeue probeer om die ark op te spoor. Lê die oorblyfsels dalk in die Araratberge op die Durupinar-terrein, die geloofwaardigste van die vyf liggings wat al aangedui is as die rusplek van Nog se ark?
Die Einde Van Privaatheid
Opslae is gemaak toe die Chinese polisie in Nanchang onlangs ’n verdagte in ’n bedrogsaak by ’n konsert aangekeer het. Die polisie het presies geweet waar hy in ’n skare van 60 000 konsertgangers is nadat hy deur outomatiese gesigsherkenningstelsels opgemerk is. Altesame 176 miljoen kameras oor die hele land is met mekaar verbind – teen 2020 sal daar tot 600 miljoen wees.